Wag-'n-bietjiebos van die liefde
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Ena Murray. Wag-'n-bietjiebos van die liefde
Отрывок из книги
Ena Murray
Wag-’n-bietjiebos van die liefde
.....
Toe Lisbe haar kantoor bereik, sit sy eers ’n hele ruk stil agter die lessenaar. Opstandig skryf sy in die lêer voor haar dat sy vandag besoek aan meneer H.A. van der Merwe, Keerboomstraat, gebring het en dat dit op ’n volslae mislukking uitgeloop het. Die feit dat dieselfde op die boonste reël in Madelyn Reynecke se handskrif staan, troos haar nie.
Daar is natuurlik ’n maklike manier ... om die hulp van die predikant in te roep. ’n Mens kan dalk die moed hê om die deur in ’n jong meisie se gesig toe te druk, maar nie in ’n waardige predikant s’n nie. Maar sy besluit teen hierdie opsie. Dis mos darem nie die eerste keer dat sy met ’n ongemanierde mansmens te doen kry nie!
.....