Die kluisenaar van Abendruhe
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Ena Murray. Die kluisenaar van Abendruhe
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
Отрывок из книги
ENA MURRAY
Die kluisenaar van Abendruhe
.....
Eindelik is die twee meisies op pad en Magriet kan nie help om haar niggie stilweg te bewonder vir die knaphandige en selfs ietwat onverskillige manier waarop sy deur die stadsverkeer vleg nie. Dis duidelik dat Thero van haar kinderdae af gewoond is daaraan om groot, luukse motors te bestuur. Magriet dink aan die ou lendelam plaasbakkie waarmee sy leer bestuur het, en sug saggies. ’n Paar keer al het sy asem opgehou vir ’n botsing wat egter nie plaasgevind het nie, maar later voel sy verplig om te vermaan: “Regtig, Thero, jy moet versigtiger ry. Dit sal ’n sonde wees om hierdie pragtige motor sommer die eerste dag al te stamp. Jy lyk nie juis opgewonde oor hierdie groot geskenk van jou pa nie,” verwyt sy liggies.
Thero gee die bekende, ongeërgde swaai van haar blonde hare na agter.
.....