Die geliefde omroeper Esté Geldenhuys skryf vir vandag se vroue oor Bybelse vroue, vroue wie se name dikwels nie eens aan ons bekend is nie, maar uit wie se lewe ons weer en weer kan leer dat elke vrou 'n verskil kan maak, ook ek en jy! Helene de Kock op Litnet sê van haar: «Geldenhuys skryf met die moed van haar oortuiging, eerlik en sonder skroom om evangeliese waarhede oor te dra. Hierdie waarhede is op haar geloof geskoei en ook op haar kennis van die Bybel en haar beleë insig en integriteit.»
Оглавление
Esté Geldenhuys. Vroue van die Bybel 2
Ontmoet mevrou Noag
Lot se vrou
Lot se dogters
Hagar, die ma van Ismael
Sifra en Pua
Vroue en kinders
Die vroue by die ingang van die tent van samekoms
Kaleb se dogter Aksa
Jefta se dogter
Abigajil
Batseba
Die wyse vrou van Tekoa
Die vrou sonder naam
Die ryk vrou van Sunem
Naäman se slavin
Elisabet
Petrus se skoonma
Herodias, haar dansende dogter
Salome, die ywerige ma
Die arm weduwee
Die vrou van die verbond
Jaïrus se dogtertjie
Die weduwee van Nain
Vroue wat Jesus gevolg het
Jesus se boodskap vir vroue
Отрывок из книги
Vroue
van die
.....
Sowel Jeremia as Esegiël het die opdrag gehad om die boekrolle wat vir hulle aangebied is, te eet. Ons het in Jesus nie net ’n Verlosser nie, maar ook ’n ewige Bruidegom. Die lewe wat ons op hierdie aarde leef, bied ons die tyd en geleentheid om ons voor te berei op die koms van ons Bruidegom. Laat ons soos die profete die boekrolle wat soeter is as heuning en ons geestelike oë kan verlig, eet tesame met die lees van dié boek. Mag dit elke leser noop om die Bybel op te tel en te lees soos een wat skatte in die donker soek. Mag die skatte wat jy vind jou voorberei op die koms van ons Bruidegom en vul met ware aanbidding van ons God en Vader.