Читать книгу Ingrid Jonker: Versamelde gedigte - Ingrid Jonker - Страница 31

Fragment

Оглавление

Om nege-dertig het ek jou ontmoet

en volgens voorbepaling met die hand gegroet

Wit was die buislig-stilte op die gruis

Geslote in verdriet reeds elke huis.

Die yl gekantel van ’n rafelende wolk

het jou gedagtes soos ’n stem vertolk:

By ons ontmoeting het jy reeds geweet –

Diep in jou oë het jou hart gebreek.

Ingrid Jonker: Versamelde gedigte

Подняться наверх