Suid Afrika se bekendste en mees gesaghebbende gids vir tieners is opgedateer vir die nuwe generasie. Dit verskaf al die vrae wat tieners te skaam is om te vra.Tieners sal maklike verstaanbare en verantwoordelike advies kry oor:• seks• verhoudings• seksueel oordraagbare siekties• dwelms• pornografie• swangerskap• VIGS
Оглавление
Jan van Elfen. Wat Meisies moet weet
Inleiding
Alles is anders
Uit jou nate
Die geslagsorgane
Jy en seuns
Pret en gevaar
’n Padkaart vir jou nuwe lewe
Die liefde kom in baie gedaantes
’n Vaste verhouding – of nie?
Seksuele ontwaking
Hoe ver moet jy gaan?
Is jy regtig verlief?
Seksueel oordraagbare infeksies
Wou jy nog iets weet?
Отрывок из книги
Wat meisies moet weet
Dr. Jan van Elfen
.....
Maar in jou strewe na ’n slanke figuur moet jy jouself nooit probeer uithonger nie. Eet drie maal elke dag genoeg voedsame kos – vleis, eiers, graan- en suiwelprodukte, groente en vrugte – sorg net dat jy jouself nie te buite gaan nie. As jy wel ’n dieet wil volg, moet jy dit verstandig doen met die hulp van ’n geneesheer of ’n dieetkundige. Of wat van jou huishoudkundeonderwyser?
Alhoewel baie meisies daarna streef om slank te wees, is dit vir rietskraal en fyngeboude meisies ’n bron van kommer. Hulle dink dat hulle by hul vriendinne afsteek omdat hulle bolangs en om die heupe na hul mening te klein is. Hulle vrees dat hulle nie sal ophou om langer te word nie en in hemelbesems sal ontwikkel.