Swemlesse vir ’n meermin

Swemlesse vir ’n meermin
Автор книги: id книги: 1629542     Оценка: 0.0     Голосов: 0     Отзывы, комментарии: 0 1117,56 руб.     (12,8$) Читать книгу Купить и скачать книгу Купить бумажную книгу Электронная книга Жанр: Учебная литература Правообладатель и/или издательство: Ingram Дата добавления в каталог КнигаЛит: ISBN: 9780624071051 Скачать фрагмент в формате   fb2   fb2.zip Возрастное ограничение: 0+ Оглавление Отрывок из книги

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.

Описание книги

Daar’s belangrike dinge wat jy moet weet om jou tienerjare te oorleef. Soos, wat maak jy as jy groen is van jaloesie elke keer as jy na die gewildste, mooiste, coolste meisie in die klas kyk? Of hoe gemaak as jy verlief is op ’n ouer seun wat nie eens weet wat jou naam is nie en waarskynlik nooit sal weet nie, want hy is óók verlief op die gewildste, mooiste, coolste meisie in jou klas? En waarom kan niemand behalwe jy agterkom hierdie meisie is eintlik ’n total fake nie? Is daar iets verkeerd met jou? Dis sulke soort lewensbelangrike raad wat jy hier gaan kry. Asook raad oor familie, ouers, broers en susters. Oor skool en geld en geluk en klere en allerhande dinge waaraan ek nog langs die pad sal dink.
Toe Hanna Hoekom se sussie Ariel daardie dag op die verlate berg gebore is, het Hanna gewens sy moet nooit in haar lewe seerkry nie. En nadat sy die storie van hulle rampspoedige vakansie geskryf het, hét sy aanhou skryf, aan ’n lewensgids vir Ariel, want wie wens nie hulle het ’n ouer suster wat kan raad gee oor skool en vriende en ouers en allerhande dinge nie?

Оглавление

Marita van der Vyver. Swemlesse vir ’n meermin

1. Dis sink of swem, Sus

2. Oor stieffamilie en halwe familie en hele families

3. Jou naam is jou naam is jou naam

4. Geluk kan nie geld koop nie

5. Wat ek oor ouens kan sê

6. Oor voëls en bye

7. Hoe om nie ’n ou te beïndruk nie

8. Skool suig

9. Waarom jy ’n ware vriendin moet waardeer

10. Jou lyf is jou lyf is jou lyf

11. Seks en drugs en rock n roll

12. ’n Kwessie van klere

13. Hoe weet jy as jy verlief is?

14. Om te wees of nie te wees nie

15. Die monster met die groen oë

16. ’n Kamer van jou eie

17. Valentine’s Day is vir die voëls

18. Hoe om teleurstelling te hanteer

19. Oor ongelukke en onverwagse ellende

20. Om na jou hart te luister

21. Glo jy in ’n goeie fee?

22. Probleme met pa’s en ma’s

23. Jaglesse

24. Gebruik jou verbeelding, Sus

Erkennings

Отрывок из книги

Swemlesse vir ’n meermin

Marita van der Vyver

.....

Dis seker nie hulle skuld nie. Mana sê as ’n vrou ’n baba kry, word een of ander hormoon afgeskei wat haar al die seerkry van die geboorte laat vergeet, anders sou g’n vrou ooit weer nog ’n kind wou hê nie. My teorie is dat dieselfde soort vergeet-hormoon afgeskei word sodra mense hulle tienerjare agterlaat, anders sou almal vir die res van hulle lewe gesukkel het om die vernederings van hierdie jare te verwerk.

Dís hoekom ek hierdie – kom ons noem dit maar ’n “gids” – nóú vir jou wil skryf, voordat ek ook eendag ’n vergeetagtige grootmens word. Sodat dit asseblief tog net nie klink soos een van daardie outydse boekies wat deur dokters of dominees geskryf word nie. Jy weet, die soort wat jou nooit enige raad kan gee behalwe dat jy jou hande moet was voor jy aan ’n “privaat”-deel van jou lyf vat (die dokter) of dat jy moet bid as jy voor enige ander versoeking wil swig (die dominee).

.....

Добавление нового отзыва

Комментарий Поле, отмеченное звёздочкой  — обязательно к заполнению

Отзывы и комментарии читателей

Нет рецензий. Будьте первым, кто напишет рецензию на книгу Swemlesse vir ’n meermin
Подняться наверх