Kortetjies en 'n lange

Kortetjies en 'n lange
Автор книги: id книги: 1628489     Оценка: 0.0     Голосов: 0     Отзывы, комментарии: 0 1788,1 руб.     (19,5$) Читать книгу Купить и скачать книгу Купить бумажную книгу Электронная книга Жанр: Юмористические стихи Правообладатель и/или издательство: Ingram Дата добавления в каталог КнигаЛит: ISBN: 9780624051350 Скачать фрагмент в формате   fb2   fb2.zip Возрастное ограничение: 0+ Оглавление Отрывок из книги

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.

Описание книги

Onder die storievertellers is PG du Plessis ’n gerekende en bekende. Nie net op die TV of van die verhoog af nie, maar ook in koerantrubrieke en in die bundels wat reeds in boekvorm verskyn het. Baie van die stories is oorgewerk vir die TV en het in ‘n ander medium gestalte gekry (soos die onsterflike reeks Koöperasie-stories). Het olifante elmboë en Neklis, twee van sy vroegste kort-kortverhaalbundels, gaan nou onder ’n nuwe titel gesamentlik (en met nuwe verhale bygeskryf) ’n heruitgawe beleef. Die titel van die samestelling kom uit die ou slinger-luie van plaas-oproepe: Kortetjies en ‘n lange. Maar nét ‘n heruitgawe is dit nie, want PG het, in sy eie woorde, “aan party stories gepeuter” – onder meer aan dié wat hy tydens sy verhoog-optredes (eers saam met Alexa Strachan en later met Ollie Viljoen, Valiant Swart en Pietman Geldenhuys) vertel het. Van hulle, so sê hy, het hy nou effens in die rêrige verteltrant van ’n verhoog af oorgeskryf, aangedik en verander – want die beperking van die koerante en tydskrifte was van sy nek af. Hulle lees dus anders, ligter en soms uitgesponne vir ’n eerste-aanhoor-verstaan. Dus trek die bepeuterdes allermins op “well-made”, gekristalliseerde kort-kortverhale. Dalk kan mens hulle, in die ware sin van die woord (weer uit PG se mond uit) rêrige bek-vertellings noem. Maar daar is ook die lange by: ’n rasegte kortverhaal wat met sy een voet in die Anglo-Boere-oorlog staan en met die ander een so tussen 1948 en vandag. “Ons mond”, heet hy en aan hom is daar nie ’n jota of tittel verander nie, omdat die verhaal – volgens PG – te waar van sy lewe en te heel in homself is.

Оглавление

PG du Plessis. Kortetjies en 'n lange

Het olifante elmboë?

Potyster sweis nie

Anderkant Grand-Pa

Ten hemele, ter helle, en hierso

’n Kraak in die raaptyd

En toe sê Beëlsebub …

Piet-my-vrou, piet-my-vrou

’n Kop vir kweek

’Seblief, dieselfde ene …

Ouma weet al

Met die brug stroomop

Die glimlag van Johanna

Saar met die bruin oë

Vaarwel, geliefde vyand

Beëllie se versoek

Blomkinders

Die wiel

Gebeente van haar skoot

Die dood se kleim

Soos eers

Yl gelid van die reisendes

Miskien in Paraguay

Silvia op Sondagmiddag

Sirs

Sleepsels

Oor sy knyp en sy knietjies

Een been

Dag-man van die duiwel

Die “remittance man”

Hoor jy?

Re-in-kar-nasie

Eerste wet van Mattewis

Tweede wet van Mattewis

Die derde wet van Mattewis

Mattewis se vierde wet

Vyfde wet van Mattewis

Pertoorse wewe nie so nie

Om gekies te word

Climax

Vir die uitvaart

Jollie-pille

’n Vuur vir Elmarie

Wik en beskik

Aftelrympie

Fanie en Ferdi

Skilpad

Projeksie

’n Oordeel oor jouself

Aalmoesenier

Dis hoekom

Afskeid vir Blossom

Om iemand se boeliebief te wees

Liefdegawes

Vergewe Bing Crosby

Jou voete, geliefde

Nyd

Ek ok

Bloed aan Vossie

Vals

Judas-lig

Om te speel jy speel

Plot

Die swart wen

Gewheld

Lag sy, of hoon sy?

Beroking

Ons mond

Отрывок из книги

Kortetjies en ’n lange

PG du Plessies

.....

“Jy’t dan ’n suit aan,” sê sy en sy gee haar oor aan die gebeure.

Ek moet die sirkuswondere aanskou deur links en regs van haar oliehare verby te kyk Dit sal eendag mooi hare wees as sy skoongewas by die Hamburger Hut opdaag.

.....

Добавление нового отзыва

Комментарий Поле, отмеченное звёздочкой  — обязательно к заполнению

Отзывы и комментарии читателей

Нет рецензий. Будьте первым, кто напишет рецензию на книгу Kortetjies en 'n lange
Подняться наверх