Читать книгу Die nag van legio - PG du Plessis - Страница 6
AANWYSINGS
Оглавление’n Saal in ’n inrigting vir sielsiekes. Hoë vensters regs en agter; ook weerskante van ’n deur links. Dié deur het nie ’n knop nie. Langs die deur ’n klokkie. Die hoë vensters laat ’n tronk-indruk; het tog donker, hooghangende gordyne voor. Die saal lyk klinies: wit vlakke, moontlik met staatsdiensgroen onder.
Verhoog verkieslik nie te diep nie.
Vyf tipiese, steltpotige hospitaalbeddens staan met hulle koppenente teen die muur verste van die gehoor af. Elke bed het sy kassie en nagliggie. Op die kassie voor die middelste bed staan ’n pop. Ook regs voor is daar ’n nagliggie teen die muur. Aanduidings dat daar dié nag getrek word, kan na smaak en gerief bygevoeg word – opgestapelde stoele, kaste wat rondstaan. Die spelers beset aanvanklik die volgende beddens: van regs na links: Jakkie, Oubaas, Dirk, Claassens, Charley.
Almal, behalwe die dokter en verpleër, is in nagklere geklee. Kamerjasse het geen toue nie.