Die grondbaron
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Schalkie van Wyk. Die grondbaron
Отрывок из книги
Schalkie van Wyk
Die grondbaron
.....
“Hy het iets van ’n jonger suster gesê, maar ons het nie veel oor sy familie gesels nie,” erken Erika halfhartig. “Hy en Henno was vuur en vlam oor Drie Eike, want Riaan was gretig om van die ou huis ontslae te raak, terwyl Henno nie kon wag om eindelik terug te keer na Bergvallei nie. Hoe oud is Karen?”
“Sestien. Haar moeder is met haar geboorte dood, maar sy en my broer Wim het al die jare hier op Drie Eike gewoon. Wim was ’n prokureur hier op ons dorp, nes Riaan, maar hy het hom nie veel aan sy plase gesteur nie. Ons was almal gedaan geskrik toe Wim drie jaar gelede van ’n vakansie op Margate terugkeer en vertel hy is weer getroud – nogal met ’n aansienlike vroutjie. Wim het sy huis en praktyk net so vir die jonge Riaan gelos, en ek is gevra om te sorg dat Karen haar studie voltooi en ná matriek Stellenbosch toe gaan. Dis darem vreemd hoe ’n nuwe vrou ’n man skoon van sy kinders en verantwoordelikhede kan laat vergeet.”
.....