Schalkie van Wyk Keur 15
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Schalkie van Wyk. Schalkie van Wyk Keur 15
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
Отрывок из книги
Schalkie van Wyk
Keur 15
.....
Kayla sit vinnig orent en pomp Sunette liggies in die sy. “Sit stil en bly stil as jy ongedeerd wil bly, Sunette. As ta Trynie haar regterpols los, gee sy jou ’n dwarsklap wat jou kakebeen sal breek.” Sy kyk pleitend na Trynie. “Sunette kan dit nie verhelp nie, ta Trynie. Haar ma was al die jare so besig met trou en skei en saam met mans rondjakker dat sy nie nog tyd gehad het om Sunette ordentlik groot te maak nie. Die enkele keer toe ek vir ’n langnaweek saam met Sunette huis toe is, het haar pa vir my gesê hy wens hy het ’n swartkopdogter gehad, want Sunette is ’n sedelose blondine soos haar ma.”
“Dis waar, ta Trynie,” beaam Sunette met ’n tragiese stemmetjie. “Voordat ek geweet het wat sedes is, het my pa my vertel ek het hulle almal verloor en my in koshuise geprop waar die onderwysers my moes grootmaak, en vakansietye het hy my by sy vriende afgelaai en hulle geldelik vergoed vir my verblyf.”
.....