Shéri

Shéri
Автор книги: id книги: 1629881     Оценка: 0.0     Голосов: 0     Отзывы, комментарии: 0 1122,71 руб.     (12,85$) Читать книгу Купить и скачать книгу Электронная книга Жанр: Религия: прочее Правообладатель и/или издательство: Ingram Дата добавления в каталог КнигаЛит: ISBN: 9780796320315 Скачать фрагмент в формате   fb2   fb2.zip Возрастное ограничение: 0+ Оглавление Отрывок из книги

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.

Описание книги

Shéri Brynard is gebore met Downsindroom. Dokters het haar ma maar min moed gegee, maar vandag, 35 jaar later, is Shéri 'n lewendige jong vrou met 'n menigte avonture op haar kerfstok. Sy het vir Oprah ontmoet, hand geskud met die president en by internasionale konferensies opgetree. Shéri was ook te sien in Binnelanders. Hier vertel sy openhartig van die harsteer en die vreugdes van haar merkwaardige lewe. Haar ma, Susette, deel ook háár kant van die storie as ouer. Hierdie boek vertel die verhaal van 'n buitengewone vrou wat danksy harde werk, wilskrag, deursettingsvermoë – en 'n diepe afhanklikheid van God – haar lewe voluit leef.

Оглавление

Shéri Brynard. Shéri

Voorwoord

Deel 1

Aanhouer wen

Dit is die Here se storie en ek is daarin

Die mense wat my help word het wie ek is

Die reisgogga het my op drie maande al gebyt

My pa se dood

’n Lang, hartseer storie

’n Mens mag drome droom

Downsindroom en drama … en Alzheimer

Saam met my rolmodelle op TV

’n Nuwe glimlag

Ontspan Mamma, ek is oukei

Met ’n rooi oog by die president

New York, New York!

Na aan Jesus in die Heilige Stad

Tissues, trane en die Taj Mahal

Die verhoog wink

Hoe ek myself versorg

Verlies, vrees en aanvaarding

Van Aberystwyth tot in Heidedal

’n Volwassene met Downsindroom

Deel 2

In my dogter se skaduwee

Die begin van ’n nuwe bedeling

O, Here, help!

Die tuiskoms

Dit is Trisomie 21

Gryp na strooihalms is deel van die pad

Voor nege maande sê sy “Pa-pa”

Mense staar of kyk weg

Losgelaat in die onbekende

’n Landskap vol onverwagte dongas

Die jaar van die dood

Om Shéri haar eie mens te laat word

Liefde en Downsindroom

Vrae en (soms) antwoorde

Die beste ding wat nog ooit met my gebeur het

Fotoseksie

Отрывок из книги

Nes ek is

Shéri Brynard en Susette Brynard

.....

Een van die seuns het dit durf waag om voor my te sê Shéri is “retarded”. Ek was buite myself van woede. Ek het nie regtig die betekenis van die woord geken nie – ek het die woord waarskynlik net in flieks gehoor, waar dit gewoonlik gebruik sou word om ’n persoon sleg te sê. Ek het dus onmiddellik aanvaar hy bedoel dit lelik. Ek het so erg met daardie seun baklei dat die grootmense kom kyk het wat aangaan.

My ma was altyd so rustig en kalm in sulke situasies. Sy het vir my gevra wat fout is daarmee dat hy gesê het sy is “retarded”; dis mos die waarheid. Die wind was heeltemal uit my seile. Ek het probeer verduidelik dat dit nie was hoe hy dit bedoel het nie, maar ek dink nie ek het my argument mooi verwoord nie. As ek nou daaraan dink, raak ek sommer van voor af kwaad vir daardie seun wat dit gewaag het om lelik te wees met my sussie.

.....

Добавление нового отзыва

Комментарий Поле, отмеченное звёздочкой  — обязательно к заполнению

Отзывы и комментарии читателей

Нет рецензий. Будьте первым, кто напишет рецензию на книгу Shéri
Подняться наверх