Otto woon in ’n regte spookhuis en het ’n pratende vlermuis as troeteldier. Vir hom is dit glad nie vreemd dat daar ’n spook in sy tannie Sharon se stofsuier woon en ’n ander een gereeld toebroodjies uit die yskas steel nie. Nietemin is hy geskok om ’n Grieselgryper in sy buurman se tuin raak te sien. Maar Harry is glad nie so grieselrig soos hy lyk nie en is eintlik ’n baie gawe kêrel. Wanneer Otto se huisspoke skielik geheimsinnig verdwyn, ontdek Otto en sy vriendin Emily gou dat dit baie handig is om ’n Grieselgryper aan jou kant te hê.
Оглавление
Sonja Kaiblinger. Harry Griesel 1: Operasie spookredding
Agurkieverrassing in die donker
Noodvergadering
Die dertiende uur slaan!
Navorsing
Vals beskuldig
Welkom in Donkerland
Op heterdaad betrap
’n Nare verrassing
Spookjagtog in die skool
’n Grieselgryper in Donkerland
Operasie Spookredding
Die doods-app
Waar is Emily?
Ontvoer!
Iemand met lang vingers
Bleu se beheersentrum
Die groot ontploffing
Stian sien spoke
Отрывок из книги
SONJA KAIBLINGER
Operasie
.....
Otto kan nie help om te giggel nie. Dis net te snaaks vir woorde hoe die mal ou deur meneer Olsen se tuin rondspring. En toe beland sy groot voete ’n paar keer in die radysbedding. As meneer Olsen nog geleef het, sou die verwoeste radyse vir hom een te veel gewees het.
“Die ding is in sy net!” juig Vincent en hy klink nes Otto se klasmaat Stian as sy sokkerklub ’n doel skop. “Hy het dit reggekry! Die mal ding het die vuurbal gevang!”