Liefde onder die sterre
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Susan Pienaar. Liefde onder die sterre
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
I2
13
14
15
16
Отрывок из книги
Liefde onder die sterre
Susan Pienaar
.....
Later staan sy kaalvoet op haar nat grasperk en kom tot verhaal. Vroegaand het daar ’n hewige reënbui uitgesak wat die drukkende hitte ietwat verlig het. In die straat agter haar huis klink die gesuis van bande op nat teer op. Sy maak lysies in haar kop en hoop sy het alles vir haar kuiertjie ingepak. Soos altyd lok die swembad haar. Ja-nee, dis donker, sy spring sommer in …
Sy trek haar klere uit, duik in die water en swem vier keer op en af voordat sy gewigloos op haar rug dryf. Daar’s hy, nou ontspan sy darem … binne die huis skril haar landlyntelefoon. Sy swem onwillig kant toe. Sy het nou nie ’n handdoek nie, maar dit kan Tillie wees, sy moet gaan antwoord. Water stroom van haar hare oor haar nat lyf en sy moet mooi loop om nie op die gladde teëls te gly nie.
.....