Die wit ringmuur

Die wit ringmuur
Автор книги: id книги: 1629251     Оценка: 0.0     Голосов: 0     Отзывы, комментарии: 0 558,78 руб.     (6,4$) Читать книгу Купить и скачать книгу Купить бумажную книгу Электронная книга Жанр: Короткие любовные романы Правообладатель и/или издательство: Ingram Дата добавления в каталог КнигаЛит: ISBN: 9780798159289 Скачать фрагмент в формате   fb2   fb2.zip Возрастное ограничение: 0+ Оглавление Отрывок из книги

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.

Описание книги

Vir Cathy is die wit ringmuur om die geskiedkundige opstal ’n simbool van haar beskermde lewe. Sy wil wegbreek, haar eie paadjie loop en die lewe daarbuite ervaar. Wanneer sy haar verlowing met Andries Louw verbreek, besef sy dat die einde van ’n hoofstuk aangebreek het. Anderkant die ringmuur wag die wye wêreld, wink die toekoms. Nooit het sy kon droom dat sy sou wil terugkeer na die beskerming van die ringmuur nie.

Оглавление

Tryna du Toit. Die wit ringmuur

Отрывок из книги

DIE WIT RINGMUUR

Tryna du Toit

.....

Wat sal die Louws sê? Wynand Louw, Andries se stiefpa, is ’n vooraanstaande boer wat sy vrou ’n aantal jare gelede in ’n motorongeluk verloor het. Hulle was almal baie lief vir Wynand en bly toe hy met Magda de Wet, ’n weduwee, getrou het. Sy was ’n knap, hardwerkende vrou wat hom in alles ondersteun het en sy was lief en goed vir haar drie stiefkinders. Van sy kant af het Wynand ook vir Andries as sy eie seun aanvaar.

Hulle was goeie vriende sowel as bure. Hulle het oor en weer gekuier en dikwels saam op Hermanus vakansie gehou. Andries was byna vyf jaar ouer as Cathy en hy het aanvanklik nie veel notisie van haar geneem nie, maar hy was van die begin af haar held. Met vakansies het Cathy en sy twee stiefsussies hom soos ’n skaduwee agtervolg, dikwels tot groot ergernis van Andries en sy maats, wie se planne nie altyd drie lastige langbeendogters ingesluit het nie. Later het hy en Cathy egter goeie maats geraak en Cathy se ouers het die groeiende vriendskap tussen die twee goedkeurend gadegeslaan. Andries was Cathy se eerste en enigste kêrel. Vir Cathy was daar nooit iemand anders as Andries nie en die twee het perfek by mekaar gepas.

.....

Добавление нового отзыва

Комментарий Поле, отмеченное звёздочкой  — обязательно к заполнению

Отзывы и комментарии читателей

Нет рецензий. Будьте первым, кто напишет рецензию на книгу Die wit ringmuur
Подняться наверх