Читать книгу Krismis van Map Jacobs - Adam Small - Страница 12
Vyf
ОглавлениеDie straat, sonder die orkes. Daar is Cyril en Richie-hulle wat kerrim speel; twee, drie voetbalspelers; en so meer.
CYRIL: Hê, ek siet vir Antie Grootmeisie vi’effe …
RICHIE: Ek ’t ge-notice …
Hulle speel.
RICHIE: Sy’t seker weer vi’ hom ge-visit …
Stilte.
RICHIE: Ek hoor hy kô nou yt, enige dag …
CYRIL: Ja …
RICHIE: Shit!
CYRIL: God, hy’s lucky vir parole nou al!
Hulle speel.
RICHIE: Maar daa’ was mos extenuating circumstances, daai tyd, jy wiet …
CYRIL: Ga!
RICHIE: Anyway, ’is seker oek nie ons biesagheit nie …
CYRIL: Shit, hoe praat jy dan nou nes ou Tommy! (Lag. Hulle speel hulle kerrim. Die kerrimskyfies is “kinders”.) Hê, my kinners is darem weer stout vi’dag!
RICHIE: Stoot, jong, stoot!
Hulle speel.
CYRIL: Hê, die ou-lady het toe nooit weer eintlik gepraat nie, nè?
RICHIE: Ja! Sy loep ma’ altyd so silent-silent …
Hulle speel.
CYRIL: Hulle sê sy’s stom, ek mien, lat sy haar praat ge-verloor het daai selfde aand nog toe dit gebeur het … Sy sê glo net ’n woord hier en daar, ma’ dis al …
RICHIE: ’Is hearty …
CYRIL: Ja.
Hulle speel.
RICHIE: Hê, my kinnertjies, kom dan nou, kom dan nou!
Hulle speel.
RICHIE: ’It was die shock van die ding, daai aand, sê hulle …
CYRIL: Concentrate op die game, man!
RICHIE: ’It kán so gebeur, sê hulle …
CYRIL: Ek sil nie wiet nie, man, ek is nie ’n fokken psychiatris’ nie! Speel!
Hulle speel.
RICHIE: ’It was glo daai anner vark, Gappie Martin, se skuld eintlik … daai aand … Hulle’t altyd gesê ’is hý wat die hele ding begin het, daai aand …
CYRIL: Ma’ Map was die leader, man … Hy was mos altyd die
leader … Ennie leader moet die responsibility vat … Hulle
ammal was vuil varke …
RICHIE: Hel, wiet jy hoe bly was ek ek was nie daai aand saam nie!
Hulle speel.
CYRIL: Jy beter watch jou kinnertjies daarso!
Maud Cavernelis verskyn by haar venster, bo.
CYRIL (bewus van haar; aan Richie): Ky’ da’ da’ … Al weer afgelyster, of course. Spy op ’n mens! Loer deur die gidyne! Ba! Betere mense kamma as ons!
RICHIE: Los die vrou af, man!
CYRIL: Wat voor lyster sy ons af?
MAUD: Nee, nie afgelyster nie, julle! Nie ge-spy nie. Net maar gehóór. Julle monde … is so groot en julle skree so hard, en sulke …
CYRIL: Sê maar stront, missies Cavernelis, sê maar stront … Moenie mooie woorde soek nie! Ons verstaan!
MAUD: Onbeskof!
CYRIL: Praat maar Ingils oek, missies Cavernelis. Missies Cavernelis prefer mos Ingils! ’Is mos ’n superior language like!
RICHIE: Los die vrou af, man …
CYRIL: Okay, ons sil vi’ ons behave, antie … O, sorry, missies Cavernelis is mos nie my antie nie! Maar ons sil vi’ ons behave!
MAUD: Julle beter! ’Cause julle groot monde briek die hele Sondag af, het julle nie eers respect vir die Sondag nie?
CYRIL: Monde? Sê maar bekke, missies Cavernelis! En Sondag? Missies Cavernelis praat van die Sondag? En wat van missies Cavernelis se step-daughtertjie Blanchie miskien? Het sy oek respect vir die Sondag? En haar daddy? Het hy oek respect vir die Sondag? Nei, because haar daddy stuur vir haar yt op die lonely hearts biesagheit, even op die Sondag!
RICHIE: Hê, hie’ kom Tommy …
CYRIL: Tommy se gat, man, hy cover oek up, net soes al die anner …
MAUD: Sukke scum! Sukke scum!
TOMMY: Wat’s ’it nou weer van Blanchie?
MAUD: ’Is dié ontydige …
CYRIL: … bekke, missies Cavernelis! En noudat missies Cavernelis onse bekke al drie keer sleg gesê het, shuddup! ’Cause three, says de Bible, is enough!
RICHIE: Hél, ou Cyril, watte’ translation is daai?
MAUD: Three says the Bible? You? What will you ever know about the Bible?
CYRIL: Missies Cavernelis is reg oek, what will we ever like know abou’ de Bible, kôs ons is dan Moslem-outjies!
Hulle skaterlag.
RICHIE: Los die vrou, man! Jy wiet ons is ordinary Christian robbiese, net soes sy!
Hulle lag.
TOMMY: Wat issit moet julle, man?
CYRIL: Jy al weer ge-worried oor Blanchie, hè?
RICHIE (speel): My kinners wil oek nie lyster nie! Tóé, in! In! Bastards!
TOMMY: Blanchie is haar eie mens, man, en Blanchie se biesagheit is Blanchie se biesagheit … En al die stories wat julle hoor, dié is ’n louter lieg! En Map selwers, sê ek vir julle, is ’n ge-change-de man.
CYRIL: Hê, vryf jou ringetjies, ou Tommy … Moenie vi’ ons kom lecture nie!
MAUD: Tommy is reg, julle …
CYRIL: … township-robbiese! Sê ’it maar, missies Cavernelis, missies Cavernelis en mister Cavernelis is mos ’n cut above onse township-robbiese! Would-be Glenhaven-mense … Ha, ha, ha … Mos nie working class soes ons nie!
MAUD: What a bloody joke! Working class! Wanner het julle robbiese al ordentlik gewerk in julle lewe in, tell me! Working class! (Proes.)
CYRIL: Wil missies Cavernelis dan hê ons moet oek vi’ die lonely hearts ingaan, of maybe vi’ die soft goods?! (Lag.)
Maud verdwyn.
TOMMY: En wat het Blanchie nou moet dit alles te doen?
RICHIE: Hel, ou Tommy, so jy’s sweet op haar, nè … Map Jacobs gaan ’it nie like nie!
CYRIL (aan Tommy): Maak jou oë oep, man! Sy allow haar om ge-use te word deur daai ou dêrre van haar, ou haitie-taitie bliksem van ’n Cavernelis … Om geld te maak, geld, geld, geld … Beauty competitions, like, vi’ Blanchie … en dan kry sy mos so-called contracts … Modelling, like! Maar dink jy ons is stupid, ons wiet nie van al die sidelines wat daarmee same-gaan nie? … Massage parlour, lonely hearts, you name it! Daar’s mos geld in daai, man, daar by die whiteys se kant … ammal daai wit varke wat like annerkant die colour line sit, en neerkyk op ons, maar onse township-girlies is mos net so lekke’ soes enige anner, man, an’ so Constantia meets the township, please to meet you, liberal-like, etcetera, etcetera … Sukke kak!
TOMMY: Jy praat nou sommer net, man!
CYRIL: Really? Daai Ingilse liberal moffies, jy dink ons vat hulle serious? …
RICHIE (aan Cyril): Hê, jou bloues is vi’ jou kwaad, hulle vra vi’ jou attention!
CYRIL: Die hele spul, blêdie whiteys wat kamma hierso innie township kom visit, asof hulle belong, moet hulle nice and kind wit gevriete! Smiling fokken hypocrites! Map Jacobs gaat hulle opfok as hy weer yt is, watch ’it net … En hy sil reg wies! Daai wit varke wat by Blanchie in en yt is … Bastards!
RICHIE: Hê, wie’s nou sweet op haar? …
CYRIL: Fok-off, man!
TOMMY: Shut up, shut up! Ek sê vir julle Map is ’n ge-change-de man!
CYRIL: Fok-off jy oek! Het jy nou skielik nerves oor Map? Ek hoor hy’s gou bytekant, nog net ’n paar dae …
RICHIE: Die storie lê hier rond …
TOMMY: So wat daarvan?
CYRIL: Ja, so what!? (Hy lag.) … Wanner?
TOMMY: Die sewende …
CYRIL: Aha!
Hulle speel.
RICHIE (aan Tommy): Wat sê Antie Grootmeisie, ek mien, jy’s mos in daar by hulle …
Hulle speel. Tommy is besig met sy ware.
CYRIL: Silence is golden, hê?
TOMMY: Jy wiet sy kannie praat nie.
RICHIE: Okay, moenie so touchy wies nie!
Hulle speel. Dan verskyn Cavernelis met sy fiets, weer op pad huis toe ná een van sy uittogte met die soft goods. Hy huiwer wanneer hy verby kom.
CYRIL: Hie’ kom die ou vrek. (Stilte.) Weer overtime, ja! Skaars by die hys van sy job af, dan’s hy al weer weg op sy bike, met die soft goods, tot Sondae oek … Géld! Hoegdrawende ou stront!
TOMMY: Laat staan die man, dis nie ons biesagheit nie!
Cavernelis wil net van sy fiets af, dan praat Cyril.
CYRIL (skoorsoekerig): Is mister Cavernelis darem t’rug? Weer by die hys?
CAVERNELIS: Ja. (Half van die fiets af.)
CYRIL: Hoe’s die biesagheit, mister Cavernelis? Okay?
CAVERNELIS: Ja. Maar gee tog pad, asseblief …
CYRIL: Ek sien mister Cavernelis, en Blanchie oek, en missies Cavernelis, julle ammal slyt julle deur so elke keer agter julle toe, soes julle kom en gaan. Trust julle dan nie die mense hier in onse area nie? Mister Cavernelis maak even mister Cavernelis se bike aan die tralies vas! Moet kettangs!
TOMMY: ’Is nie onse biesagheit nie, man, wat mister Cavernelis-hulle doen nie!
CAVERNELIS: Ja … Dit het met niemand niks te make nie. Ons meng met niemand in nie. Ons gaan net ons eie gang, so asseblief, laat staan vir ons …
CYRIL (spottend): “Meng met niemand in nie”; “gaan net ons gang!” … Mister Cavernelis praat darem mooie taal, nè. “Meng met niemand in nie.” Hoge Afrikaans, en missies Cavernelis gooi net weer Ingils! Smárt. Ons ken mos nie sukke tale hierso in onse area, innie township nie! (Hy is nou bý mister Cavernelis, en klop die ouer man op die skouer.) Ma’ lyster, ou dêrre, ons kén die meaning van daai woorde. “Meng met niemand in nie.” Jy mien jy interfere like moet ge-niemand nie. Dis net lat jy sukke hoë woorde gebruik daarvoor! Maar jy moenie dink ons is stupid hierso nie. Ons het oek ammal geleer innie skool, okay … “Meng met niemand in nie.” Hoë woorde. Hoë mense …
CAVERNELIS (hulpeloos): ’Is nie dit nie, man. Kan ek help hoe ek praat?! Kan ek help dat ek van die Boland … van up-country af … kom?
CYRIL: Up-country … ja … En nou’s mister Cavernelis al weer t’rug … (Geniepsig. Slaan op die tas wat agter op die fiets vasgemaak is.) Soft goods innie suit-casie? Ekstra verdienste? Soft goods … Petticoats en panties … (Hy en Richie lag.)
RICHIE (probeer paai): Ou Cyril, man, kom, speel …
TOMMY: Moenie na hom lyster nie, uncle Cavernelis. Hy praat somaar net.
CYRIL: Rus jy dan nooit, ou dad?
CAVERNELIS (probeer vreedsaam verduidelik): Ek werk hard.
CYRIL: Overtime, en Sondae oek. (Dan baie geniepsig.) Mister Cavernelis en Blanchie … Ja-nee, ’is true – julle is baie hardwerkende mense! Julle kyk mos neer op onse mense hier, julle wil mos hierso van ons af weg! Okay, ’is te verstane!
TOMMY: Hê, stop ’it nou regtig, man! Stop ’it nou!
CAVERNELIS (hulpeloos, maar dreigend): Julle laat staan vir Blanchie!
CYRIL: En hoekom nogal? ’Is mos die waarheid. Blanchie werk oek mos overtime, even Sondae oek! Net soes jy, ou dad … jy moet jou soft goods en Blanchie, well … Maar nou ja, geld is geld – it knows no colour, creed or race, soes daai whitey-vrinne van julle oek sê!
Mister Cavernelis staan net daar met die fiets, sy lippe beweeg, maar hy sê niks.
RICHIE: Dis colour-blind, ja.
CAVERNELIS (met lippe wat bewe): Wat het julle teen Blanchie, hê? Wat het julle teen haar?
TOMMY, wat moeilikheid sien kom, kom nader en staan tussen Cyril en Cavernelis.
TOMMY: Ek sê, stop ’it nou, man!
CYRIL (oor Tommy se kop): Nee, nie tien Blanchie nie, ou dad, nie tien háár nie, dis tien jóú …
TOMMY: Hê, kamaan, man …
CAVERNELIS: Wat meen jy? Hê? Wat bedoel jy, teen my? (Hy sit die fiets stadig neer, plat op die grond, dreigend.)
CYRIL: Mind jou suitcase, ou dad. Netnou kry die soft goods seer.
CAVERNELIS: Jy’s ’n va … ’n bliksem, jy!
CYRIL: Sê ma’ vark, ou dad. Dan praat jy mos onse taal, hierso vannie township, mister Cavernelis. Dán kan ons same praat …
CAVERNELIS: Laat stáán julle vir Blanchie! Wat meen jy, teen my?
TOMMY: Manne … Please, please …
Stilte.
CYRIL: Why? Because jy use vir Blanchie, jy, ou dad. Sy bring mos cash in, cash. Daai’s mos al waarin jy interested is, die … (Gebaar met sy vingers wat “cash” beteken.) Jou eie vleis en bloed, en jy use vir haar so …
CAVERNELIS (lê half teen Tommy, huil half): Ons doen vir julle niks nie, so laat staan vir ons … (Hy skreeu nou amper.) Los vir ons! Laat staan vir ons! Ek werk vir my gesin …
CYRIL: En Blanchie werk oek … ek meen, jy lat haar werk, nè, uncle … En wiet jy hoekô? Dink jy ons wiet nie? Ga! ’Is mos true, nè. Ons het die storie gehoor, en, after all, onse oë is nie in onse agterste nie! Haitie-taities!
CAVERNELIS (nou opgewonde): ’Is nie julle saak nie! ’Is nie julle besigheid nie!
CYRIL: Moenie so panic nie, ou dad. Ons verstaan. Dink jy ons verstaan nie? Jy en die missies (wys boontoe), julle wil vir julle ytkoep hierso yt die township yt. Julle spaar vir ’n plotjie grond en ’n hys, somewhere else. In ’n decent coloured area. (Beklemtoon “decent”.) Julle wil hierso yt onse township yt escape. (Wys na die geboue.) Right? Djulle fit mos nie in nie, dis nie julle soorte lewe nie! Nie onse types nie! (Wys na Richie, na Tommy, na homself.) … Fair enough! (Lag.)
TOMMY: Los nou vir Uncle Cavernelis af, man!
Dan verskyn missies Cavernelis bo.
MAUD: Cavernelis, please, laat staan die rubbish and go your own way. Wat staan jy nog daar? Kry jou koers en kom in!
CYRIL: Daar’s ’ie orders! Good luck, ou dad! Hoe sil jy sê, ou Tommy? To health, wealth, and happiness … and living like real persons! Hê! Living like real persons! Best of luck, mister Cavernelis, best of luck …
Stilte, dan –
CYRIL (venynig): En mister Cavernelis, mister Cavernelis wiet natuurlik lat Map Jacobs ytkom nou, die sewende vannie maand, op parole, ja … Map Jacobs … (Begin lag.)
Net nou lat Blanchie sukke luck beginne strike!
Cavernelis verstyf, staar. Cyril lag. Richie dan ook.
CAVERNELIS (ongelowig): Map … Jacobs?
CYRIL: Het mister Cavernelis dan nie gewiet nie? Ek mien van Map Jacobs, lat hy ytkom nie? (Hy lag en lag.)
MAUD (roep): Cavernelis!
CAVERNELIS: Map … Jacobs? (Hy staar.)
CYRIL (lag): Onthou mister Cavernelis nog, vi’ Map Jacobs? Onthou mister Cavernelis nog? (Lag.)
Die lig verander. Cyril-hulle verdwyn. Cavernelis alleen.
Dan kom Blanchie in. Asof in die Cavernelisse se “flat”.
’n Terugflits.
CAVERNELIS: Blanchie …
BLANCHIE (huiwerend): Daddy?
CAVERNELIS: Map … Jacobs …
BLANCHIE: Daddy? … Daddy mien … Johnnie …
CAVERNELIS (nog starend): Map Jacobs …
BLANCHIE: Hoe … mien Daddy … Johnnie …
CAVERNELIS (hard): Map!
BLANCHIE (ook hard): Nee! Nie Map nie! … Johnnie …
CAVERNELIS: Maar Blanchie … kind … het jy gehoor, het jy dan nie gehoor, wat gebeur het … Blanchie? …
BLANCHIE: Maar … Daddy … (Dan huil sy.) … ’Is nie soes Johnnie nie … ’is nie …
CAVERNELIS: Bly stil!
BLANCHIE (ken haar pa nie só teenoor haar nie): Daddy!
Stilte.
CAVERNELIS: Ek is … jammer … Blanchie … Maar … Dis hy …
BLANCHIE: Daddy! … Ag, Here, Daddy …
CAVERNELIS (stukkend): Hy’s ’n … ’n misdadiger …
BLANCHIE: Nee! Dis … dis ’n lieg! …
CAVERNELIS: Ja! (Van sy wysie af.) Ja! Ja!! Ja!! Jaa!!
BLANCHIE: O Here God, wat het gebeur!? Daddy …
CAVERNELIS: Jy moet nou weg van hom af … weg, weg, wég van hom af …
BLANCHIE: Daddy … Daddy! … Johnnie … Johnnie, hoekom? … Johnnie …
Sy huil. Cavernelis nog net so, starend. Die lig verander.
Cavernelis verdwyn, en Blanchie is by Map, in die tronk.
BLANCHIE (bitter): Hoekom kom ek jou nog sien!? … Hoekom … kom ek jou nog sien!!
MAP: Blanchie …
BLANCHIE: Hoekom …
MAP: Blanchie … ek …
BLANCHIE: Johnnie …
MAP: … ek het gesê ek is … sorry, man … ek …
BLANCHIE: Johnnie …
MAP: … Ek wil oek iets gewies het … jy’t tog ge-verstaan …
BLANCHIE (sluk): Okay …
MAP: Ek was goed op skool … Jy’t … ons het … mekaar geken … op skool …
BLANCHIE: Johnnie …
MAP: Innie Elsies, jy onthou …
BLANCHIE (haar gemoed skiet vol): Ja …
MAP: Blanchie … Die varke, toe het hulle’t vir my gesê, daar’s ’n job, dis die enigste werk wat hulle vir my wil gee, vir messenger … Jy’t gewiet … Ons het problems gehad met geld … ek kon nie verder gaan nie, net matriek … Toe’s al die jobs vir wittes … Net messenger vir my! Messenger! Wit bastards!!
BLANCHIE: Johnnie …
MAP: Maar … ek verskoon myselwers nie nou meer nie … Ek het … shit aangevang … Blanchie … Om like ’n leader te wies!
Stilte.
MAP: Blanchie …
BLANCHIE: … Johnnie …
MAP: Ek het jou … nog al die tyd … lief …
Skielik breek sy, en lag en lag.
BLANCHIE: Johnnie! (Lag en lag. Dit weerklink.)
MAP (skreeu): Blanchie! Blanchie!!
Haar gelag is nog in die lug terwyl die lig uitdoof.