Alba Bouwer se plaasstories is klassiek in Afrikaans. Baie lesers dink met heimweë terug aan die lees van die avonture van Alie en Lulu op Rivierplaas in die Vrystaat. Een van die ander sentrale karakters is ongetwyfeld ou-Melitie, wat altyd geduldig na Alie se stories luister en wyshede kwytraak (en nie skroom om haar tereg te wys nie!), en Sanna en klein-Melitie met wie Alie en Lulu so lekker speel.
Оглавление
Alba Bouwer. Nuwe stories van Rivierplaas
Voorwoordjie
Die groot beesslag
Die toefelantat
As die trapmasjien kom
Die blink konstabel se perd
Die blikslaer se waentjie
Die groot weer
Die winkel-winkel
Kerk onder die doringbome
Die verjaardag
Voor die kuier
Отрывок из книги
Alba Bouwer
Nuwe stories van Rivierplaas
.....
Trienge-rienge, trienge-rienge maak hulle op Alie se arm en – tjak! spoeg oom Jan se geweer skielik by die kraal. Alie druk haar kop onder ou-Melitie se rooi kombers in.
“Jô!” sê ou-Melitie en sy vou die kombers styf oor Alie se rug, net daar waar die koue straaltjie afkriewel. “Meneer Jaan sy skiet gou! Nou ons moet pakisa, nonwe Alie, die mevrou sy sal wag.”