Alba Bouwer se plaasstories is klassiek in Afrikaans. Baie lesers dink met heimweë terug aan die lees van die avonture van Alie en Lulu op Rivierplaas in die Vrystaat. Een van die ander sentrale karakters is ongetwyfeld ou-Melitie, wat altyd geduldig na Alie se stories luister en wyshede kwytraak (en nie skroom om haar tereg te wys nie!), en Sanna en klein-Melitie met wie Alie en Lulu so lekker speel.
Оглавление
Alba Bouwer. Stories van Ruyswyck
Voorwoordjie
Die koshuiskamer
Die meisies van die groot skool
’n Middagwandeling
Briewedag
Vakansie op Rivierplaas
Hanna se geheim
Die lang, vaal seun
Graad tien
Die deurmekaar laai
Juffrou Ashley se uitstappie
Ou-Melitie en die babatjie
Stories van Brakfontein
Die opsit-aand
Nuut in Delfthuis
Die middernagfees
Die uitnaweek
Hoofmeisie Alie
By Tossie op die plaas
’n Brief van Karel
Afskeid, en ’n begin
Отрывок из книги
Alba Bouwer
Stories van Ruyswyck
.....
“Jô, nonwetjie Alie,” het ou-Melitie gesê, “darem jou rokkie sy sal die moiste wees by darrie skool, en die hempie ok, sy’s alman nuut. Wie sal vor jou stryk die hempie sos jy’s ver? Jy sal by my denk?”
“Ou-Melitie,” het Alie gesê, “ek sal elke dag aan jou dink as ek ’n nuwe hemp aantrek, en ek sal elke dag wens dis amper winter dat ek kan huis toe kom en vir jou alles vertel.”