Читать книгу Stof - Alettie van den Heever - Страница 6

Skoot 1

Оглавление

Woensdag, 2 Julie 2081

Foos kyk op sy Pulse. 09:30. Die hof-storie begin oor ’n uur. Hy sit sy regtermiddelvinger op die Pulse se skren: Stofdigtheid – 55%. Dit lyk of ’n mens van die tien meter hoë muur kan aftrap en op ’n duin aanstap na waar jy ook al wil wees: die Wessee, die Tafelberg, die Here-be-dragons noorde.

“Kom nou, Georgie,” sê hy.

Die seun staan met sy ronde neus teen die nanopex-venster van die uitkykpunt links van die NNW-biculus.

“Wanneer kry ek weer opportjoentie vir notas?” antwoord Georgie na ’n ruk. “’n Gids wat sy gat werd is, kan staaltjies vertel. Staaltjies werk net as jy die styfheid en kleur van die drol kan bylieg.”

Foos ignoreer die seun. Hy’t hom negentig minute gelede die eerste keer ontmoet en Georgie het reeds tien drol-grappies gemaak. Die ander kinders wat vir die gids-briefing gekom het, is almal weg sonder om aan hulle Pulses te raak – almal Meconites en almal met die nuutste MecLenses en MecBreaths teen die stof. Maar dis die moeselienmummie-Hardekraler met die eenlens-sweisbril en oogklap wat sy tyd vat met ’n pre-Hardskip toyskren, ’n stuk papier en ’n halfgeëte potlood.

“Georgie, ek het nie tyd hiervoor nie,” sê Foos. Hy wil nog vir Julie gaan sterkte sê.

“Ai, Foos, geduld, man. Die stuk anderkant Meconium ken ek soos my handpalm. Maar see se kant van Meconium is ’n ou maar versigtig. Of jy nou vreesloos én met ’n derde oog operyt of nie.”

Dis oor MaJo wat Foos ingestem het om al die admin te doen om ’n Hardekraler op die gidsprogram vir Celebrate 20 se Opedae te kry. Die irritasie en spyt gaan sit saam met ’n sandkorrel onder die MecSpec10’s se suiers wat op sy neusbrug lê.

Hy krap sandkorrels uit sy snor. By MaJo vergeet ’n mens soms dat jy in “Independent Growing”, ’n Meconium institution, bly en dat MaJo eintlik ’n Hardekraler is. Hy kan nie aan een majoër dink wat Meconium bo MaJo sal kies nie. En sý glo dié Hardekraler verdien ’n kans, so Foos het by Communications & Relations gaan verduidelik hoe die ander enklawes se besoekers die vorige jaar met die Opedae aanhou kerm het hulle wil Hardekraal en Close Enough besoek en dat die Meconite-gidse geweier het.

“Jy gaan net die Hardekraal en Close Enough part van die toere doen,” sê Foos. “Hierdie is net sodat jy ’n idee van die geheel kry.”

“Ou Georgie doen heeljaar toere. Groot in- en uitflux in Hardekraal en Close Enough – fokollie nanopex-mure om die toeriste uit te hou. Ek lei sommer een van my gabbas as bodyguard op en brei my besigheid see se kant toe uit. Dalk sal Aidan en Hanno inkoop. Ken jy hulle? ’n Tweeling. Majoërs.”

“Hoe ken jý hulle?”

“Exchange program. Meconium se contsending charity het tot ’n diep vriendskap gelei.”

Foos sug. Hy ken die tweeling. Met Georgie by, is hulle nóg meer van ’n gevaar vir hulleself en almal in ’n honderdmeter-radius.

“En volgende jaar? Jy sal my weer kan inkry?” vra Georgie.

“Nee. Ek’s nie permanent nie. Dis net my tydblok by Communications.”

Georgie kyk op. “Is jy dan wat julle ’n Inbetweener noem?”

Foos knik.

“Jy lyk ouer,” sê Georgie en draai weer sy kop na die stof anderkant die nanopex.

Foos loer oor sy skouer. Op die toyskren is ’n kaart van Meconium. Boaan staan Invaders 101. Die stuk papier is ’n uitgedrukte kaart van die area rondom Meconium. Met die hand is Meconium, Close Enough en Hardekraal ingeteken. Georgie is besig met die ontsoutingsaanleg see se kant toe; die insekplase langsaan en die lande en boorde na die noorde; selfs die vlermuiskolonies en Pompous Ruins tussenin is reeds ingevul. Dit alles net van een keer se luister na Foos se verduideliking.

“Waar kom jy aan die goed?” vra Foos.

Georgie lig die toyskren op.

“Invaders 101 is ’n game wat die goods by Close Enough se techtoring gescheme het. Very popular – jy kan dink. En die kaart het my twee shots laxative op die swartmark gekos.”

Foos skud sy kop. “Ons moet nou dak,” sê hy. Die seun kop te veel.

Foos help graag vir MaJo, maar hy sal nie verbaas wees as Georgie ’n shite-tsotsi is nie, en as Communications uitvind hy’t vir só een ’n toer gegee, gaan hy nie veel opsies hê wanneer hy met Inbetween klaar is nie. Reguit van MaJo’s af na ’n nederset of weerstasie.

“Wat maak jy met die kaarte?” vra hy terwyl hulle met die muur langs tot by die naaste Atremstasie loop.

“Dis vir my toere. Die volle prentjie.”

“Is jy ’n shite-tsotsi?” Niemand kon nog agterkom hoe nie, maar daar word shite uit Meconium gesmokkel wat dan weer in Close Enough se BioG gedeposit word. “Jy en die tweeling is nie dalk partners in crime nie?”

“Nooit,” sê Georgie. “Nooit.”

Die Atrem stop en Foos loer of daar ’n MecSec op is – hy’t nie vir Georgie ’n Atrem pass gereël nie.

“Klim,” sê hy vir die seun.

“Wat as ’n sambok my sien?”

“Sambok?”

“MecSec.” Georgie se oë is groot.

“Klim.” Foos wys hulle moet langs die deur sit.

Hy’s nie lus om al die pad saam met Georgie te loop tot by Ingang 2 nie. Die hofsaal sal reeds gepak wees.

“Kiefste,” sê Georgie na ’n ruk. “Nog nie in een van julle lugpiele gery nie.”

Foos draf die ent tussen Ingang 2 en die Fort. Hy hoop hy kan met Julie praat voor die storie begin.

’n Klomp Divusites staan in die binnehof en chant en buig voor Divus. Foos bal sy vuiste en volg ’n paar Gais wat by die deur na Justice ingaan. As Inbetweener was Foos die afgelope twee jaar baie in die Fort vir Further Development and Training, maar nog nie voorheen in die hofsaal nie. Die vertrek is gepak en die extractors dreun harder wanneer die deur oop en toe gaan.

“We have to keep it closed now,” hoor hy iemand sê.

Hy klim oor mense in die paadjies na waar Joni vir hom plek hou. “Bendisithi awusezi,” sê hy toe Foos gaan sit. “Iyaqala.”

“Ek moes ’n Hardekraler eskort ná Celebrate 20 se gids-briefing.”

Foos soek vir Julie in die voorste ry. Hy kry haar lang stofblonde hare langs haar ma se kaalgeskeerde kop en voel hoe sy tande teen mekaar skuur.

“Two hours of stoffasie, starting at 14:00 this afternoon on BioG:E. Dust density is 71%, so the court appoints Dr Ty to check on the offender after an hour to make sure she is stable,” sê die regter.

Divusites jil en klap hande. Foos sit tussen majoërs en Gais – almal stom geskok.

“Kuyanyiwa,” sê Joni langs hom.

Foos trek-trek aan sy snor en kyk na Julie se regop nek.

“The courts are corrupt!” gil iemand.

“Divusity is a sect!” gil ’n majoër agter Foos.

“And the prosecutor’s request to put a dead snake around the offender’s neck?” vra Divusity se verteenwoordiger vir die regter.

“Declined.”

Foos sit sy MecSpec10’s op en sy MecBreaths in. Hoe gaan Julie se asemhalingstelsel dit hou? Van kleins af klamp dit haar: bronchitis, longontsteking, sinus, weer bronchitis. Hy sien hoe die mense na Julie toe beur. Hy sukkel om asem te kry.

Foos wag voor die ingang na Julie se ma se woonstelblok in die Gaia-woonbuurt. Maan se gehuil kom voor Julie en haar ma om die hoek. Hy staan op en druk Julie se skouer, dan haar ma s’n. Hy lig die stofomhulsel ver genoeg om sy hand by die waentjie in te steek en Maan se wang te kielie. Sy hou vir ’n oomblik op met huil.

“Dis ’n onreg,” sê hy. Hy wens hy kon iets groots sê.

Daar is pers kringe om Julie se oë en lyne langs haar mond af. Sy lyk nie meer twintig jaar oud nie. In een jaar het sy haar pa en haar beoogde verloor en ’n kind en ’n brandmerk bygekry.

Sy knik. “Dis so te sê verby. Ek en Maan en my ma gaan Sondag met die biogaslorrie na ’n nederset noordoos hiervandaan. My ma ken die suster by die kliniek en sy’t gesê hulle kan plek maak vir ’n trainee dokter.”

Foos se linkerhand gaan op na sy snor. Hy gaan haar ’n tweede keer verloor. Eers was dit Niel. Die lafaard, wat soos ’n cliché op die Atremspoor gaan lê het. ’n Pynlose, spektak dood, sê die Hardborns: Jou longe bars uit jou bors van die lugdruk wat die trem laat vort. MaJo sê dis nie waar nie.

“Ek wou net … sterkte sê vir …” begin Foos.

“Sal jy vanmiddag daar wees?” vra Julie.

“Ja,” sê hy, maar hy weet nie hoe hy dit moet deursien nie.

Onder die Inner Atremspoor langs tot by die KhayaGaia-stasie. Foos vat ’n systraat muur se kant toe en draai weer in die eerste steeg links. Anders as die res van Meconium het die meeste geboue hier net ’n grondvloer. Die deure is uitgekerf: bye, vlermuise, suikerbekkies. Hier en daar ’n aangepaste Earth Christian sign. Aan die einde van die steeg, op links, is die cob-kamer waarvoor hy aan die begin van sy Inbetween-jare sy naam opgesit het. Die inwoner, een van die Hardstes, is oorlede. Dit staan al die afgelope ses maande leeg en Admin wil weet of hy dit gaan vat as hy aan die einde van die jaar by MaJo’s moet uit. Dis ’n eenvertrek, maar daar is ’n lapmuur wat dit in twee deel en aan die agterkant is ’n kophoogte platform vir ’n matras. Die twee vensters het luike met rubberseëls teen die stof. Die deur het die blaarspiraal van ’n kroonaalwyn op – Julie het dit herken. Dit sluk jou oë in en spoeg dit spikkelrig uit. Hy loop verder, deur die spikkels en die steekpyn van ’n fantasie oor Julie op die platformmatras.

* * *

Wat help dit ’n man sit jou Pulse in pulsenot as jou bewegings so voorspelbaar is dat elke tweede Meconite weet om jou op ’n Woensdagmiddag in MecRec in ’n gholfsim te kom soek. Die gemak en die agteruitgang is één, dink Dick Jones en ruk sy hoodie af.

“They’re on the top admin floor,” sê die stuurman toe die Kweekhuis se deur agter hulle toeklik.

“Ja-ja. Ek ken die pad,” sê Dick.

“Yes. But I don’t mind.”

“Never mind ‘don’t mind’. Jy’s voorgesê om my te eskort. Dis daai blêddie Salt Vaals – bang die gholf het my sense of duty aangetas.”

Vir die eerste keer beweeg die seun se gesig. Die mondhoek lig met baie moeite. Donnerse Inbetween-blaségeit.

“Hoe ver in jou Inbetween-jare?” vra Dick. Nog vier vloere se trappe.

“This is my second-last block. Just the Recycling Plant left.”

“En daarna? Weet jy al?”

“No, not sure.”

Dick verslap en begin op die trapreling druk. Wanneer het hy so onfiks geraak? Op die seun se agterkop is ’n mandala ingeskeer. Tania, wat sy gholfsims programmeer, het so ’n styl – drie ure by Hair Design, het sy gesê; en vir sommige designs laat hulle Close Enough se beste artist kom, behalwe as jy kans sien om self Close Enough toe te gaan – dis cheaper. Dick wil nog die seun vra hoeveel BioG’s sy hare gekos het, toe hy omkyk.

“Maybe engineering and building. That was bearable.” Oë wat skaars asemhaal.

Fok, dink Dick. Dís die Hardborn-apatie waaroor Salt Vaals so graag kla.

“I …” begin die seun. Hy bly stil, maar sy oë bly op Dick.

Wat sien die kind? ’n Kaalgeskeerde kop wat die receding hairline moet wegvee en die littekens – herinneringe aan ’n tyd voor gholfsims – moet ontbloot? ’n Grys baard wat die kwynende kaak moet herstel? Ja. Sy pa se vanity kom knaag aan sy ouderdom se wysheid.

“Hoekom kom jy nie ’n bietjie weg nie? Die sonplaas of ’n nederset …” vra Dick.

Die seun lig sy skouers. “Isn’t that worse? It’s Meconium, but without MecRec and MecShack.”

Die seun stop, wys na die Staff Room se toe deur en loop sonder om te groet.

“Dick.” Salt staan op, skuif ’n stoel vir Dick uit, gaan sit, staan weer op.

“So erg?” sê Dick en knik vir die mense om die tafel.

“If he gives you the chair with the view, you should know,” sê Khanyi Brand. Haar stofswart hare staan woes uitgekam om haar kop. Die enkele grys streep wat van haar linkerslaap na die agterkant van haar nek strek, is afgerond met twee dun blou strepe.

Dick hou van haar. Sy’t goetspa.

Twee van die ander is ook deel van Saadbeskerming – hy ken hulle – maar ’n jong vrou en middeljarige man is onbekend. Salt sien hy kyk na hulle.

“Oh, yes, they’re not part of our unit. Teli Greene, from the Psych Department.”

“Hi,” sê die vrou.

“And Yusuf Wiese – Food Science.”

Die man dra ’n goedgesnyde pak. Nié uit die Issue-klerebank nie.

“They both have some info on the current broader food situation. Yusuf, if you’d like to start?”

“Yes, thank you.”

Yusuf sit sy Pulse op die tafel en flip die holoskren met sy vinger na bo.

“When it comes to the stats on our side, the problem is quite simple. As most of you know, the stored goods from pre-Hardship were officially only used till ’66. It sounded good to say that Meconium became self-sufficient after a mere five years. This was the stock in ’61, beginning of the Hardship.”

Hy swipe en ’n render van die stoorkamer in Food Science se drie kelderverdiepings kom op.

“The bottom floor is mostly grains and insect flour. The middle one: dried and canned legumes and other vegetables. The top one: oil, sugar, spices and supplements.”

Hy swipe weer.

“This is ’66.”

Die inhoud is nie veel minder nie.

“How’s that possible?” vra ’n jonge van Saadbeskerming.

“In the first few years, we found a few underground factories that had not been raided. So we could top up,” sê Yusuf. “Some people had a private stash of canned goods to fall back on.”

Dick onthou sy laaste blik gerookte sardientjies met chakalaka. Die vreugde en sonde daarvan.

“But in the last few years we’ve seen a change in people’s expectations,” sê Yusuf – hy kyk na Salt; hy’s op die verdediging. Sou hy weet van die gerugte van extravagant parties, gehou deur Food Science employees? “But we’ve been managing it at Portions,” sê hy.

Salt knik. Khanyi rol haar oë.

“Anyway.” Yusuf swipe weer. “This is current stock.”

’n Paar asems word skerp ingetrek.

“The lie is starting to catch up with us.” Yusuf haal ’n Absorber uit sy sak en vee oor sy voorkop.

Dick vryf oor sy oë. Hy’t sy lus vir gholf verloor. Nuttelose tydverdryf. Hy wil by die Recycling Plant wees. Hy wil aan Beauty peuter. Sou Sias Smous dalk op sy trip deur die nedersets vir hom die oorspronklike stuurwiel kon spoor?

“So, with the amount and quality of the food coming in at the moment, we’ll be in trouble soon,” sê Yusuf. “As it is, our Staple’s nutritional value is barely adequate and, as you can see, the store facilities …”

“How many years left, based on last year’s food production?” vra Salt.

“Three, maybe four. Only two years of Staple that meets daily requirements.”

“And the weather fundis are predicting ’76 to ’78’s Imbalela to repeat itself,” sê Dick.

Stilte.

Teli sit vorentoe in haar stoel. “This is obviously bad news, but particularly so in light of our findings. Ten years ago, when the supplements were reduced after Celebrate 10, morale went up with an average of two points out of ten. Depression and depression symptoms went down from twenty-three to sixteen percent between ’71 and ’76. With the increase of supplements in ’76, and then again in ’78, morale went down by three points. Depression and depression symptoms are at twenty-two percent.”

“What have supplements got to do with this?” vra een van die Saadbeskerming-mense.

“When you give people more supplements, they feel that we’re in trouble foodwise; they feel we’re reverting to artificiality,” antwoord Teli. “Their hope for the future – if you want to call it that – is affected. Those prone to anxiety and depression get more anxious and depressed.”

“So what is the Psych Department’s message to us?” vra Salt.

“Something needs to be done. Both the Institute for Natural Health and the Centre for Medical Research are reluctant to produce more supplements and we’re not recommending it. We think additional trade with some of the nedersets or the Chinese enclave should be negotiated. We can provide them with supplements in exchange for food, seeds, whatever.”

Dick skud sy kop. Salt lig sy mondhoek.

“Do you think they’re doing any better?” vra Salt.

“Well, Skandinawië, then.”

“There’s an embargo till ’86. You know that just as well as we do, Teli.” Salt is besig om sy geduld te verloor. Dis oor die vinger in die laaste plek na die Kweekhuis en die Saadbeskermingseenheid gewys sal word.

“The embargo should be renegotiated when their people arrive for the weekend celebrations. Something needs to be done.”

“Yes. Yes,” sê Salt. Hy loop met kort treë deur toe. “Well, Teli, Yusuf, thanks for your time. I think we all have a better grip on the situation now. And we’ll get back to you with our strategies.”

“Shit!” sê hy deur sy tande terwyl hy die deur toemaak. “What do you have, Dick?” vra hy, maar hy kyk nie na Dick nie. Hy kyk na waar Tafelberg anderkant die stof moet wees.

“Not much. The last Specimen contestant came back, but I haven’t been able to get hold of him. He’s like a celebrity, so … I’ll debrief him tomorrow.”

“Tonight,” sê Salt.

“It’s the Celebrate 20 Atrem parties. I doubt if I’ll –”

“Tonight, Dick. You thought that was the bad news.” Salt kyk na Khanyi. “Hit us.”

“Dwayne compiled the report,” sê Khanyi.

“Right,” begin Dwayne. Hy lyk nervous. Hy’s jonk. Dick skat hom in sy vroeë twintigs. Sy te lang arms maak groot bewegings al het hy nog nie begin praat nie.

Khanyi bring ’n beeld na vore met haar Pulse.

“Our yearly tests were done on all the grains,” begin Dwayne, sy hande nou bymekaargebring onder sy ken. “On the map you can see the fields. Yellow – corn, red – spelt, green – pearl millet, orange – sorghum, blue – bushveld signal grass, black – buckwheat. The crosses show the places where we took the samples.”

Hy knik vir Khanyi. Nuwe beeld. Weer ’n grafiek.

“We tested twenty-five seeds from each field. The corn – all the seeds showed gene loss. An average of sixty-five percent. That’s huge. That’s … like … yeah.”

“Okay,” sê Dick. Hy verstaan nou vir wat Salt nie sy sit kan kry nie. “What type of gene loss?”

“The hush-hush, if-the-people-find-out-we’re-in-deep-dust kind.”

Dick se gesig voel onbeweegbaar. Ná al hierdie jare.

Dwayne se arms begin weer beduie. “The corn has been affected most. The –”

Dick staan op. Dwayne bly stil.

“How did it happen?” vra Dick. “How could it happen? We – destroyed – every – last – SeedSci – specimen. We –”

“There was that GM cornfield at Godsakker,” sê Salt.

“I was there myself when it was being destroyed,” sê Dick. “No sign of pollen yet.”

Dwayne lig sy skouers.

“It could be sabotage. Somehow. Those Godsakker people were befok with us. They could have –”

“I doubt it. I doubt they have the know-how,” sê Dick. “But we might have to ask the Sec Centre to start an investigation.”

Salt snork. “Since when do you pass things to the Sec Centre?”

“We have to focus on the seed. The saboteurs are a distraction.”

“Daar was ’n tyd wat jy al twee ondersoeke lag-lag –”

“Seriously?” val Dick hom in die rede.

“Sorry. That was cheap.”

Khanyi lag.

“What about the other grains?” vra Dick.

“The spelt and the buckwheat have a similar problem. Fifteen and twelve percent gene loss respectively. The others have been stable in terms of … that type of thing.”

“So jy sien,” sê Salt, “we need a serious plan of action.”

“That incest trial was today. Divusity is basking in the outcome. If they get wind of this, Celebrate 20 might turn into some kind of … homogeneity witch hunt,” sê Khanyi.

“You don’t think …” begin Dick. “If Divusity ever did want to gain more power, such a seed scandal would create the perfect platform.”

“Let’s not go there yet,” sê Salt. “But keep this from the Sec Centre. Divus has got a lot of pull in that place.”

Dwayne sit vorentoe in sy stoel. “I’ve been reading up.” Hy vryf sy hande teen mekaar. “Finger millet is the answer. Never a GM variety …”

“We know,” sê Salt.

“Oh.” Dwayne lyk teleurgesteld.

“We had seeds,” begin Salt. “But we were overeager. We planted when the laserkappers hadn’t been installed.” Hy bly stil.

“What happened?” vra Dwayne.

“Queleas happened. After that, our supply dwindled and …” Salt skiet sy vingers in die lug op.

“There has to be more seed somewhere. We just need to find it,” sê Dick.

“Skot Smal was in Kylemor yesterday, but I doubt whether he would’ve got anything out of the Jafta woman.” Salt kyk op sy Pulse. “I don’t have an update from him yet.”

“Maybe it’s not necessary. Maybe the Specimen contestant slash spy found something to force their hand.” Dick staan op en kyk na Salt. “En ek sal uitkyk vir saboteurs.”

* * *

Die suidooster pomp. Vlaag op vlaag stof bombard die mense op die oopte tussen die Kweekhuis en BioG:E. Omtrent die helfte van die mensgros – meestal Gais – sit kruisbeen in rye op die grond.

’n Divusite staan op die Atremstasie se platform en praat oor sy Pulse se voice enhancer: “Fellow Meconites, we have always rejected the idea of purebred animals. In fact, it has always been clear that it goes against the guiding principle of our enclave: protecting and restoring diversity. But until recently, we have been blind to the sinfulness and threat of inbreeding. In a small community such as ours it is a real danger to the stronghold of our gene pool. Thank Divus that the undermining actions of this young offender was brought to our attention and that today an example can be set as to how this type of behaviour will be dealt with.”

Twee MecSecs maak Julie om haar middel aan die paal vas. Die stof maak dit onmoontlik om details uit te maak, maar Foos weet daar is net ’n langmoujurk tussen haar en die stof. Hulle sou seker gemaak het sy’t nie MecBreaths of plaklense in nie.

’n Ander Divusite praat van die BioG:E se dak af. “We place these dead snakes at the feet of the offender” – sy en nog ’n persoon lig twee slange op – “to remind ourselves of the importance of this brave and noble mythical animal: Not only did it open the tree of differentiation and naming to the human mind, it also opened up paradise to include not only Eden, but also the deserts, the oceans, the mountains, the valleys.”

Hulle sit die slange neer en iemand begin skree. “In the name of Diversity! Ekungafanini kwethu! In die naam van diversiteit!” Die frases word harder en mense rits hulle weather hoods oop en vat happe stof om daaraan volume te gee.

Na ’n ruk gaan soek baie van die Divusites skuiling in Portions B. Foos sit weer langs Joni, sy kamermaat van die afgelope agt jaar. Behalwe vir Julie is Joni sy enigste close vriend. Hy’t albei sy ouers aan Dikvel afgestaan toe hy twaalf jaar oud was. Amehlo amnyama, sê ’n mixer by MecShack wat vir Joni beoog. Meestal is Foos bly hy’t nie die intense gemis waarvan Joni soms praat nie: ’n spesifieke gebaar of aanraking of atmosfeer. Maar soms wens hy dat sy eie ouers meer was as ’n foto en ’n tattoo. Hy vryf oor die meerkat wat oor sy pols strek.

Hy pulsepost vir Joni. Celebrate 20 is ’n siek grap.

Sibhiyozela intoni? kom die antwoord.

Foos knik. Hier’s niks om te vier nie.

Toe die twee uur verby is, help hy en Joni vir Julie se ma en nog ’n huisvriend om Julie hospitaal toe te dra.

* * *

Die skimmer strek al ver; dit sit saam met die onwinter in Dick se hande. Die boute begin tussen sy donnerse vingers bewe. Bo die Herwinaanleg kom en gaan die Atrem parties. Dit het pas begin en dit knaag klaar aan hom. As Sias Smous net wil laat weet of hy die oorspronklike stuurwiel kon kry.

Sy Pulse vibreer. Dis die MecSec wat in Close Enough patrol.

Sias nie terug. By bar sê hulle hulle wag hom vanaand of môre.

Dan is daar nog die hoop dat hy iets saambring. Dick kyk na die Ford Capri, vryf oor die bakwerk. As hy ’n laaste trip met sy oupa se Beauty kan maak …

“What’s the rush? Don’t I deserve a few nights off? I worked for forty straight.”

Dick se rug ruk styf. Fok. Hy’s nie meer lus vir sulke ontsenuende mense nie.

“Wakinyan,” sê hy. “Welkom terug.”

Die jonger man staan arms gevou teen ’n tafel waarop elektriese kabels gesorteer lê.

“Ons moet so gou moontlik debrief en môre is my skedule vol.”

“With what? Gholf and wheels?”

Die jong man kom nader gestap. “Where did you find this thing?” Hy wys na die motor. “It’s kief.”

Toe die kind die syspieël oplig en kyk of sy tande skoon is, voel Dick verlig hoe die hardheid in hom kom lê. Vir dié fokker vertel hy nie hoe hy Saterdae saam met sy oupa deur Wellington gecruise het in die Ford nie. Hoe hulle vakansies in die veertig grade Celsius-garage gewerk het en blinkgevryf en bewonder het nie. Wat weet die kind van die reuk van Dubbin op leer-seats?

“And they don’t … need these parts and your expertise … over there?” Wakinyan wys met sy oë na twee broeikaste wat ’n ent verder halfgebou staan.

Dick bly steeds stil. Hy betaal vir elke part. Het selfs in Februarie ’n medical trial gedoen om sy inkomste aan te vul. En dis net in sy eie tyd wat hy aan Beauty werk.

Die kind loop om die kar met sy vinger teen die deure, soos ’n skollie wat die klank geniet van sleutel wat verf afkrap.

“No, I was just thinking. If you can’t deliver on the Skandinawië-deal. These wheels could be a backup,” sê Wakinyan.

Dick lag. Hoe maklik maak die kind dit nie.

“Ek’s ’n man van my woord. As ek gesê het ek sal probeer om jou en jou meisie op die Skandinawië-program te kry, sal ek. Maar moenie jou eie asshole plug nie. Ek’s nie een van jou groupies nie. Ek het vir jou verblyf by die kliniek op Kylemor gereël. Wat sal jou groupies daarvan dink? Just deliver, soos enige goeie Meconite sou,” antwoord Dick.

“I’m not a Meconite. We’re just …” Die kind se kaak maak twee hoeke onder sy ore.

Dick verslap. Slegte move van sy kant af. Hy was van die begin af teen die Human Genome Project, en nou het die jonger man die regte kaart gespeel.

“Gaan jy Atrem parties toe?” vra Dick.

Wakinyan lig sy skouers. “Yes.”

“Kom jou outfit van die Issue rails af?”

“No.”

“Wel, kom ek sê jou: Elke liewe tiener in die skierland sal ’n maand lank skyt om na daai parties te gaan. En jy gáán. In ’n moerse duur Revempire outfit. You’re as Meconite as ‘not-Meconite’ can be.”

Dick maak die Ford se boot oop en uit ’n klein koelhouer grawe hy twee bottels uit klam grond. Hy vee dit teen sy gholfhemp af, draai die doppies af en gee een vir Wakinyan. Naaste aan good cop wat hy kan kom.

“Dié kry mens nie in Meconium nie. Net die Hardekralers kan só brou.”

Wakinyan ruik en vat ’n sluk. “Kylemor had stuff that came close,” sê hy.

“O?” Hy draai sodat hy die jong man in sy oë kan kyk. “Wat het jy nog daar ontdek?”

Wakinyan haal ’n koevert onder sy hemp uit, skud dit naby Dick se oor, en gee dit aan.

“Is dit …?”

Wakinyan knik.

Die donnerse skroewedraaier bewe effens voordat Dick die punt by die kant van die koevert ingestoot kry. Versigtig skeur hy een kant oop. Ses of sewe sade. Verskillendes. Hy rol dit rond om te kyk of hy van die saad kan identifiseer.

“Koljander,” sê hy. Die reuk van braaivleis kom lê in sy ore: sy neefs wat hom jaag met watergewere gevul met pie; sy ouma wat roep dat hulle die vetplante moet spaar; sy oupa wat die speserye oor die tjops maal. Hoe koljander gesmaak het, ontgaan hom.

Dick maak die koevert toe. Hy moet fokus.

“Waar kry jy dit?”

“Took some detective work. Woman who worked at the clinic took a liking to me.” Hy lig sy wenkbroue. “Just had to do her a few favours, and she sourced it from the tentedorp.”

“Waar kom die detective work in?”

“Had to find the right candidate to charm.” Hy lag.

Hy lieg. Dick ken jeug. Hy wil brag oor detective work, maar hy wil nie die volle storie vertel nie. Plaas hy speel net dom.

“Wat’s haar naam?”

’n Pouse.

“Wia. She’s the dust curber.”

Dick vra nie verder nie. Hy hou van valse leidrade. Hy het ’n audio clip van voor die veertig dae in die boendoes waarin hy vir Wakinyan sê dat hy wat Dick is sy veertig dae kan vergemaklik; dat Wakinyan in Kylemor moet uitluister vir enigiemand wat ’n woord sê oor saad of plante. Nevermaaind die Specimen officials; die idee om sy fans so in die steek te laat, sal die seun laat praat as dit daarop neerkom. Maar vir nou is die leidraad ’n uitdaging. Hy vat die leë bottel by die seun.

“Thanks,” sê Dick. “Ek sal opvolg, oor dié Wia. Dalk moet jy weer Kylemor toe gaan.”

“No,” sê Wakinyan, maar sy stem is dun en sy oë is groot.

Dick wonder of Wakinyan ook die gevaar gesmaak het? Want wat hy nie vir die kind gesê het nie, is dat die vorige saadspioen iewers rondom Kylemor van die radar af verdwyn het. En hy was ’n properse recce wat geken het van die dood sidestep.

Dick kyk op sy Pulse: 18.20. Hy pulse vir Foos.

“Ek het jou hulp nodig,” sê hy. “Is jy al by die Atrem parties?”

“Nee. Ek gaan nie …”

“Waar’s jy?”

“By MaJo’s,” sê Foos.

“Begin solank beweeg. Jy moet ’n ou spoor. Hy’s op pad uit die Herwinaanleg. Sy naam is Wakinyan. Laasjaar se Specimen of the Year-wenner. Soel vel, dik swart hare tot op sy skouers, vanaand in ’n ponytail. Dra Revempire jeans met camo patches. Backpack op sy rug. Ek stuur vir jou ’n foto en ’n voice clip.”

“Waarheen is hy op pad?”

“Hy gaan na die parties, maar ek wil weet wat hy voor of na die tyd maak. Dis seed related.”

Foos reageer nie dadelik nie.

“Sal jy my updated hou?” vra Dick.

“Ja. Ek is nou naby die hoek tussen die Temp se kwartiere en Gai-flats.”

Toe Dick die Pulse dooddruk, onthou hy van die intelingsaak. Dis hoekom Foos nie lekker klink nie. Die uitslag was ’n fokop en Foos se vriendin is twee uur se stoffasie opgelê. Hy bring sy Pulse nader – moet hy eerder die seun afgee? Maar wie vra hy dan? As hy ’n MecSec kry, moet hy later aan die Sec Centre verslag doen.

Hy tik ’n pulsepost vir Salt: Leidraad gekry. Sal teen 20:00 op kantoor wees as jy update wil hê.

Salt se pulsepost kom binne sekondes deur: Dogter verjaar. Praat môre. Smal het niks uit Jafta-vrou gekry nie.

“Daai Jaftas,” brom Dick.

Sy pad het in die laat 30’s met Momberg Jafta s’n gekruis, net voor hy Dick Jones geword het. Dis hoekom hy nooit self Kylemor toe gegaan het nie. Nou is Momberg Jafta dood en Dick uitgetree. En die Jafta-vrou is net so toehand en toebors soos haar man was.

* * *

Foos is binne ses minute ná Dick se pulse by die hoek van Food Sciences. Tussen hom en die Herwinaanleg is daar geen beweging nie; net die stof – twintig persent digtheid volgens sy Pulse. Dit het afgeneem sedert die middag. Parties word op die Inner Atrem line gehost, wat beteken dat Wakinyan op een van vyf Atrems kan wees, elk met vyf waens.

Die ligte teen die geboue en Atrem lines gaan aan. 18:30. Hy begin drentel na die KhayaGaia-stasie. Toe hy onder die trem-line deurloop, snel ’n Atrem tien meter bo sy kop verby. Dit gee hom tien minute voor die volgende trem.

Daar is rondom twintig jongons op die platform. ’n Hele paar dra kostuums – hoede en maskers – maar die meeste het weathergear aan. ’n Ou op sy hurke vat ’n diep teug lug deur sy neus en sê: “Weather trumps fashion.” Hy klamp sy mond toe en vat weer ’n teug deur sy neus.

Foos glimlag en knik. Hy leun terug teen die muur en begin die mense deurkyk. Nege maande gelede sou hy voor hom op die grond gestaar het met sy oorfone in. Toe kom sy tydblok by Saadbeskerming en sy internskap by Dick Jones. En die man oortuig hom om saans Complex Systems: Survival, Intel and Data by die Fort te doen. Die fynere goed het Dick Jones hom self geleer. Hoe om met al jou sintuie te kyk. Hoe dit soms later belangrik kan wees dat jy weet dat die ou met die beertjie-backpack een of ander substance aan die meisie met die pienk boots verkoop het, al wag jy vir ’n Wakinyan wat op die oog af niks daarmee te doen het nie.

Die geraas van die volgende party kom nader. Foos kyk na die donkerte anderkant die buitemuur. Close Enough lê in ’n laagte en nie eers die techtoring se ligte is van hier af sigbaar nie. Die Atrem briek. Musiek en mense kompeteer. Foos se oë skiet van gesig tot gesig. Hy beweeg nader terwyl hy maak of hy op sy Pulse met iemand praat. Hy registreer die mans. Blond. Hare afgeskeer. Dreads. Kort hare. Kort hare.

“This Atrem is about to depart. Please stand clear of the doors,” sê die Meconium-stem.

Die volgende trem het ’n live band. Wakinyan is in die tweede wa tussen ’n groep meisies. Die derde wa het die bar – dis waar Foos inklim. Hy wag vir die deure om te seël.

“’n Dry Throat, asseblief.” Dis die mixer van MecShack wat vir Joni beoog. Die een helfte van haar lang blonde vlegsels is op haar kop gestapel; die ander helfte hang los oor haar rug.

Sy hou sy drink en die scanner uit. Vyftig BioG’s. Hy sukkel om blasé te lyk en vat vinnig ’n sluk.

“Lerk,” sê hy.

Soveel geld het hy laas met die Herwinaanleg se bonanza spandeer – op ’n lens vir die bokskamera wat hy en Joni aan’t bou is.

Die trem stop bo Gaia se Greenspot. Foos kry sy oog op Wakinyan en kry ’n dakhandvatsel beet. Pulses gee seine.

“It’s a Finger!” roep ’n dronk meisie en druk haar pols in sy gesig. ’n Divus tattoo steek onder haar Pulse uit.

Foos maak die Finger oop.

“You should unsubscribe to that gara, man,” sê die ou wat langs hom staan. Foos ignoreer hom. Jy kort baie BioG’s vir unsubscribe.

Hy sky met sy oë oor die Finger on the Pulse-berig.

Celebrate 20 started with a bang. But not the kind of bang we were hoping for; a bang that has lasered open the divide between Divusity and the more, let’s say liberal-humanistic Meconites, particularly Gais. Julie Cloete, daughter of Heloise Cloete and the late Lwellyn Ervin, has been found guilty of incest. While some of us were maxing out our water portions to get clean and groomed for the Atrem parties, Julie was being dusted on the BioG:E roof, dead snakes at her feet. Divusites do like their symbolism! She is currently in the hospital, being monitored for pneumonia. How Heloise Cloete has been able to hold it all together – through the accusations that her husband was the father of their grandchild, then the death of her husband – only Divus would know.

Foos vee die berig weg. Hy pulsepost Julie se ma.

Sy lyk stabiel, kom die antwoord.

20:30. Foos kyk ál meer op sy Pulse. Die Atrems het vir ’n halfuur by die Fort-stasie gestop en ’n paar minute gelede met die spiraal terug na die Centre-stasie begin beweeg. Wakinyan het van trem verander en hy is een wa weg van Foos, in ’n goth-themed wa. Sy houding het verander. Vroeër het hy teruggehang teen pale, sy arm om mense gehad; nou staan hy regop, naby aan die deur. Hy’t steeds ’n drink in sy hand, maar sy sips doen niks aan die twee vinger hoë inhoud nie.

No One’s Ark se stasie kom en gaan. Die Greenhouse ook. Op die rand van die Discovery-woonbuurt klim ’n gros mense uit. Onder hulle is Wakinyan. Foos wag tot net voor die deure toegaan.

Wakinyan het die verligte pad verlaat wat na die middel van die woonstelblokke lei. Hy’s op pad na die buitemuur. Met die Greenhouse op hul linkerkant, beweeg Foos agter hom aan verby twee woonstelblokke en BioG:E. Wakinyan draai tussen die BioG en die muur na regs. Dis stikdonker en Foos val terug. Sy eie oog-tech is outdated – met sy plat oë kan hy nie die MecLenses dra nie; soos die No One’s Arker aantrek en operyt, mag hy dalk die plaklense met night vision hê.

Toe Foos by die hoek van Blok E kom, is Wakinyan weg. Hy’t ingedraai tussen Blok E en F. Foos kyk na die twee ingange aan die kant van die geboue. ’n Mens het ’n inwoner-Pulse nodig om in te kom. Hy mik in die rigting van die hoofingange.

In die ingangsportaal na Discov Blok E8 kyk Foos na die name op die skren. Hier en daar herken hy ’n van, maar niks konnek in sy kop nie. Hy kyk op sy Pulse. Dis reeds drie minute vandat hy Wakinyan laas gesien het. As hy nie gou speel nie, verloor hy hom heeltemal.

Hy drafstap na Blok F1 se ingang. Sy oë sky oor die name. Iets konnek: Couis Smeg, a.k.a Obees. Die laaste man met surplus vet in Meconium. Die enigste een met diabetes. Hy’s ’n legende. En Foos moes sy file update as deel van Dick se tweejaarlikse opcheck op LateEntry-lede. Daar was niks suspies in die afgelope twee jaar nie, maar hy’s in die vroeë 70’s skuldig bevind aan die besit van onverklaarde saad toe hy van ’n FindItFirst mission af teruggekom het. Roosgeurmalvasaad.

Flat 3, vloer 4. Foos begin met die trap ophardloop. In die gang drentel hy, sy oë halftoe, halfdronk. Hy slinger na die deur van Flat 3 en leun teen die deurkosyn om iets uit sy skoen te haal. Binne is twee mans aan die praat. Foos kyk oor sy skouer en druk sy oor teen die deur.

“Jy weet, hierdie forty days in the wild het my baie gekos. Baie monde wat ek moes koop. En die opbrengs was swak. Ander het ook hier ingeloop met eise, gedog hulle het kosbare goed gevind.”

“I’ve got other buyers.” Dis Wakinyan. Die stem van die voice note.

“Maar: Ek het van die begin af vertroue in jou gehad.” Dit moet Obees wees. “En toe jy die langste wegbly … Ek is opgewonde om jou vonds te sien.”

“Blood transfusion before Specimen of the Year and perfume …”

“En?”

“When I’m over my prime, you help me get away. Me and my girl want to go to Skandinawië.”

“Dan sal dit baie van die regte goed moet wees,” sê Obees.

“Couis.” Dis ’n derde stem. Obees se crony? “Die late-night screening begin oor ’n halfuur en ek wil goeie seats kry. Sound of Music is altyd chockablock.”

’n Asem word skerp ingetrek.

“Langerhans!” sê Obees. “Langerhans, dis die kapsules!”

“Halleluja!” Langerhans se stem styg, maar hy klink nie regtig opgewonde nie. Hy klink ongeduldig.

“Die vorige keer wat die saad in hierdie kapsules gekom het? Dit was soos ’n wonderwerk …” Obees se stemtoon verander. “Waar het jy dit gekry?” vra hy.

“Place named Kiefmor slash Kylemor,” sê Wakinyan.

“Is daar nog?”

“I’ve got more. First the deal.”

“Dis nie ’n blanko transaksie nie. Ek laat die saad eers ondersoek.”

“For this packet: blood transfusion before Sunday’s event and a bottle of your finest perfume for my lady. If you’re happy with the result – we can make a deal for the rest.”

“Dis dieselfde? Al die koeverte?”

“My friend thinks so.”

“Goed,” sê Obees. “Langerhans sal jou môre kontak.”

’n Stoel skuif. Foos wil begin beweeg, maar dan hoor hy weer Wakinyan se stem.

“This is useless to me, but I thought you might appreciate it more than that Dick Jones. It’s not a cookbook, but it might look good on your shelf.”

“Kyk nou net, Langerhans …”

Voetstappe.

Foos hardloop om die hoek en duik by ’n Cleanbot-kas in. Hy kyk op sy Pulse. Die late-night screenings begin gewoonlik 21:30. Dit beteken hy sal nog so vyftien minute moet wag om veilig te wees.

Hy pulsepost vir Dick. Dick laat weet terug:

Sit jou Pulse op discreet automatic answering en hou by jou oor.

’n Paar sekondes later kom Dick se stem gedemp deur.

“As jy my hoor, blaas op jou Pulse se mikrofoon.”

Foos blaas.

“Jy is in die verkeerde Cleanbot-kas, maar ek gaan jou deur die steps praat en dan kan jy beweeg. Ek sal later verduidelik hoe dit so gekom … Anyway, daar’s ’n smart board wat nie heeltemal in die muur gesink is nie. Min of meer ooghoogte. Voel vir ’n knop op die boonste rand. Druk dit.”

Foos doen dit. Bo die smart board, byna teen die dak, begin die muur beweeg en ’n gat verskyn.

“Blaas as jy die ingang na ’n tonnel sien.”

Foos blaas.

“Druk weer.”

’n Touleer rol by die ingang uit. Foos blaas solank.

“Gaan na die Cleanbot-kas aan die ander kant van die gang. Links van die trap wat na die hoofingang gaan. As jy in die tonnel is, moet jy die touleer losmaak en saamvat. Kyk vir die regte flat-nommer. Die knop van die skuifgat na die flat sal bo jou kop wees. Kyk vir enige saad. Waarskynlik in ’n bruin koevert, maar enige saad of saailing is belangrik. Vat alles.”

Foos blaas.

“Ek sal laat weet wanneer hulle verby die kamera in die voorportaal gaan.”

Foos blaas.

In die lugtonnel is die ingange met flat-nommers gemerk. Foos lê met sy oor teen die skuifgat na nommer 3. Geen geluid. Die tou is reeds vas aan twee hake wat daarvoor bedoel is. Pulsepost kom deur: By gebou uit.

Hy druk die knop. Stadig gaan die skuifgat oop. Die touleer val tot een meter bo die grond. Verder kan hy niks uitmaak nie. Sy koplig is byna useless. Die dag se dust density het ’n chargery onmoontlik gemaak. Hy toets sy gewig op die leer en begin afklim.

Hy gaan sit op sy hurke teen ’n muur om ’n basic gevoel vir die plek te kry. ’n Soet reuk slaan hom. Dan die dieper reuk van grond. Nie stof nie. Klam grond. Die black gold waarvan die soil experts by die lande en kweekgrotte praat.

Die flat is soos iets uit ’n ander tyd en plek. Dis die templaat, sure, maar Foos het nog nooit so ’n display van BioG’s gesien nie. Of disregard vir Meconium se riglyne nie. Teen die muur verste van die deur is ’n boekrak. Hy sky oor die titels. Kook en Geniet, The Joy of Cooking, Mastering the Art of French Cooking, Wenresepte, The New Moosewood Cookbook, Kos vir die Kenner, Ad Hoc at Home, The Silver Palate Cookbook, Die Kosrevolusie, Kokkedoor – ’n Keur van 20 jaar. Twintig jaar na die Hardskip en die man hou hom dikgevreet aan die resepte van ’n vorige regime.

Hy draai weg. In die middel van die vertrek staan ’n leerbank oorkant ’n glastafel waarop die basis vir ’n mega holoskren vasgebolt is. Foos lig die leerkussings. Niks. Hy voel al langs die oppervlak. In ’n hoek vat sy vingers iets raak. ’n Plastiekkapsule, kleiner as sy ondervoortand, maar leeg. Hy sit dit in sy baadjiesak en beweeg na waar die reuke vandaan kom. ’n Lang tafel staan teen die buitemuur van die slaapkamer, naaste aan die flat se ingang. ’n Halfmeter bo die tafelblad is ’n rak opgesit. Hierop staan instrumente wat Foos nie ken nie, maar Wakinyan se aandrang op parfuum sou dit kon verduidelik. ’n Koperpotjie met twee bolle staan bo-op ’n gasstofie. Hier is die reuk van grond en blomme die sterkste. Foos haal een van ’n gros blomblare wat halfnat in ’n sif lê uit en druk dit in sy sak.

“Maak dat jy daar uitkom.” Foos raak koud. Die discreet automatic answering op sy Pulse. Dis Dick. “Smeg is op pad boontoe.”

“Shite,” sluk hy, maar hy beweeg nie dadelik nie – hy wil iéts kan wys.

Hy tel botteltjies op, maak blikkies oop, trek die laaie onder die tafel oop. In die laaste laai lê ’n boek.

Saadstories. Die prent voorop is van ’n plant wat nie soos ’n plant lyk nie. Hydnora africana, staan dit in ’n dun handskrif, net bo S.M., 2063. Wat het Wakinyan gesê? It’s not a cookbook, but it might look good on your shelf. Foos zip die boek in sy baadjie toe.

Die spoed waarteen hy die touleer tref, maak dat hy rondswaai. Dit sit hom ’n paar sekondes terug. Daar’s nie simpatie vir trespassers in Meconium nie. Die privaatheid wat daar is, is reeds te min. Toe sy hande aan die dak raak, begin hy hom optrek. Hy is nog besig om die touleer op te trek toe hy die voordeur hoor oopklik. ’n Lig gaan iewers in die flat aan. Dit moet Obees se slaapkamer wees. Foos druk die skuifgat se knop.

Sodra sy asem reëlmatig is, seilkruip hy terug na die Cleanbot-kas. Hy kyk op sy Pulse. 21:45.

* * *

Dick sky sy Pulse voor die sensor. Toe die Kweekhuis se sydeur oopgaan, tree Foos sywaarts in, sy oë op die donkerte tussen die Kweekhuis en MecRec. Die jong man se manier van doen staan Dick aan. Hy weet dis nie sy training nie.

Hy sit sy hand ’n splitsekonde op Foos se skouer en begin dan met die trap oploop. As die suspies in iemand se DNA sit, is training ’n formaliteit.

Foos sit die boek, die kapsule en die pap blomblaar op Dick se tafel neer. Dick tel die blaar eerste op.

“So Couis is nog steeds besig met sy parfuumstokery?”

“Jy weet daarvan?” vra Foos.

Dick knik.

“Vir vyf jaar na die Hardskip moes ons die mense dophou wat Meconium eers in ’61 gejoin het. Alle LateEntries – soos Couis – het flats op die boonste verdiepings van Discov-blokke gekry. Voor intrek het ons die air vents so aangepas dat ons toegang tot die flats kon kry. Couis het rondom 2065 met sy stokery begin. Ons het niks daaromtrent gedoen nie, want die nadraai van die Toilog het ons besig gehou en ons was meer geïnteresseerd in die oorsprong van sy rou produkte.”

“Kon julle dit spoor?”

“Die eerste tien jaar het ons. Dit word ingesmokkel via Close Enough – wilde roosmaryn, soms lavender; dis die tweede keer waarvan ek weet dat hy rose in die hande kry.” Dick tel die leë plastiekkapsule op. “Daar’s ’n vrou in sy blok wat by hom parfuum koop en vir ons samples gee.”

Dick ruik aan die kapsule. “Waar was dit?” vra hy.

“Onder die leerbank se sitplek.”

“Well done for spotting it. Daai fokker van ’n Wakinyan probeer my fool.”

“Hoekom? Smeg het aangegaan oor die kapsules. Hy moes die saad uit die kapsule gehaal en dit –”

“Huh-uh, nie Smeg nie. Hy sou nie die kans vat nie. Hierdie kapsules is ’n graad van seed-saving high tech wat Meconium skaars kon nadoen. In fact, ons kón dit nie nadoen nie.”

Dick haal die koevert wat Wakinyan vir hom gegee het uit die laai en wys dat die seun kan sien.

“Wakinyan het hierdie sade uit hulle kapsule gehaal voor hy dit vir my gegee het. Hy het somehow geweet dit sou my … Die leë kapsule moes uit sy sak geval het in Smeg se flat.”

“Wakinyan het verwys na ’n vriend. Toe hy met Smeg gepraat het – ’n vriend vir wie hy die saad gewys het en wat hom … Klink of hy hom raad gegee het.”

Dick knik.

“Weet jy waar die kapsules vandaan kom?” vra Foos.

“Almal het ’n weergawe daarvan gehad. Ons, die Chinese enklawe, maar die beste kapsules is gemaak deur ’n organisasie wat volgens alle intel van die aardbol af verdwyn het. Hulle saadbank was legendaries in die 30’s, maar later het ons begin dink dit is al wat dit was: ’n legende. Ek sal die kapsule moet laat ontleed. Het hy iets oor die boek gesê?”

“Hy’t gesê hy dink Smeg sal dit meer waardeer as jy.”

Dick glimlag. “Dankie, Foos. Dis baie werd.”

Die seun bly. Dick voel afwagting. Hy maak die boek oop. Hy maak of hy lees, want hy’s bang vir wat kom. Foos het al ’n paar keer begin vrae vra oor sy ouers, maar Dick het die storie nog elke keer doodgepraat en gesê MaJo weet beter. Vanaand het hy besonder min krag vir die topic óf om dit te sidestep.

“Weet jy van die incest-saak teen Julie Cloete?” spoeg Foos die vraag uit.

“Ja. Ek is … Ek het gehoor van die vonnis.” Dick maak die boek verlig toe.

“Dis … Julie is onskuldig. Meconium het hierdie keer te ver gegaan.”

“Foos, julle Hardborns sal nie …” Hy sit die kapsule op die boek neer, soos ’n strepie onder die “S” van die voorletters: S.M. “Dis nie Meconium wat te ver gegaan het nie,” sê hy. “Divusity se mag lê daarin dat niemand weet hoeveel mag hulle het nie. As jy Julie se onskuld wil bewys …” Hy bedink hom. “As ons Julie se onskuld wil bewys, sal ons Divusity moet impliseer. Op my ouderdom is vyandemaak niks, maar jy moet mooi dink.”

“Hoe? Hoe kan ons Divusity impliseer?” vra Foos.

“Kom ons praat môre. Dit was ’n lang dag.”

“Ek is op herwindiens tot 13:00 en 14:00 begin my skof by Communications,” sê Foos.

“Kry my 13:10 in MecRec by Gholfsim 2.”

Foos knik. “Ek sal daar wees.”

Stof

Подняться наверх