Читать книгу Die laaste karretjiegraf - Athol Fugard - Страница 4

Оглавление

Die eerste saad vir Die laaste karretjiegraf is reeds vyftig jaar ge­lede geplant. Die oomblik is aangeteken in die eerste bladsye van die nota­boek wat ek destyds pas besluit het om as ’n daaglikse skryf­oefening te hou:

“Mom joined us in our room tonight after supper for a chat about ‘the old days’. A marvellous fund of stories about her family, the Pot­gieters, at Middelburg, Cape. The family had a small Cash Store (basic groceries). One day when Mom ran the shop, a coloured woman travel­ling by donkey-cart with her husband had given birth to a baby at the side of the road and she went to help. There was no one. Nothing. No clothes for the baby. Just rags. She collected cast-offs from the whites in Middelburg and gave them to the woman. When she went back in the morning to see how they were, they had gone, baby and all.”

Daardie beeld – ’n donkiekar, ’n vrou wat besig is om geboorte te skenk, en ’n jong Afrikaner-meisie – het deur die jare by my gebly, met die moontlikheid dat ’n storie daaroor vertel moet word. My ma se versoek, kort voor haar dood, om haar te belowe om eendag ’n verhaal in haar taal te skryf, het daarby aangesluit – Elizabeth Magdalena Potgieter was ’n trotse Afrikaner-vrou. Toe uiteindelik, twee jaar gelede, met die vooruitsig van my opkomende tagtigste verjaardag, het ek besef die tyd het aangebreek om daardie belofte aan my ma gestand te doen en my afspraak met die Karretjiemense van die Karoo na te kom. Maar hoe en waar om te begin, was die vraag. Die antwoord was voor die hand liggend … Google.

Die eerste trefslag was die magister-verhandeling in antro­po­logie van Adriana Steyn. Ek het dit afgelaai, deurgelees en besef ek het afgekom op die bron van al die inligting wat ek benodig. Ek het mevrou Steyn gekontak en met kenmerkende Afrikaner-vrygewigheid het sy my volledige toegang tot haar dertien jaar van navorsing en veldwerk gegee. Ons het saamgespan en die resultaat van ons poging is die toneelstuk wat vanaand hier opgevoer word. Soos ek telkemale in die verlede gedoen het, het ek besluit om die regie van hierdie première-vertoning – wat heel moontlik my laaste toneelstuk is – te behartig.

Athol Fugard

Regisseur / Medeskrywer

Athol Fugard is ’n Suid-Afrikaanse dramaturg en geleent­heids­regisseur en -akteur. Sy vyftig jaar van dramaturgie sluit in: The Blood Knot, Boesman and Lena, Master Harold … and the Boys, The Road to Mecca en The Train Driver.

Die laaste karretjiegraf

Подняться наверх