Читать книгу Uit die Beek 2012 - Attie van Wijk - Страница 88

Donderdag 22 Maart

Оглавление

Lees Handelinge 10:9–16.

Kyk anders na mense

“Wat God rein verklaar het, mag jy nie onrein ag nie” (Hand 10:15).

“Nou goed, Jesaja, jy kan maar hier op my plaas vir die plaaswerkers kom dienste hou,” sê die knorrige ou boer in die diep apartheidsjare, “maar ek wil darem vir jou sê, as ek eendag in die hemel kom en ek kry swart mense daar, dan vat ek my hoedjie en loop.” (Hy het natuurlik ’n ander woord vir swart mense gebruik!) “Ai Meneer,” was evangelis Jesaja se wyse antwoord, “dan kry ek jou baie jammer, want in die plek waarheen jy dán gaan, is daar éérs swart mense!”

Petrus moes dieselfde boodskap leer. Vir God gaan dit nie oor kultuur of volk nie. Jesus het gekom sodat alle volke, tale en nasies gered kon word. Petrus het toe nog gedink die evangelie is net vir die Jode. Sy kop moes nog geswaai word sodat hy mense soos God kon sien. Daarom het die Here met hom begin werk deur hierdie visioen wat hy op die middag gesien het terwyl hy besig was om te bid. Dieselfde visioen van die onrein diere kom drie maal na hom toe, om dit duidelik te maak dis nie net ’n droom nie. Dis ’n boodskap uit die hemel: Jy mag niemand onrein ag nie.

Baie van ons sal kan getuig hoe die Here ook met ons oor hierdie saak gewerk het. Een leraar vertel dat hy nou die dag geseën is toe hy beroof en sy motor geskaak is toe hy sy huishulp gaan aflaai het. Die mense wat vir hom omgegee het, wat die polisie op eie koste gebel het, wat hom beskerm en skuiling gegee het en hom bemoedig het, was swart mense uit daardie omgewing. Hy het geleer dat die boewe maar ’n klein minderheid is, en dat die meerderheid nie met hulle saamstem nie.

GEBED: “Here, help my om my vooroordele te oorkom en om alle mense soos U te sien.”

Lees vanaand in Handelinge 10:17–23a hoe Petrus toe reg kon reageer toe die “heidense” boodskappers opdaag.

Uit die Beek 2012

Подняться наверх