Читать книгу Jakkals Vrou In Rooi - Dawn Brower - Страница 7
HOOFSTUK EEN
ОглавлениеDie son skyn helder in die lug en die wind waai liggies oor Dame Charlotte Rossington se gesig. Die tuin by haar vader, die Markies van Seabrook, se Londense huis het net begin blom. Hulle was maar nog net botsels, maar hulle het beloftes gemaak om pragtige blomme te word wanneer hulle hul piek bereik. Sy het haar hand uitgesteek en haar vingers oor die klein blommetjies laat gly en geglimlag.
“Is jy seker hierdie plan van jou is wys?” het haar beste vriendin, Lady Pearyn Treedale, gevra. Haar donker lokke was vasgesteek in ‘n ingewikkelde bolla, maar ‘n paar slierte het losgekom in die wind. Haar blou oë was dieselfde kleur as die lug. Sy was ‘n ware skoonheid en eendag sal sy ‘n Dame wees, as haar verloofde hom ooit verwerdig om terug te kom na Engeland. Pearyn het nie gelyk of sy omgee dat hy nie daar is nie, of ten minste is dit wat sy gereeld genoeg verkondig aan Charlotte ... Sy geniet die samelewing sonder dat dit pla om ‘n vryer te vind. In sommige opsigte het Charlotte haar beny. Sy wou baie graag nie deelneem aan enige gebeurtenisse nie.
“Dis die enigste manier wat ek my moeder kan laat verstaan wat ek wil hê. Haar enigste begeerte is om my getroud te sien en babas te kry.” Charlotte het haar neus teensinnig opgetrek. “Ek het meer verlange en begeertes as wat gevind kan word in troubeloftes en jare se getroude lewe. Sy het miskien geluk gevind by my vader, maar ek verkies baie meer as liefde om my toekoms te onderhou.” Miskien eendag sal sy nie omgee dat ‘n man haar hart steel nie, maar nie vir ‘n lang tyd nie. Charlotte wil tyd alleen hê om te ontdek wie sy is diep binne haar en sy wil skryf. Sy het so baie idees en sy wil tyd hê om hierdie stories binne haar op papier te kry. Om hierdie stories met die wêreld te deel is haar grootste droom. Sy gaan dit nie kan doen as haar moeder haar forseer om deel te neem aan die Seisoen nie.
Pearyn het haar asem diep ingetrek. “Ek verstaan. Regtig, maar ek kan nie help om te wens daar was ‘n beter manier nie.” Sy het haar mond in ‘n frons vertrek. Dit was nie ‘n mooi gesig op daardie pragtige gelaat nie. “Die skandaal...”
“Is die rede hoekom ek dit doen,” het sy haar vriendin herinner. “My moeder sal dan geen ander keuse hê nie. Sy sal moet toegee dat ek na Seabrook terugkeer. Daar kan ek die skandaal afweer en ek sal in vrede gelos word om my eerste roman te skryf. Dit sal werk, ek weet dit sal.” Haar moeder, Rosanna, die Markiesin van Seabrook, sal woedend wees.
“Ek hou nog steeds nie daarvan nie. Met jou by Seabrook, sal ek alleen wees hier in Londen die hele Seisoen. Ek sal jou mis,” het Pearyn gesug. “En met jou in afsondering, sal jou moeder nie soos gewoonlik ‘n huisparty hou nie. Die een by Weston Manor sal ook buite bereik vir jou wees. Dit voel net ekstreem.” Sy het haar hand op haar heup geplaas en haar kop gekantel. “Is die skryf van jou boek dit werd om alle sosiale interaksie te verruil vir maande se afsondering?”
Charlotte het haar kop flink geknik. “Ja, ja en ja,” het Charlotte gesê. Net die gedagte van haar alleen om te skryf .... het haar hart met geluk gevul. “Dit sal nie so sleg wees nie. Ons kan nog steeds vir mekaar skryf en ek het my familie. Wel, my Vader en Moeder. Ek is nie seker wat Rhys sal besluit om te doen nie. Hy mag dalk tyd spandeer in Londen saam met sy vrou.”
Voor haar broer Rhys, Die Graaf van Carrick, getrou het met Gravin Hyacinth, was Charlotte opgewonde oor die idee van balle, aande uit, musiek blyspelle – enigiets wat die samelewing aangebied het, by te woon. Haar jong hart het dit gesien as ‘n geleentheid, en in sommige maniere was dit. Die eerste jaar was wonderlik. Totdat sy gedink het sy het verlief geraak en die kalant haar hart gebreek het. Van toe af wou sy nie meer iemand vind nie. Dit het te seer gemaak toe die man van haar drome haar brose hart verbrokkel het. Sy sal veel eerder beheer neem oor haar lewe en hierdie skandaal was die eerste stap.
Pearyn het haar vingers op die bankie getrommel terwyl Charlotte in die tuin paadjie op en af geloop het. “Ek veronderstel jy wil hê ek moet jou vergesel op hierdie strewe van jou.”
“Ek sal daarvan hou as jy sou,” sy het opgehou loop, Pearyn se blik ontmoet, en gesê, “Dit gee my verklaring geloofwaardigheid.” Die rykes en beroemdes sal in elk geval notisie neem van Charlotte, maar saam met Pearyn sal hulle die aandag kan trek van enige heer wat ongelukkig naby is. In ag geneem dat sy verloof is, het dit hulle almal nader getrek. Hulle het gedink hulle kan haar dalk oortuig om haar verlowing te verbreek. Wat hulle nie verstaan nie was dat sy daarvan gehou het om verloof te wees, maar Pearyn het eintlik geen begeerte gehad om te trou nie. Sy wou nie liefde enigsins meer hê as Charlotte nie.
“Goed dan,” het sy ingestem. “Ek sal bly wees om jou te help om jouself te ruïneer.” Sy het diep gesug. “Dis alles eintlik dramaties. Ek hoop net die eindresultaat is waarvoor jy hoop. Ek sal dit haat as hierdie uitgebreide plan van nul en gener waarde is.”
“So het jy nou al verskeie kere gesê.” Charlotte het gegrinnik. “Jy is waarlik die beste vriendin wat ‘n dame kan hê.” Toe klap sy opgewonde haar hande. “Ek kan nie wag nie.”
“Ek kan,” het Pearyn droog gesê. “As dit eers gedoen is sal ek jou sekerlik eers weer oor die Kersseisoen sien.”
“Moenie suur wees nie,” het Charlotte haar getugtig. “Dit is onbetaamlik.”
“Nou klink jy soos jou moeder,” het Pearyn onsmaaklik gesê. “Ek dink nie jy is so verskillend soos jy beweer nie.”
Hulle het dalk ‘n klompie ooreenkomste, maar nie veel nie. “Ons lyk nie eers veel na mekaar nie. My kleur is meer soos my vader s’n.” Haar hare het dieselfde goue tint as haar vader s’n, maar haar oë is ‘n blou skakering iewers tussen haar moeder en haar vader s’n. Selfs haar broer het ook meer soos haar vader gelyk. “Moeder het gereeld genoeg daaroor gekla. Sy het eenkeer gesê dat as sy nie geboorte geskenk het aan ons nie sou sy nie geglo het ons is haar kinders nie. Dit was baie kras van haar om dit hardop te noem.” Sy het gegiggel. “Maar om regverdig te wees, ons was nogal stoute kabouters op daardie stadium.”
“Daaraan twyfel ek nie,” het Pearyn geantwoord. “Jy kan nogal ‘n feeks wees van tyd tot tyd.” Sy het haar blik vernou. “Na hierdie storie, gaan hulle jou meer sien as ‘n jakkals vrou. Is jy voorbereid op al die negatiewe geskinder?”
Sy het lank en hard hieroor gedink. Charlotte sal nie geniet wat sommiges openlik oor haar sal sê nie. Sommige kommentaar sal selfs .... steek. “Dit sal niks wees wat genot voorstel nie, maar ek glo ek dan selfs die felste kritiek deurstaan.” Meeste daarvan sal van haar eie moeder se skerp tong afrol. “As ek eers terug is by Seabrook, sal ek nie nodig hê om deel daarvan te wees nie. So ek kan maak asof hulle absoluut niks sê nie. Ek sal in vrede my skryfwerk doen en die hele skandaal vergeet. Ek sal orraait wees.” Sy het vir Pearyn geglimlag. “Ek waardeer jou kommer oor my welstand baie.”
“Aangesien jy bedank het,” het Pearyn begin, “beter ons begin voorberei vir hierdie skandaal van jou. Ek sal stalle toe gaan en ons perde regkry. Ontmoet my daar wanneer jy jou klerekas aanpassings gemaak het.”
“Perfek,” het Charlotte gesê. “Ek sal jou by die stalle oor twintig minute ontmoet. Dit behoort my nie lank te neem nie. Ons moet weg wees van die huis en in Hyde Park voor my ouers terugkeer van hulle middagete by die Hertog en Hertogin van Weston.”
“Toe,” het Pearyn gesê en met haar hand gewaai. “Daar is nie tyd om te verloor nie.”
Charlotte het huis toe genael en met die trappe op gehardloop na haar slaapkamer. Daar het sy haar rok, onderrok en onderklere afgestroop. Toe het sy ‘n paar van haar broer se ou broeke aangetrek saam met ‘n linne help, onderbaadjie en baadjie. Sy was gelukkig genoeg om ‘n ou paar rystewels ook te vind. Charlotte het haar hare laat los kom en dit gevleg, toe in ‘n knoop gedraai in haar nek. Toe haar hare vas was, het sy ‘n manshoed op haar kop gesit. As dit nie vir haar boesem en kurwes was nie, sou sy maklik as man gesien kon word, as mens vinnig kyk. Tevrede met haar handewerk, het sy met die trappe af gehardloop, versigtig sodat niemand haar sien nie, en toe uitgegaan stalle toe.
Pearyn het reeds op haar perd gesit en ‘n stalkneg het die teuels van Charlotte se merrie vasgehou. Sy het hom nie gevra om haar te help om op die perd te klim nie. Sy het Pearyn gevra om vir haar ‘n gewone saal op te saal en was bly om te sien die kneg het haar instruksies gevolg. Charlotte het na die blok toe geloop en self op haar perd geklim. Broeke was so bevrydend! Sy sou moes maniere uitdink om dit meer te dra. Sy kan soos ‘n man ry en nie bekommerd wees oor ‘n kantsaal nie. Sy het na Pearyn gedraai en gevra, “Is jy reg?”
“Neem ons ‘n chaperone?”
“Dit sal die doel ondermyn, of hoe?” Sy het aan haar onderlip gekou. “Is jy bekommerd oor jou reputasie?” Charlotte wou nie haar vriendin enigsins benadeel nie.
“Ek sal orraait wees, maak nie saak hoe nie,” het Pearyn haar vertel. “Ek bekommer nie oor ‘n goeie maat nie. Ek rol in die geld en ek het ‘n verloofde, as hy besluit dat om die kontinent deur te reis raak vervelig en kom terug Engeland toe. Ek was onseker hoeveel van ‘n skandaal jy wil veroorsaak, dis al.”
“Wel, as jy nie omgee nie...”
“Ek gee nie om nie,” het Pearyn Charlotte verseker, dan ‘n knie in die kant van haar perd gedruk en die merrie laat loop. Charlotte het dieselfde gedoen en toe het hulle hul pad na Hyde Park gevind.
Hulle het vir die grootste deel van die pad nie gepraat nie. Charlotte was te senuagtig om woorde te vind. So ver het alles verloop volgens plan. Die res moes volg. Anders, was die hele skema vir niks. Sy het haar lippe angstig teen mekaar gedruk terwyl sy langs Pearyn ry. Uiteindelik het hulle die park bereik en die perde op die regte pad gestuur. Hyde Park was die plek om gesien te word, en ‘n groot deel van die ‘ton’ het hier kom stap of ry in die laatmiddae. Daar was dalk nie so baie in die tuin soos gewoonlik nie, maar dit was grootliks omdat die Seisoen nog nie in volle swang was nie. Vroeg in die lente was nog vroeg, omdat die meeste nie voor Mei sal terug wees nie. Steeds was daar genoeg van die opper kors in Hyde Park vir Charlotte se doel.
“Kyk hulle vir ons?” het sy hard aan Pearyn gefluister.
“O ja,” het sy haar verseker. “Daar is nogal ‘n paar besprekings en ‘n paar kyke, en vingers wat wys in jou rigting.
Sy het dit gehaat om die middelpunt van aandag te wees. Charlotte wou nooit die bella van die bal wees nie. Dit haar baie beter gepas as sy net ‘n paar rondtes kon dans en dan kon verdwyn na die biblioteek toe. Partymaal kon ‘n bal pret wees, maar sy het dit meermale gehaat. “Goed so.” Die inkom van skinderbekke sou verseker dat sy gesien word by Seabrook teen die einde van die week....miskien vroeër.
“Jy was reg,” het Pearyn gesê. “Die dra van mansklere het definitief hul aandag getrek. Miskien meer as wat jy verwag het.” Daar was ‘n bietjie ontsag in haar stem terwyl sy deur die park kyk. “Wil jy nog steeds een maal reg rondom ry?”
“Ja,” het sy gesê. “Dit moet volledig wees.”
Al het sy begin wonder of sy haar verstand verloor het. Hoe verder hulle deur die park ry, hoe meer lede van die ton het begin praat... en hard. Sy het ‘n klompie onvriendelike woorde gehoor wat sy wens sy het nooit gehoor nie. Charlotte het haarself herinner dat dit was wat sy wou gehad het, maar dit het nie minder seer gemaak nie...
Hulle het die einde van die paadjie bereik en die uitgang was uiteindelik in sig. Sy het gevries. Haar ouers het daar by die park saam met die Hertog en Hertogin van Weston, die park binne gestap. Charlotte het nie daardie uitkoms verwag nie. Sy het gedink sy sal tyd hê om huis toe te gaan en ander klere aan te trek en dan die geskinder hulle laat bereik. Haar ma se oë het gerek en haar pa het na haar gedraai. Sy oë het teleurstelling geglinster. Dit het seerder gemaak as die harde woorde. Sy het dit gehaat om vir haar pa onaanvaarbaar te wees...
Charlotte het hard gesluk en haar kop hoog gehou. Die tyd om om te draai was verby die oomblik toe sy die tuinhuis verlaat het in ‘n mansbroek. Sy het dit aspris gedoen en nou moet sy die prys daarvoor betaal ... wat dit ook al mag wees.