Читать книгу Jakkals Vrou In Rooi - Dawn Brower - Страница 8

HOOFSTUK TWEE

Оглавление

Die kommosie in die park moes Collin, die Graaf van Frossly, se aandag getrek het. Normaalweg sou dit, maar hy het te veel in sy gedagtes gehad. Hy het in die park in gery, meer uit gewoonte as wat hy enige begeerte daarvoor gehad het. Sy hings het geblaas en sy kop gelig asof hy vir ‘n nabye perd knik. Dit het hom geamuseer. Het die twee ‘n soort groet gedeel?

Collin het sy teuels ingetrek en sy perd tot stilstand gebring. Sy goeie vriend, Cameron, Die Heer van Partridgdon, het langs hom gestop. Hulle het saam gery in gesamentlike stilte. Nie een van hulle het veel te sê gehad nie en was gemaklik daarmee om nie te gesels nie. Die graaf is terug in Engeland na ‘n kort reis. Cameron was meer uit die land as tuis – sy manier om die huwelik te vermy wat sy familie hom gedwing het om mee in te stem. As hy nie het nie, sou die Heerdom geruïneer gewees het. Die verlowing het vroeë fonds uit die meisie se bruidskat om dit te volhou. Cameron het die kontrak gehaat en die idee om te trou met ‘n vrou aan wie hy verbind was nou al vir twee dekades. Sy was maar ‘n kind toe hulle die kontrak geteken het.

Collin se situasie het nie veel beter voorgekom nie...

“Waaroor dink jy gaan daardie voorval?” het Cameron die stilte gebreek.

Hy het sy skouers gelig. “Ek is seker ons wil nie weet nie. Dit is dalk deurweek met drama en nie een van ons wil deel daarvan word nie.”

“Jy is dalk reg,” het Cameron saamgestem. Hy het sy oë vernou en oor die park gestaar. “Die een meisie lyk bekend.”

Collin het ook in die rigting van die kommosie gekyk. Hy het nie die twee dames herken nie. Hy het gefrons. “Dra die blonde meisie ‘n broek?”

Wat het die dame gedink? Hy kon nie aan een rede dink hoekom ‘n vrou so braaf sou wees nie. Al moet hy erken hy was nogal nuuskierig oor haar nou. Wat was die rede? Het sy gehoop om ‘n heer se aandag te trek? Dit was nog steeds nie die regte manier om op te tree nie. As sy gehoop het om aandag te trek, het sy dit verseker reg gekry, maar hy twyfel of dit die tipe is wat sy wou hê. Sy sal elke helsem en skelm in die ton se aandag trek.

“Sowaar,” het Cameron gesê. “Ken jy hulle?”

Hy het sy kop geskud. “Ek probeer om uit die beleefde samelewing te bly. My suster sal hulle dalk herken. As sy hier was, sou ek gevra het.” Sy suster, Kaitlin, was nou al vir vyftien jaar gelukkig getroud met die Graaf van Shelby. Haar drie kinders het haar goed besig gehou ... twee seuns en ‘n pragtige dogter. “Maar sy is nie beskikbaar nie, as ek moes raai.” Hy het na Cameron gedraai. “Hoekom, is jy geïnteresseerd?”

Cameron het gefrons. “Die ander dame,” het hy begin. “Nie die een in die broek nie,” het hy verklaar. “Sy is dalk my verloofde.”

“Aha,” het Collin gesê, wat skielik verstaan. “Ons beter dan haastig raak. Sal nie werk as sy besef jy is in Engeland nie, sal dit?”

“Nee,” het hy saamgestem en gefrons. “Sy’s liefliker as wat ek onthou.” Die laaste deel was gemompel, maar Collin het dit nogtans gehoor.

Het hierdie klein uittog Cameron iets gegee om oor te dink? Die donkerkop meisie was inderdaad pragtig. Ten minste wat hy van haar kon sien. Maar die blonde meisie .... die waaghalsige een ... iets omtrent haar het hom geïnteresseer. Die feit dat hy elke kurwe kon sien wat in daardie broek uitgewys word het nie veel vir die verbeelding oorgelaat nie. Sy het nie hierdie skema van haar deurdink nie. Elke opregte man sal haar kenmerke aantreklik vind en Collin was ver van heilig af.

“O, nee,” het Collin gesê toe die Hertog en Hertogin van Weston, saam met die Markies en Markiesin van Seabrook, die park binne loop. Eers toe het hy besef presies wie die blonde meisie was, of belangriker, wie haar ouers is. “Die kommosie gaan nou sleg uitdraai.”

Cameron het ‘n wenkbrou gelig. “Ek verstaan nie.”

“Ek glo die Markies van Seabrook se vrou gaan nou haar enigste dogter se nek omdraai.” Cameron het nou na die twee pare mense gekyk en toe weer na die twee meisies wat die kommosie veroorsaak.

“Aha,” het sy vriend gesê en gegrinnik. “Dit mag dalk die moeite werd wees om te sit en kyk hoe die toneel uitspeel.” Hy het sy kop geskud. “Nie seker of ek dit wil waag nie. Dis jammer ons kan nie bly nie.”

“Waar,” het Collin saamgestem. “Die Hertogin van Weston mag dalk bewys sy het ‘n rede om kwaad te wees. Sy leer my niggie, Marion, bietjie mediese praktyke en sy is nie wat die ton beskou as ‘n tipiese dame nie. Sy het meer ... progressiewe idees.”

Cameron het gesug. “Dis beter dat ons haastig raak. Die ton is te besig om te skinder oor wat voor hulle gebeur, so ons kan ‘n vinnige ontsnapping maak.”

“Lei die weg,” het Collin gesê.

Hy sal veel eerder terugkeer na sy Oom Charles, die Graaf van Coventry, se huis. Hy moet gaan dink hoe om sy huidige situasie te hanteer. As Cameron nie onverwags opgedaag het nie, sou hy in die studeer kamer gebly het en die leggers van sy eiendom deurgegaan het. Sy eiendom bestuurder het genoeg gehad en verdwyn en van wat hy vertel is, het die man alles in ruïnes gelos. Hy het fondse uit die boedel gesif en niks van die herstelwerk gedoen nie. Collin sal dalk na Peacehaven moet reis en in sy herehuis gaan bly totdat alles gedoen is na sy sin. Hy kan niemand anders daarmee vertrou nie.

Collin moet nog met die polisie praat oor om die man te soek. Hy het dit gehaat dat hy in London geleef het, en ‘n hoë lewe geleef het, terwyl hy skoon besteel is. Wat ‘n gek was hy nie. Hy moes al lankal na sy eiendom toe gegaan het. As daar nie soveel pyn betrokke was oor sy erfhuis nie, sou hy. Hy was nog nooit weer op Peacehaven vandat sy ouers oorlede is nie. Hy was nie seker hy kon soontoe gaan sonder dat sy hart in stukke geruk sal word nie, maar nou het hy nie veel van ‘n keuse nie. Niemand anders kon dit vir hom doen nie en dit was tyd dat hy groot word en ophou om sy verantwoordelikhede te vermy.

Hulle het park verlaat sonder dat iemand agterkom. Collin het terug gekyk vir die laaste keer na die dame in die broek. ‘n Deel van hom het gehoop hulle paaie kruis weer. Hy wou haar vra oor hierdie avontuur en die rede daarvoor. Dit sal ‘n interessante storie wees.... Hy sal haar seker nie gou weer sien nie. Hy sal binnekort in die platteland wees, begrawe in die huis die herstelwerk en plaas opdaterings. Niks daarvan het enigiets te doen met ‘n onkonvensionele dame wat haar perd ry in die park in mans klere nie...


Charlotte het in haar kamer heen en weer geloop, waar sy heen verban is vandat hulle terug is by die huis. In haar kamer het sy die mans klere uitgetrek en weer haar eie onderklere en rok aangetrek. Haar ma sal ‘n floute kry as sy afgaan sitkamer toe met die broek aan. Vir ‘n oomblik het sy gedink haar ma gaan haar daar in die park bydam. Sy kan nie onthou dat sy die Markiesin al so ooit so kwaad gesien het nie. Haar gesig was so blosend dat dit met ‘n helder rooi appel gekompeteer het.

Haar ouers is ongelooflik kwaad. Baie kwater as wat sy gedink het hulle sou wees... Die skema van haar het na goeie manier geklink om haar sin te kry. Nou bevraagteken sy die waarheid van wat sy geglo het. Sy het dit gehaat om haar ouers teleur te stel. Veral haar pa ... sy het hom nog altyd bewonder vir sy brawe optrede tydens die oorlog. As sy ooit trou, hoop sy die heer vir wie sy haar hart gee, kan net so dapper wees. Nie dat sy hoop die land gaan weer enigiets wat na oorlog lyk deurgaan nie, maar sy soek nog die kwaliteit om diep te wees in haar fiktiewe liefde voor sy hom haar hart gee. Dit lyk nie na te veel om te vra nie...

Die deur van haar slaapkamer het oop geswaai. ‘n Diensmeisie het ingekom en gebuig. “Verskoon my, mejuffrou,” het sy gesê. “U moeder en vader vra u teenwoordigheid in die salon.”

Haar hart het swaar in haar bors geklop. Hier is dit. Die afrekening vir wat sy veroorsaak het sodat sy permissie kon kry om terug te reis na Seabrook. Sy sal die vryheid hê om haar novelle te voltooi sonder bekommernis oor enige sosiale verbintenisse. Charlotte het hard gesluk en ‘n versterkende asem in getrek. “Dankie, Mildred,” het sy vir die diensmeisie gesê. Sy was trots dat haar stem so egalig klink. Haar stem het nie die senuagtigheid wat deur haar liggaam ratel weerspieël nie. Dit was ‘n wonderwerk dat sy nie onbeheerbaar gebewe het nie. Vir een of ander rede het sy getwyfel dat vraag nie die woord was wat haar ouers gebruik het nie – eerder beveel of geëis. Vra sou beteken dat sy ‘n keuse het. Charlotte was baie seker eis was die korrekte woord om te beskryf wat haar ouers van haar verwag het.

Sy het voor die deur van die Salon gestop en nog eens haar asem ingetrek. Vir een of ander rede het sy gedink sy het dit nodig vir die komende konfrontasie. Charlotte het vorentoe getree en die salon binne gegaan. Sy het haar kop hoog gehou. Dit sal haar niks help om swakheid te wys nie. Haar ouers, so veel soos wat sy hulle lief het, was genadeloos. Hulle sal haar laat terughardloop na haar kamer as sy hulle toelaat om haar met woorde te kasty. Dit beteken nie hulle was ongeskik nie. Haar ouers was nog altyd liefdevol en koesterend terwyl sy groot geword het van kind tot jong vrou, maar hulle het ook nie dwase verdra nie. Charlotte kan wed dat hulle haar dade as dwaas verby beskou.

Haar ma het rustig gelyk met geen een van haar middernag hare uit plek nie. Daar was nie veel kleur in haar gelaat nie, net ‘n skimp van pienk. Weg was die donker rooi kolle en niks anders as romerige vel het oorgebly nie.

“Julle wou my sien?” Dit was nie bedoel om ‘n vraag te wees nie, maar het so uitgeglip...

“Sit asseblief,” het haar pa gesê terwyl hy wys na ‘n stoel naby die bank waarop hulle albei reeds gesit het. Haar ma het kalm ‘n koppie tee geskink en twee klonte suiker bygevoeg. Sy het toe ‘n slukkie geneem asof sy nie op die punt was om straf uit te deel nie. Genadeloos...

“Ons gaan nie jou dade bespreek nie,” het haar pa begin. Sy goud blonde hare was deurmekaar. Hy moes sy hand ‘n paar keer deur sy lokke getrek het uit frustrasie. “Dit is nutteloos om die besonderhede van die insident te herhaal. Wat gebeur het, het gebeur.” Hy het sy glas gevul met amber vloeistof en ‘n sluk geneem. Nie tee vir haar pa nie... Dit was brandewyn in daardie glas. Sy het haar pa na drank gedryf. Sy was nie seker hoe sy daaroor voel nie. Miskien moes sy skaam voel, en miskien was sy, maar sy het haar doel bereik so sy sou op hierdie paadjie moes bly as sy hoop om die einde daarvan te sien. “Wat ons gaan bespreek is wat ons besluit het om te doen oor hierdie situasie.”

Haar ma het ‘n botterbroodjie opgetel en dit met konfyt gelaai en ‘n happie geneem. Gaan sy Charlotte ignoreer regdeur die gesprek? Op ‘n manier .... het dit seergemaak. “Ek verstaan,” het sy geantwoord. Op ‘n manier het sy daarin geslaag om haar stem emosieloos te hou. Sover het sy dit alles sonder probleme hanteer. Sy kan dit doen.

“Het jy enigiets te sê vir jouself?”

Charlotte het haar kop stadig geskud. Dit sal niks help om haar dade te verdedig nie. Sy het aangetrek soos ‘n man en deur Hyde Park gery ... aspris. Daar was geen verskoning wat aanvaarbaar is nie. “Ek het geen wens om enige verdediging uit te dink oor my dade nie. Ek sal aanvaar wat u besluit.” Daar was net een plek waarheen sy gestuur wou word. Sy het gebid dat haar klein eskapade in die park nie verniet was nie. Hulle moes haar huis toe stuur. Hulle moes net. Charlotte het dit gehaat dat sy haar ouers enige angstigheid veroorsaak het, maar die veroorsaking van ‘n skandaal was die enigste manier om te verseker dat hulle haar huis toe stuur. Sy sal niks daarvan verander nie. Dit sal haar gee wat sy die meeste wou hê... om terug te keer na Seabrook. Daarvoor kan sy nie haarself toelaat om skuldig te voel of om terug te staan vir wat sy wou hê nie. Haar ouers het nie verstaan wat sy wou hê nie, en daarom moes sy hulle dwing om te doen wat sy nodig het. Selfs al is hulle dan teleur gestel in haar.

“Dis is wys van jou,” het haar pa haar vertel. “Veral omdat jy nie keuse het nie.”

Dit het nie... goed geklink nie. ‘n Voorbode het diep in haar maag gaan sit. “Alles reg...” sy het hard gesluk. “Wat het julle besluit?”

“Ons het ‘n paar opsies gehad,” het haar pa begin. ‘n Paar? Daar was net een: Seabrook... Wat het hy bedoel? “Seabrook is altyd ‘n opsie, maar as ons jou huis toe stuur, leer jy nie ‘n les nie. So dit gaan glad nie werk nie.”

Haar hart het tot op haar voete gesink en haar maag het begin pyn. Wat is besig om te gebeur? Waarheen stuur hulle haar? Dit was verkeerd, alles verkeerd. “As ek nie huis toe gaan nie, waarheen gaan ek dan?” Het sy dit alles verniet gedoen? Sy het nooit gedink daaraan dat hulle haar nie Seabrook toe sal stuur nie. Dit... sy het geen woorde gehad oor hoe dit haar laat voel nie. Sy moet sterk bly. Miskien kon sy dalk nog haar doel bereik, selfs al het dit nie presies verloop soos sy dit wou gehad het nie.

‘n Glimlag het op haar ma se gesig gevorm. Dit was amper ... dreigend. “Ek het gedink dis wat jy wou gehad het.” Sy het haar tee neergesit en Charlotte se oë ontmoet. “Jy gaan by jou Groot Tante Seraphina bly. Sy leef alleen en dit sal tot haar voordeel wees om jou by haar te hê vir die volgende paar maande.” Haar gedagtes het verdwyn vir ‘n paar minute terwyl daardie informasie insink. Sy was teleurgestel dat sy nie huis toe gaan nie, en hulle stuur haar na ‘n plek wat sy gaan haat. Hulle straf haar, soos sy verwag het, maar so deeglik dat sy begin spyt raak oor wat sy gedoen het.

Tant Seraphina ... was antiek. O, dit was seker ‘n oordrywing. Charlotte wou nie volgende paar maande in haar tante se geselskap deurbring nie. Sy sal wil praat en sosiale geleenthede bywoon; alles dinge wat Charlotte wou vermy. Hierdie storie speel nie uit soos sy beplan het nie, maar sy kon nie teruggaan en alles verander nie. Sy het dit aan haarself gedoen en sy moet die beste maak van haar situasie. Hoe erg kan dit wees?

Jakkals Vrou In Rooi

Подняться наверх