Читать книгу Heuning uit die swarthaak - Donald W. Riekert - Страница 13
Die pofadder
ОглавлениеDie pofadder lê
een tand mond oop
oor Boesmanland
sy lang tong
laat staan die son stil
rooi in die waas
van sy groot asem
sodat vir baie jare
die veld droog is
en niks wou groei
net brakbos blom