Читать книгу Heuning uit die swarthaak - Donald W. Riekert - Страница 5

In die begin

Оглавление

In die begin het

die Skepper die groot

wilde-olyf op Thamoanche

se nek gevel en uit die

taaihout die eerste man

gekerf daarna die

wilde-olyfolie saam gemaal

met die blommetjies

van die swarthaak tot die

vrou opstaan uit die

jonasklip en in die geur

van heuning die olyf

uit daardie man se hand eet

Heuning uit die swarthaak

Подняться наверх