Читать книгу Gebede vir elke vrou - Nina Smit - Страница 3
ОглавлениеHere,
dankie vir die voorreg om ’n vrou te kan wees.
Vir die baie vreugdes wat dit kan bring –
die liefde van ’n lewensmaat,
die afhanklikheid van kinders.
Help my asseblief om elke dag my verantwoordelikhede as vrou
met vreugde na te kom: om ’n tuiste te skep;
om my dierbares te versorg en my huis netjies te hou.
Gee dat ek ook in my buurt en gemeente
my rol as vrou sal vervul deur van my talente en van myself te gee. Dankie dat ek weet die hoogste vervulling van my vrouwees lê in my liefde vir U.