Vlam van verlange
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Schalkie van Wyk. Vlam van verlange
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
Отрывок из книги
Vlam van verlange
Schalkie van Wyk
.....
Nee, sy is laf om ’n hond met haar ma te vergelyk. Monster is soos ’n uitbundige kleuter wat enigiets sal doen om liefde te kry en haar met ’n stertswaai bedank vir elke tikkie aandag wat sy aan hom gee. Selfs al sit sy en lees, lê hy met sy groot kop op sy voorpote en staar haar met oënskynlike aanbidding aan totdat die slaap hom oorval.
Haar ma was altyd so volkome in beheer van haar werk en haar lewe, en veral van haar emosies, dat sy haarself nie die tyd gegun het om demonstratief te wees nie, dink sy. Nee, sy jok vir haarself. Haar ma kon liefde gee aan die mense wat saak gemaak het in haar lewe – soos haar pa en Arnold. Vreemd, sy was nooit jaloers op haar ma se liefde vir Arnold nie, want sy het van kleins af aanvaar Arnold behoort aan haar ma soos wat sy aan haar pa behoort het, besef sy nou.
.....