Schalkie van Wyk Keur 10
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Schalkie van Wyk. Schalkie van Wyk Keur 10
Отрывок из книги
Die grondbaron
.....
“Dan trek Tannie-hulle sommer nou dadelik in?” vra Erika, bly dat haar en Henno se losieshuis uit die staanspoor ’n sukses is, maar bekommerd dat dit dalk in ’n privaat hospitaal omskep sal word met soveel siekes.
“Sommer nou dadelik, ou diertjie. Die son trek water en dis ’n ver ent van hier op die bult tot daar onder in Kerkstraat waar ek bly, daarom sal ek jou ewig dankbaar wees as jy vir my en Jackie met jou motortjie kan huis toe neem. Vandat Henno my vertel het van julle planne met Drie Eike, het ek begin inpak en ek is as ’t ware gereed om dadelik te trek. Ek bestuur nou nie self motor nie, maar as jy ons kan huis toe neem, sal ek en Jackie en Karen op ons eie stoom terugkom hierheen.”
.....