Читать книгу Rooiland - Tertius Kapp - Страница 4
Stel
Оглавление’n Sel in ’n Suid-Afrikaanse tronk: Dit is so beknop dat die bewoners voortdurend in mekaar se pad is. Daar is twee stapelbeddens (of ’n driedubbele stapelbed en ’n matras), ’n lessenaar, ’n kas, ’n televisiestel, ’n radio, ’n toilet en ’n wasbak in die sel. Die vierde muur is waar die tralies sou wees. Agter teen die oorkantse muur is twee klein vensters, met tralies, wat na die ooste wys, sodat ligte daardeur kan skyn om dagbreek te suggereer. Teen die mure is ’n verskeidenheid van plakkate en ornamente – alles van charismaties-Christelike simbole tot pornografie, graffiti, kuns, kruise, brandmerke, bloedspatsels. Die TV is klankloos aan, e.tv se laatnag- mak pornografie afgewissel deur speletjiesprogramme. Die TV kan aan- en afgeskakel word na die regisseur se keuse. Daar is ’n radio wat af en toe hoorbaar raak met musiek van die regisseur se keuse.[1]