Читать книгу Trekkerswee - Totius - Страница 5

’N WOORD VAN INLEIDING

Оглавление

__________

Die versies verplaas ons bo op die Rand, ongeveer waar Johannesburg nou lê. Daar het oom Gert, ’n trekker, met vrou en enige dogter, gaan woon. Later kom oom Koos, ’n kolonis, wat in die nabyheid grond gekoop het. Sy seun Willem raak verlief op Dina, oom Gert se dogter. Nadat die twee famielies saam Perdekraal-fees gevier het, gaan Willem en Dina trou.

Die twede verse-reeks beskrywe die ontdekking van die goudvelde en die opkoms van Johannesburg, maar ook die verleiding waaraan Willem en Dina, wat by oom Gert inwoon, blootgestel word en waarvoor hul beswyk. Die twede stuk eindig dan met die groot Boer-Britse oorlog.

Die derde verse-reeks verplaas ons in die tyd toe die Unie tot stand gekom het, en beskryf die treurige einde van oom Gert en Dina.

Dis die simpele storie, waarop die hele gedig gebou is.

__________

Ons kan hier nog byvoeg, dat die S.A. Akademie, deur die vrygewigheid van generaal Hertzog, in staat gestel is om jaarliks ’n milde geldprys vir letterkundige werke uit te loof. Die prys vir 1915 werd aan hierdie gedig toegeken.

Trekkerswee

Подняться наверх