Читать книгу Breek - Barrie Hough - Страница 3

Оглавление

OORTREDER

Van kleins af weet ek daar’s goed waaroor nie gepraat word nie.

Dit is asof daar in die niemandsland tussen my en my ouers ’n kampie met doringdraad gespan is. Op ’n geroeste bord wat in die wind piep, staan: Oortreders sal vervolg word.

Op die dor lappie aarde waaroor ek soms droom, lê ’n motorwrak met ’n stukkende voorruit, ’n skommelstoel wat omgeval het, ’n teddiebeer met een oog wat aan ’n garedraad hang en met grys wollerigheid wat by die stukkende nate uitpeul, en ’n hopie klippe. Niks groei daar nie. Nie eens onkruid nie.

Daar was ’n tyd voor Ma. Maar dis ’n tyd wat hoort tot die kampie. En ek is ’n oortreder.

Breek

Подняться наверх