Читать книгу Kobra - Деон Мейер - Страница 6

4

Оглавление

Hulle voel die druk, die dringendheid van tyd wat wegglip.

“Cyril was a friend to me,” sê Marcus Frank, die Duitse eienaar. “A valued employee.”

Bennie Griessel weet die risiko is groot dat Cupido iets gaan vra soos “So why did you make him wear a slave uniform?” en daarom sê hy: “You have our condolences, mister Frank. Now, one of the …”

“Our reputation is in tatters,” sê Frank. “The media is waiting at the gate.”

“I understand. But one of the guests is missing, and we have to move as fast as possible. Can you tell us what mister January was doing at the guesthouse last night?”

Frank maak ’n hulpelose handgebaar in die rigting van ’n steeds tranerige Christel de Haan.

Die vrou sit haar bril op en sê. “He cleared the dinner table, and lit the fire.”

“What time?” vra Cupido.

“At exactly nine o’clock.”

“How do you know that?”

“That was our agreement with them.”

“The bodyguards?”

“Yes. Breakfast at exactly eight o’clock, house cleaning at nine, lunch at one, dinner at eight p.m. Final clearing and hospitality at nine. They are very strict, they have a lot of rules.”

“Like what?”

“They screened all our people. Only six were cleared to work when they rented the guesthouse, two for breakfast, two for house cleaning in the morning, and two for dinner and evening hospitality. It made things very difficult …”

“Why?”

“Because sometimes members of our staff are ill, or they want to take a vacation …”

“So why did you rent the house to these people?”

“They pay almost double the going rate.”

Cupido skud weer sy kop in verwondering. “O.K. So Cyril January was one of the cleared people?”

“Yes.”

“How did it work? Did he have keys?”

“No, no, if they wanted to enter, they had to call one of the guards when they were at the door.”

“How?”

“With a cell phone. They had to say a code word. They had to say ‘breakfast in the green room’ if it was safe, or ‘breakfast in the red room’ if they thought there was danger.”

“Jissis. And then the guard unlocked the door?”

“Yes.”

“But you said there were two people serving dinner?”

“Yes. Cyril’s daughter …” De Haan se oë verwater, en haar stem raak hees. “I’m sorry. His daughter, she’s only eighteen … She served dinner with him, and they cleared the table, and then she left with the trolley. Cyril was doing hospitality …”

“What does that mean?”

“Chocolates on the pillows, check the bathroom supplies, like soap and shampoo and shower gel and hand cream, and light the fireplace …”

“Do you know what time he usually finished?”

“Between nine and half past.”

“And his wife thought he went to town last night?”

“He did that sometimes.”

“Where would he go?”

“To friends.”

“And he would stay out all night?”

“Sometimes.”

“What was the procedure when he left the house?” vra Griessel.

“He just left, and they locked the door behind him.”

“And this morning?”

“One of our agricultural workers saw Cyril’s body. At about six thirty, on his way to report for work. And then he saw the front door of the guesthouse was open …”

“O.K.,” sê Cupido, “we’ll have to speak to the daughter … We have to speak to all the staff in about …” hy kyk na sy horlosie, “in about an hour’s time. Can you assemble them for us?”

* * *

Cupido begin raas toe hulle na die kar toe loop, soos Griessel geweet het hy sou.

“‘They pay almost double the going rate.’ Dis die probleem met hierdie land, Benna. Dis net naked greed, no fucking ethics. Almal wil net score, dis skep, pappie, skep, voor doomsday kom. Seventy thousand bucks vir ’n week se personal security? Ons is in die verkeerde jop, ek sê jou. Fokken daylight robbery. En daai lesbetariër wat vir mý wil kom bliksem? Vir wat? ’Cause I tell it like it is? Sy kan nie daai doen nie, ek meen, wat sê jy? There’s just no appropriate response vir ’n lessie, jy’s gefok as jy sê kom traai, jy’s gefok as jy jou bek hou. Da’ moet ’n law wees teen daai soort ding. Vir my kom bliksem, met seventy thousand in haar gatsak en haar Calvin Klein-suitjie en daai hare … En wat is dit dié? Duitse owner van ’n boereplaas met ’n Franse naam waar ’n Brit gekidnap is. Fucking United Nations of Crime, dis wat ons nou word. And why? ’Cause they bring their troubles here. Soos daai Franse by Sutherland, en die Dewani-ding, and who gets the rap? Suid-fokken-Afrika.”

Hulle klim in die kar.

“Ek sê jou nou, die perpetrator gaan ’n foreign citizen wees, ma’ dink jy die TV gaan daai sê? Not on your life, dan’s dit net weer ‘crime-ridden society’, al daai kak. It’s not right, Benna. Vir my kom bliksem. Ma’ hulle screen die volkies in slave uniforms en lat hulle agter die wittes se gatte skoonmaak tot tienuur in die aand. Chocolates op die kussinkies, I ask you, vir ’n Brit wat sy troubles saam met hom bring, chocolates op die kussinkies …”

“Forensies is hier,” sê Griessel toe hy die wit bussie by die gastehuis sien staan, langs die SAPD-fotograaf se Corolla en die twee ambulanse.

“Hulle sal moet gat roer – ons sal die Brit se kamer moet search.”

“En Die Giraffe.” Want langs die groot Ford Territory van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke – die DPMO, of Valke – staan die lang, skraal kolonel Zola Nyathi, bevelvoerder van die Geweldsmisdaadgroep.

* * *

Griessel rapporteer so bondig as wat hy kan, want hy was die eerste Valk op die toneel. Hy is bewus van die kolonel se skerp oë op hom, met daardie stoïsynse, onleesbare uitdrukking wat nooit verander nie.

Toe hy klaar is, sê Die Giraffe: “I see,” en staan kop onderstebo en nadink.

Eindelik: “You’re JOC on this one, Bennie.”

“Yes, sir.” Sy hart sink, want die laaste ding wat hy in sy huidige toestand nodig het, is die verantwoordelikheid van ’n gesamentlike operasionele bevelvoering, die sogenaamde Joint Operations Command.

“You already have Vaughn. How many more people do you need?”

Hy weet die Valke hou van groot spanne wat vinnig en hard kan slaan, maar hy is steeds skepties oor dié aanslag. Te veel mense wat in mekaar se pad kom, veral op ondersoekvlak. En hy weet bevel beteken nie altyd beheer oor die trant van die ondersoek nie. “Four detectives, sir.”

“You sure?”

“Yes, sir.”

“I’ll get Cloete out. And start oiling the consulatory wheels.”

Kaptein John Cloete is die Valke se media-skakeloffisier. En Griessel weet hulle gaan met die Britse konsulaat al die hulp nodig hê wat hulle kan kry. Want al is die Britte nie so erg soos die Kanadese nie, en die Kanadese nie so moeilik soos die Chinese nie – ambassades is nie gretig om hul landsburgers se inligting te deel nie, veral wanneer daar misdaad betrokke is. En hulle is almal in elk geval burokratiese doolhowe. Daarom sê hy: “Thank you, sir.”

Hy sien hoe Nyathi se blik op hom talm voor die kolonel knik, omdraai en na sy voertuig toe stap. Hy weet dit is omdat hy so sleg lyk. Hy verwyt homself weer. Hy moes nie gisteraand …

“Kom, Benna,” sê Cupido, “ons gaan kyk hoe ver Forensies is.”

* * *

In Dorpstraat op Stellenbosch, voor Oom Samie se Winkel, staan ’n toerbus.

Tyrone Kleinbooi sien die toeriste op die sypaadjie. Europeërs, hy herken hulle aan die bleek bene, die kleredrag. Hy wonder nie meer waarom Europese en Amerikaanse besoekers die enigste mense in Afrika is wat die safari-uitrustings koop en dra nie – die jagbaadjies (met plek vir ammunisie), die Livingstone-helms of breërandhoede, die stewels.

Sy sintuie verskerp. Hy fokus op die groep wat wag om by die bus se deur in te klim. Agter staan ’n middeljarige vrou met ’n groot raffia-skouersak. Maklike teiken. Sy sal aanraking verwag van ander toerlede. Haar beursie sal in die sak wees, heel onder, in die middel, groot en bonkig, gelaai met rande en euro’s en krediet- en kontantkaarte, ryp vir die vinnige vat. Al wat hy hoef te doen, is om die haarknippie met die klein geel sonneblom wat in sy broeksak lê, in sy linkerhand te versteek, voor haar te buk en te maak of hy dit optel.

Uncle Solly: Ek het ’n appie gehad wat daai trick met geld getraai het, ’n ten rand note. Hy flash dit so vir die mark, en die mark se attention gan daatlik na sy wallet toe. Now that’s just stupid. Jy gebruik iets wat colourful en mooi is. Ma’ nie geld nie.

“I think you dropped this, ma’am,” sê hy sag, intiem, vertroulik, met sy groot, onskuldige kyk-hoe-eerlik-en-oulik-is-ons-locals-glimlag. En sy even features. Met sy regterskouer byna teen haar.

Met haar oë en al haar aandag verbaas op die knippie, sal sy regterhand in die sak inglip, die beursie sekuur en stewig vasvat.

Sy sal straal van dankbare welwillendheid, want kyk, hierdie whiteys uit die noorde is black people pleasers, voel seker nou nog skuldig oor al die koloniale kaskenades. Sy sal haar hand na die knippie uitsteek, en dan haar kop skud. “Oh, thank you, but it’s not mine.” Hy sal met sy regterskouer liggies aan haar stamp terwyl hy sy hand uit die sak trek, die beursie in sy sak druk.

Die uittrek is die key. Smooth and fast. Hou die wallet regop, lat hy nie vashaak nie – the last thing you want at that crucial moment is a snag. En onthou, daar’s ander mense wat kan watch, so jy soek almal se attention op die dropped object, you hold it high and handsome. And then you get the wallet out of sight, en jou hand uit jou pocket uit. Wys hom virrie mense, hier’s my innocent hand.

Hy sal sê: “My apology, ma’am.”

Sy sal in ’n Hollandse of Duitse aksent sê: “No, please, don’t apologise.” Behalwe die Oostenrykse vrou, twee jaar gelede, wat “thank you” gesê het en die knippie uit sy hand gevat het. Hy het laaste gelag. Die wins uit haar beursie was amper tweeduisend rand.

Hy sal glimlag, omdraai, wegstap, terugkyk en vir haar waai. Don’t rush it. Saunter, Ty. Ma’ jy’s aware, want jy wiet nooit …

Hy is tussen die toeriste, by die vrou, reg, elke senu-eindpunt tintelend, die adrenalien loop nét genoeg.

En dan sê sy kop nee, moenie.

If it feels wrong, walk away.

Hy sien die twee sekuriteitswagte net anderkant die winkel, hulle oë op hom.

Hy loop verby, na Markstraat, en sy suster se woonstel.

Kobra

Подняться наверх