Читать книгу Daan Dreyer se blou geranium - Derick B van der Walt - Страница 4

Оглавление

Vooraf

Vooraf

“Jy’s mos die man wat die ou van Numsa verdedig,” sê die meisie met die toutjieshare en die reuse-borste. Sy pluk ’n notaboek uit die sak oor haar skouer en hou ’n pen gereed.

’n Mannetjie met rasta-hare begin van Daan foto’s neem. Daan kry warm. Hy voel benoud. Hy wikkel sy das los. Die sweet slaan op sy voorkop uit.

Hy skud sy kop. “Nie eintlik nie,” kry hy dit uit.

“Maar –” sê die meisie.

“There he is!” roep die mannetjie met die rasta-hare en hardloop na die hof se hoofingang. Hy gaan staan in die portaal en begin vir die vale foto’s neem. ’n Horde persfotograwe swerm nader. Die meisie met die deinende borste hardloop agter hulle aan.

“Sorry, foutjie!” skree sy oor haar skouer vir Daan. “Maar jy lyk nogal na hom!”

“Ek is maar net hier . . .” roep Daan agter haar aan, maar sy hoor hom nie.

Hy haal sy das af. Hy sien die Numsa-man staan, omraam deur die hof se voordeur. Daan herken hom van al die mediablootstelling wat die man die laaste twee weke gekry het. Hy lyk korter as op televisie, en moeg. Die mense bondel om hom. Die kameras flits.

“Ek’s eintlik maar net hier om te kyk hoe lyk die skeihof,” sê Daan vir die man wat die sypaadjie voor die hof vee.

Die skoonmaker kyk nie na hom nie.

Daan Dreyer se blou geranium

Подняться наверх