Читать книгу Die dingesfabriek 2: Jannus en Kriek onder die see - Elizabeth Wasserman - Страница 4

Die wêreld van Jannus en Kriek

Оглавление

Ons helde:

Doopname: Jannewario Frederikus Knoets en Krisantalia Renostrum Knoets, algemeen bekend as Jannus en Kriek. Hulle is min of meer agt jaar oud, en hulle is ’n tweeling.


Adres: Huis Deurmekruis, Onder Afrit 7 van die snelweg, Naby die dokke

Hulle ouers:

Knersius en Soetlief Knoets. Knersius is die speltoetser van ’n groot uitgewery. Soetlief is ’n gevaarlike spioen.


Hulle troeteldier:

’n meerkat met die naam van Meneer Snoek. Sy is ’n wyfiemeerkat, maar haar voornaam is Meneer en haar van is Snoek.


Hulle oupa:

Hy is ’n avonturier, ’n uitvinder en ’n baie onvoorspelbare ou man. As hy nie iewers anders is nie, bly hy onder Huis Deurmekruis, waar hy allerhande interessante dinge doen en goeters uitvind in sy kelderlaboratorium. Sy brein is so groot en so besig dat dit vir hom moeilik is om aandag aan gewone dinge te gee. Miskien raak hy net ’n bietjie deurmekaar van ouderdom, want hy noem alles wat hy nie kan onthou nie “dinges”.


Wie is Zip?

Is hy een van Oupa se uitvindings? Niemand weet wat hy is of waar hy vandaan kom nie, maar hy het gehelp om hierdie boek te skryf.


Die dingesfabriek 2: Jannus en Kriek onder die see

Подняться наверх