Die einde van die wêreld
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Johannes Bertus de Villiers. Die einde van die wêreld
Отрывок из книги
Die laaste man op aarde
Dit sal nie heeltemal akkuraat wees om te sê Jakkals het gevlúg nie. Hy was in sy middel veertigs en het in sy lewe al genoeg tyd in die wildernis deurgebring om te weet jou kans op oorlewing is beduidend beter as jy deeglik voorberei, en dus het hy eers kaarte van sy tuisprovinsie, die Oos-Kaap, gefynkam om ’n gepaste berg binne ry-afstand van sy huis te vind. In boeke het hy nagevors watter voorrade hy sal benodig. Op Google Earth het hy lugfoto’s deurgesoek vir ’n diep, versteekte kloof wat lopende water het en so onbegaanbaar is dat geen vreemdeling tydens die Laaste Dae sy kosvoorrade sou kan kom steel nie.
.....
Jakkals en Nick kyk my ’n oomblik fronsend aan, terwyl ek ’n bietjie laf voel oor dié vermoede wat ek nog nooit hardop uitgespreek het nie. Ek beskou myself as ’n rasionele mens, as iemand wat hom op wetenskaplike feite verlaat, maar geruime tyd reeds knaag dit aan my: Hoekom is almal nóú skielik so bekommerd?
Uiteindelik sug Jakkals. “Wat praat jy alles?”
.....