Читать книгу Die afwesigheid van berge - Louis Esterhuizen - Страница 6

Hoe kan jy vertel hoe dit is

Оглавление

die straat, blinkwit geskrik een middag laat

toe die man aan die bopunt verskyn

en die groepie seuns

met ’n kartondoos vir paaltjies

nog altyd krieket speel in die pad

terwyl twee bejaarde vroue al geselsend

verbygestap kom met iewers

in die buurt ook nog die moeë bouers

se geduldige hamerslae – monotoon,

soos die hond se onsekere geblaf

toe die vreemdeling ’n oomblik lank

huiwer, dan verder,

al met die winter se blaarlose stiltes

langs – dit is hoe dit is in die tuin

waar ’n skeefgedrukte boom

houding probeer vind

teen aanklagte

van heersende wind –

Die afwesigheid van berge

Подняться наверх