Читать книгу Noudat slapende honde - Ronelda S Kamfer - Страница 7

Noudat slapende honde

Оглавление

Noudat slapende honde wakker is

en ek my helde in rock n roll en gangsta-rap gevind het

jaag die meid my nog steeds soos ’n skadu

Noudat ek Afrikaans praat

en ek die labels van my klere afgeknip het

soek die verlede my nog steeds in die reën

Noudat ek oud genoeg is om te verstaan

en te jonk is om te onthou

Nou! word ek eers remind

Noudat ek net mense sien

en my tekort aan kuns en kultuur

my harregat gemaak het

nou’s ek goed genoeg

om deel te wees van die stelsel

Noudat my ouers van my hou

en ek die Happy Hotnot-mentality

opgebom het

nou’s ek ’n fokken hero

Maar saans

net voor ek gaan slaap

smeek ek die donkerte

om my weer bang te maak

Noudat slapende  honde

Подняться наверх