Читать книгу Noudat slapende honde - Ronelda S Kamfer - Страница 8

die baas van die plaas

Оглавление

vir Mammie

ek het ’n ouma

wat net een taal praat

sy vertel my stories van baas Willem

en dr. Metzler

hoe goed baas Willem vir haar was

sy kon altyd eerste kies

watter ou klere sy wou hê

sy vertel van myle stap dorp toe

en hoe baas Willem haar voor

in die bakkie laat sit het

baas Willem het gesê haar kinders

hoef nie die standerd 10 te maak nie

hulle gaan mos op die plaas werk

en help met die kinders grootmaak

dr. Metzler het gesê

my ouma se kinders confuse hom

hulle’t ’n immorality in hul oë

hy sê my ouma kan dankie sê

die laaste een is doodgebore

daai een se naam

sou Judas gewees het

Noudat slapende  honde

Подняться наверх