Читать книгу 'n Lewe voor God - Stephan Joubert - Страница 67

2 MAART Lees Spreuke 2:1-12

Оглавление

Systap verkeerde paaie

Dit sal jou weghou van die verkeerde pad af … (12).

Die lewe is soos ’n pad. So vertel die Spreukeboek oor en oor. Soos dit maar met enige pad gaan, moet ’n mens seker maak dat jy op die regte roete is. So nie, verdwaal jy en beland waar jy nie moet wees nie. Omdat daar soveel afdraaipaaie en verdwaalpaaie op die lewenspad is, is dit noodsaaklik dat jy weet waar die regte pad is en hoe om daarop te bly. Spreuke sê dat die beginpunt van die pad die Here is. Alle wysheid kom van Hom af. Hy en Hy alleen is die Waarheid, die Lig en die Lewe.

Hoe kry ’n mens die regte pad na God toe? Spreuke sê dit is heel eenvoudig: Maak maar net jou ore oop en luister na God. Dan stap jy op sy pad. Ware kennis en insig kom net van die Here af. Daarom moet ’n mens maar elke oggend by sy voete gaan sit en die pad vra. Jy moet elke keer opnuut hoor wat die regte pad is wat jy moet bewandel.

Wanneer ’n mens by die Here die pad gaan vra, weet jy Hy sal die regte koers aanwys. Hy sal jou reg lei. Hy sal sorg dat jy nie verdwaal en agter verkeerde dinge aanloop nie. Dit waarborg God swart op wit in sy Woord. Hy sal jou op hierdie pad veilig bewaar. Wat ’n belofte! Gryp hierdie kans met albei hande aan.

Here, ek kom vra in Jesus se Naam vandag die regte pad by U.

'n Lewe voor God

Подняться наверх