Читать книгу 'n Lewe voor God - Stephan Joubert - Страница 73

8 MAART Lees Spreuke 8:1-21

Оглавление

Wysheid praat

Dit is Wysheid self wat roep (1).

Wysheid is ’n vrou! Ja, die Spreukeboek stel wysheid voor as ’n vrou wat langs die lewenspad stelling inneem. Haar droom is om die wêreld te verander met haar “handelsware”.

Wysheid se taak: Om almal wat by haar verbystap te roep om by haar te kom leer.

Wysheid se “handelsware”: insig, kennis, waarheid, verstand en ’n vol en vervulde lewe op die Here se pad.

Waarom moet mense by Wysheid kom koop? Omdat haar “handelsware” meer werd is as goud en silwer. Dit bied aan elkeen nuwe lewe.

Wysheid se vyande: hoogmoed, verwaandheid, haat, slinkse woorde en ’n verkeerde lewe.

Die uitkoms vir elke “koper”: sukses, nuwe insig, hulp vir mense in leiersposisies, rykdom, geregtigheid, eer, meer as genoeg om van te leef.

Die keuse is joune. Stel jy belang om Wysheid se ware te bekom? Terloops, dit is gratis. Vra maar net vir die Here om jou lewe te kroon met sy wysheid. Wysheid staan juis vandag langs jou lewenspad.

Ek loof U, Here, dat u wysheid ook my pad gekruis het.

'n Lewe voor God

Подняться наверх