Читать книгу Kristalvlakte - Amy Jephta - Страница 7

’n Nota oor taal

Оглавление

Hierdie teks is geskryf met kennisname van die verskeidenheid wyses waarop Kaaps deur verskillende skrywers gebruik word, en ook van die onderlinge verskil tussen variëteite van Kaaps uit verskillende gebiede. Dit is onvermydelik dat konsekwente skryf­wyses soms in die slag moet bly tussen pogings om verskillende karakters se taalgebruik akkuraat weer te gee.

Die leser moet in gedagte hou dat die taalgebruik van karakters spesifiek ontwerp is om betekenisvolle aksentverskille aan te dui, en dat hierdie verskille ook in die skryfwyses van woorde en gebruik van leestekens opgeneem is. Waar klankomvorming algemeen in alle dialekte plaasvind, word dit nie weergegee nie. In sekere gevalle sou fonetiese skryfwyses verwarring skep, en is daarop staat­gemaak dat akteurs tipiese uitspraakvorme sal volg (byvoorbeeld ‘lekke(r)’). In sommige gevalle is daar ook besluit om fonetiese keuses aan die spreker oor te laat. ’n Algemene voorbeeld is karakters se uitspraak van ‘j’ aan die begin van ’n woord (‘jy’/‘djy’). Aan die een kant is daar ’n karakter soos Dominee, wat meestal die sagte ‘j’ sal gebruik. Tussenin is daar keuses wat aan die regisseur en akteurs oorgelaat word.

Om met soveel veranderlikes absolute reëls op te stel, sou afbreuk doen aan die uitdrukkingskrag van die teks, en daar word gehoop dat die leser toegeeflik sal wees waar reëls of riglyne nie slaafs nagevolg word nie.

Kristalvlakte

Подняться наверх