Читать книгу Kinnes - Chase Rhys - Страница 5

2

Оглавление

MA MARY

Die Carol try om vi my vir ’n pop te vat, in ’n volle mall taxi. Kô vra vi my: “En toe, Mary, hoe voelit ommie ma vannie dywel te wies?” Sy kry my mos op ’n junk spot. Ek sit heel voo langsie driver en sy’s reg agte, maa ek kan haa sien innie rearview mirror.

Ek sê vi haa: “But jy’t mos ’n bleddie nerve! Wat moet ek an gedoenit? Ek’s mos oek ’n ma! Dais my kin dai!”

Die driver trekkie brakes. “Lyste, ek allow nie bakleiery in my van ie.”

“Amen,” sê Carol van daa agte.

Sy’t dan eeste met my begin. Ek bly maa stil wan ek wietie taxi drivers gooi ’n mens gou yt. Maa soes ôs anry wêk ek myself op, sy kan mos nooit my gesig soe lielik voo anne mense kô afwassie.

Ek kannie wag tot ôs byrie mall ytkommie soedat ek vi Carol byte kan kry. Ooh, my hanne jik. Ôs is ampe daa, ek wil net my earrings ythal, toe hoo ek hoe sing Carol van daa agte af: “By the ATM, please. Just there by the robots, driver.”

Ek wil saam haa daa afklim but, ag, what’s the point, daas baie security byrie ATM’s, soe hulle sal afkee.

Die robots is orange, ôs stop starag, ek maak soes ek praat mettie outjie wat langs my sit, maa ek praat hard soe ammel kan hoo: “Nee, sy gan nou wee ATM toe ommie foreign students se geld te trek. Ja, die universities betaal haa om kos te maak vi hulle students wat Africa, hie innie skiem, wil experience vir ’n weekend. But sy steel dai geld. Ammel wiet.”

Die robots is rooi. Carol sukkel mettie sliding door. “At least wêk ek vi my eie geld,” vetel sy my. Sy kry die dee oep. “En my wêk is legal.”

Ek sê vi haa: “Jy wat Carol is, ek hoep dai ATM machine sluk jou kaat in.”

“Wiet jy wat, nuh, Mary, ek bid vi jou.”

Die robots is al wee groen but dai vrou wiet mossie wanne om haa mond te hou ie.

“Elke oggen en elke aan bid ek dat jy een vannie dae reg sal kom!” Sy staan agtentoe om ’n krys voo haa liggam te maak, sy sienie daa kô ’n rooi convertible vinnag af innie pad gery nie.

“Jy makeerie Here in jou …”

Die kar willie groen robot maak, soe hy brake ie, hy hoot net. Carol skrik soe groot, sy stiek ienik haa hand vi my yt. “Help!”

Maarie kar mis haa net-net. It ry soe vinnag veby haa dat haa floral skirt innie wind opwai, ek sien net pap boure met blou varicose veins.

Yoh, ek lag! Ammel innie taxi lag haa yt. Soes ôs wegry, skrie ek byrie venste yt: “Is goedtjoe vi jou, Carol! Sien jy hoe wêkie Here vi my?”

Soentoe met haa. Ek was mos ’n single mother, het Anwaar allien grootgemaak, soe ek het al lankal geleer hoe om na myself te kyk. Ek wiet nieman annes gan vi my staanie. Daaom hou ek’ie my mond virrie mense nie. Nee, hulle’s soe jaloes. Oo alles!

My neighbours is naar oo my kwaai hys. Ja, is maa net ’n maisonette but my kin en sy tjommies het my hele plek self mooi gemaak. Hulle het binne en byte gepaint. Jirre, toe ek sien Anwaar is op dai hoë leer ommie twiere storey te paint toe kry ek ampe ’n heart attack. Anwaar likes my têg. Hy’t gemaak of hy sy balance daa boe veloo, dan lykit hy gan vannie leer afval, dan haloep ek met oepe arms.

“Dink Mummy Mummy gan vi my vang as ek hie af moet val?” Dan lag hy hom klaa. Hy en sy vriende hettie hele plot gevibracrete. Ek hou vannie hoë mure, wan nou kannie neighbours ie soe reg in my hys kykie. Ek likes my privacy. En hulle’tie niewe burglar bars op allie vensters gesit, vi safety, but die twie hekke byrie voodee was my ever end. Ek vra nog vi my kin: “Anwaar, makee ôs an regtag sukke swaa hekke met soe baie slotte?”

Hy’t gesê: “Ja, die skiem issie meer dieselle nie, Mummy. Ek moet vi Mummy protect.”

Shame, hy was nog altyd baie geworried oo my. Ek sê vi hom: “Nee, my kin, ek makeerie protection ie, ek is al lankal wys vannie mense.”

Ek mean maa, ek sien mos hoe kykie slange my an as ek my hare doen en innie pad af loep. Naai, hulle kan mossie Brazilians ennie mani’s of pedi’s afford nie. But ek wiet hoe issit om swaa te kry. Ek het gechar. Ek het innie oggene five o’clock vannie hys af geloep en dan moet ek nog vi twie ure wêk toe travel. En wee trug hys toe.

Soe issie wêk wat gemaakit lat ek’ie nog baie tyd met my kin kan gespenditie. Ek moet geld gemaakit, anneste hoe sal my kin ge-ietit? En as ek som aane my biesagheid gan doenit dan het ek gewiet Anwaar is safe byrie hys, because ôs was vannie eeste mense innie skiem wat ’n dish-decoder geharrit. Ja, ek herrit nog by my mêrrem gekry.

Anwaar was mal oo dai TV kyk. Innie aane het hy soema sy kombêse en sy kussings gan hal, dan lê hy oppie koue vloe reg voorie TV en wag vi my om hys toe te kô. Shame.

Anyway, ek het my wêk gelos toe Anwaar lekke geld begin maakit.

Ja-nee, my kin het vi my gesôg! “Mummy, all the years you did work to take care of me, nou lat ek vi Mummy ytsort.”

Is Anwaar wattie groot TV virrie lounge gekoepit. My word, die niewe TV’s is massive, nuh, vat amperie hele muur op. Mettie klomp speakers oek by, surrounded sounds, nuh. Of issit nou surrounding sound? Ag, ek ken mossie die niewe goed ie. Technology maak my bang, man. But ja, my seun het kwaai na my gekyk. Ek’t my entjies op tyd gehet en hy’t my ’n ott gegie – oorie vyfhonned rand – om elke wiek casino toe te gan. My wate was betaal, ek hoefie te worry van elke dag lektric koepie.

Ek het hom’ie gevra waavanaan kommie geld ie. My ding was net, as my seun happy is dan is ek tevriede. Eeste het hy nie allow lat sy vriende innie hys kommie. Anwaar en sy tjommies het heeldag en -nag byte ôsse hek gestaan. Maa die varke wat hie innie pad bly likes mos ’n anne mens se liewe dophou. Hulle’t complain van ja, daas gangsters innie pad wat voo my hys staan. Hulle voel kamstaggie meer safe innie pad ie.

My kin het my gesê vannie vrou hie ommie drai, Lizzy. Sallie dingie vi my seun kô threaten ie, sy gannie Boere bel vi hom. Ek is ever soe spyt dat ek vi Anwaar gesêrit hy moet haa net ignore. Vannit net soe los, wat gebee? Die pad se mense, die vylgatte, praat mos onne mekaa en sign soema petitions om my seun hie ytie pad yt te kry.

Jirre, toe Anwaar my dai stukkie vannie signatures vetel, los ek my pot net soe oppie stove, en ek is hie yt my hys yt. Nog in my swirlkous en morning slippers, maa ek worry toe nie wan my bôs was mos warm. Ek vloek van my hek af, tot ek daa by Lizzy se hys ankô. Ek wil mos hê allie pad se piempes moet my hoo. Hulle’t mossie petition by Lizzy se hys gesign.

Ek kloppie ees by haa deerie, ek maakit net oep en straight binne is ek. Ek march reg deerie hys. Maa Lizzy issie binne nie, net haa kleinkin wat TV kyk.

Ek vra vi hom: “Hullo, my darling, where’s your ma?”

Hy sê sy ouma is innie jaat. Hy wil haa gan hal but ek sê: “No baby, sit. Ek sal self jou ouma kry.”

Soes ek deerie kombys loep, gryp ek ’n mes wat oppie zinc lê en ek maakie agtedee oep.

Lizzy is nog biesag om haa washing af te hal, sy sienie vi my nie. Ek loep saggies, ek sliepie my sloffiesie. Toe ek ees reg agte haa staan, skrie ek: “JY!”

Ek wietie hoe sy gemaakitie maa soes sy omdrai, val sy oo haa wasgoedmandjie. Toe ek wee sien, is haa arm annie bloei. Ek gan staan oo haa. “Petitions! Wat try jy dan, huh? Dai is my seun dai, hoo jy my?”

Sy hou haa arm vas en kyk my an met groot oë.

“Oh, nou het jy niks om te sê nie, huh?” Ek wai die mes voo haa gesig. “Wies julle dan? Gan try jou luck êrens annes, nie hierie!”

En ek spieg op haa en drai om en ek spat van haa vyl jaat af. Ek was al ommie drai al toe hoo ek: “Help! She stabbed me! Bellie poeliese! Somebody help!”

Liegbek! Ek hettie ees dai vrou getikkie.

Ek sal omgedrai het om haar rêrag te gan stiek, ek’t mos haa mes vi my gehou, maa luckily was Anwaar dai tyd daa om my trug hys toe te trek: “Mummy, die kos brand vas.”

Anneste sal ek nou in ’n cell gewiesit, is waa. My kin likes ittie as ek soe angannie. Maa ek sê altyd vi hom: “Nee, Anwaar, die mense hie is net plain afjakkerag, thank you. Klaa warrit soe is.” Hulle sug soe op ’n anne mens se success. Ek wietie hoekom ôsse mense soe issie, ôs gun mekaa niks.

Ja, my kin het sy business innie pad gedoen. Soe wat daavan? Issie asof ek my kin se goed weggestiek hettie. Hy is ’n businessman. Ja, Anwaar het tik vekoep, but hy maakit toggie selfie. Dinkie mense rêrag Anwaar-hulle is chemical engineers? My got, Anwaar kan skaas ’n pot rys maak, never mind ’n fresh batch tik! Nou, ek wil net wiet hoekô vra mense dan nooit waavanaan kommie goed ie? Nieman praat van dai nie, maa ek wil wiet wie maakie goed?

Op dai punt kan nieman my stry nie. Ek staan vi my kin! Ek wietie ees hoeveel kee ek al hie af blokke toe issie, wan daas kamstag gangsters wat my kin wil seemaak. Ek loep na famous murderers toe – groot manne wat in en ytie tronk is. Maakie saak watte tyd ie, lat ek net hoo my kin se naam is gemention oppie gron, dan is ek hie af. Ek is mos vi nieman bangie!

Ek sê net vi hulle: “Hullo, hoorie, JY! Dais my kin dai! As jy met my kin môs, dan môs jy met my, vestaan jy my?”

Nee, ek moet soe wies wan allie jare wassit dan net ek en Anwaar. Ienagge ma sallie selle doen.

Kinnes

Подняться наверх