Читать книгу Kinnes - Chase Rhys - Страница 6

3

Оглавление

NICOLE

There’s he! Ek het gedink ek het vir Mr Snuggles verloor, maar hier lê hy onder die bank. Hoe kom hy hier? Ag, it maak nie saak nie, soelank ek hom nou kan vasdruk. Ek kan háár nog an hom ruik. Kyk hoe sit die stof an sy fur vas. Ek moet dit versigtig afhaal soedat ek nie sy hare uittrekkie. Foeitog, Mr Snuggles, jy lyk oek nou soe vaal. Ek onthou toe ek jou gekry het was jy bright pink.

My pa het vir Mr Snuggles huis toe gebring en die teddy bear soe voor sy mond gehou en gemaak soesit Mr Snuggles was wat praat: “Hello, Nicole! Where’s he, where’s he, where’s he? There’s he!” Toe kielie hy my.

Ek was soe opgewonde oor die teddy bear, ek het hom in my mond gedruk, ek kan nog onthou hoe sy nat hare op my tong gevoel het. My ma sê ’n mens kannie dinge soe vroeg in jou lewe onthou nie. “Nicole, jy was een jaar oud toe jou pa met dai teddy bear hie ankom. Jy maak wee goed op.” But I do remember.

Vir ’n lang tyd was Mr Snuggles die enigste memory wat ek van my pa gehad het. Ek was sewe jaar oud toe hy innie see verdrink het. Ek het daai jaar met skool begin en ek onthou daai … Ek weetie, ek het seker my pa uitgeblock. But as ek vir Mr Snuggles vashou, dan kom alles terug.

Ek het gegloe na my pa nie huis toe gekommitie, dat somehow het sy spirit in Mr Snuggles gegaan and so my daddy was still here with me. En daai is hoe hy my geprotect het. Ek het geweet iets was saam my. It felt like Daddy. Toe begin ek met my pa … Mr Snuggles praat. Ek hettie ’n beste vriend gehad nie, so I used to tell Mr Snuggles all my secrets.

Maar een aand het my ma verby my kamer geloep en gehoor hoe lekker gesels ek en ek sê die heeltyd “Daddy”. En toe sy daar inloep en sien dis met Mr Snuggles wat ek soe babbel, toe trip daai vrou.

“Ek hettie tyd vi possessed kinnes en possessed poppe in my huisie! Ooh nee, Lord Jesus, ôs kannitie afford ie. Weet jy hoeveel is ’n exorcism? Ek willie meer hoo jy praat met dai teddybear ie!”

Ek het gehuil. “Now how must I then talk to daddy?”

“Dai pop issie jou pa nie, jou pa is vrek, dammit! Dais maar net ’n pienk mannetjie!”

I couldn’t understand why I wasn’t allowed to talk to Mr Snuggles … my daddy. But it was okay for my mommy to speak to the Jesus ornament in the front-room cabinet. Daais oek ma net ’n pienk mannetjie.

Ek wou nie hê my ma moet vir Mr Snuggles weggooi nie. Toe gesels ek maar nie meer met hom nie – at least nie hardop nie. Ek het met hom in my kop gepraat. I couldn’t help it, hy’t my altyd lat voel dat alles all right gaan wees.

As Mr Snuggles nie langs my innie kooi gelê hettie dan kon ek nie annie slaap raak nie. My favourite game met Mr Snuggles was doctor-doctor. Ek dink dis allie ure van daai speel dat ek decide het ek wil medicine study. My droom was om ’n doctor te wees.

Die skole hier by ons issie die beste nie. But die fees is goedkoop en my skool was net ommie draai van my huis af, soe ons hoef nie te betaal het vir travelling nie. My ma en pa het na dieselfde skool gegaan toe hulle jonk was. Hulle het mekaar daar ontmoet. Daar is ’n paar teachers van my ma-hulle se tyd wat nog altyd daar is. They’re good, but daar is ’n paar vannie nuwe teachers wat rêrag nie educators moet wees nie.

I mean, hulle sê Mrs Davis het gestudy om ’n hairdresser te word but sy leer dan die kinders Natural Science. Ek het my nie uitgesit mettie skoolkinders nie. Ek het nooit na die parties of skool-events gegaan nie. It’s because ek het nie comfortable gevoel nie. Mense freak my uit. Ek het nie geweet hoe om met die ander kinders te praat nie. Ek het vir myself gesê ek is nie by die skool om vriende te maak nie. Ek is daar om hard te werk en goeie punte te kry soedat ’n university vir my ’n bursary sal gee.

Ek wil my undergrad hier in die Kaap doen. Dan wil ek overseas gaan vir my post-grad, somewhere in Europe, êrens koud waar daar nie baie son is nie. En wanneer ek klaar met my residency en alles is en ek is qualified, dan sal ek terug skiem toe kom en my eie doctor’s office hier oepmaak. I want to heal children.

Everything was on track. Ek het hard gewerk om seker te maak my plan werk uit. Toe ons matric begin, was ek die top achiever in ons graad. Ek het klaar my applications ingevul en na die universities gestuur. Ek was gereed.

Toe sit hulle vir Derick in my wiskundeklas.

Kinnes

Подняться наверх