Читать книгу Kinnes - Chase Rhys - Страница 7

4

Оглавление

DERICK

I was turning her away from the sun.

Ek hou die gôdyne toe, ek willie hêrie son moet inkommie. My ma se flat is donke. As sy nie hie issie dan’s ôsse plek stil behalwe virrie geluid vannie toilet wat lek. Die wate seil soes ’n dun see-through slang ytie badkamer na my toe.

Byte hoo ek’ie neighbours. Die couple wat boe bly baklei alwee, hy’t in haa bag gekrap en birthcontrol-pille gevind, nou gooi hy goed stukken daa boe. Die onneste neighbour speel sy radio hard en drai ittie sagte wanne it adverts issie. Hulle maak kos langsan, ek kannie vleis ryk. My mond wate.

Êrens byte hyl ’n baby. Ek onthou. Ek wil my vinges in my ore druk. My kop klop vannie pyn. Skêp wit lig bas voo my oë, it voel daas ’n flash-camera in my brein wat anhou photos vat. Ek kannie ophou onthou ie. Ek voel nat. Waas my ma? Ek kyk op, die paint oppie dak maak blase, swat mufdotjies stiek tienie pregnant bubbles vas en lyk soes evil gesiggies wat my ytlag. Ek maak my oë styf toe en hou my asem op. Die baby skrie hardere.

Ek onthou.

Higher Grade Maths was ampe soes ’n anne taal. Ek’t my mos laat gemaak, ek hettie gewiet ek gan soe sukkelie. Dai eeste dag in Mr Levendaal se klas het hy vi my gesê ek moet by Nicole Lamb gan sit. Sy wassie beste in wiskunde.

Toe ek langs haa innie desk klim, wil ek haa nog groet but sy’t my nie angekykie. Ek dinkie ees sy’t geregister ieman het langs haa kô sittie, sy was net into haa wêk. Ek’t haa die hele tyd soe ytie kant van my oë yt geloe. Ek kon nie onthou as ek ooit mettie goose gepraatitie. En ôs was al jare saam in een skool.

Nicole was altyd daa, but innie background, sy was nooit saam ôs oppie playground ie. Ek het altyd gedink, naai sy’s sturvy, wan sy’t nooit gepraatie. Toe roep Mr Levendaal vi Nicole blackboard toe. Sy moet vi ôs wys hoe om ’n som yt te wêk.

It was warm dai dag. Ek het haa dopgehou soes sy board toe loep. Sy’t haa ponytail om haa hand gedrai en in een vinnagge move was haa hare in ’n perfect bolla geswai. Sy’t nog haar pen gebryk ommie bolla in place te hou.

Yoh, I was mesmerised!

Soes sy biesag byrie board was, het ek haa boek van haa kant vannie desk gevat. Sy’t colourful borders op elke blaai gemaak. Alles straight en presies. It was vi my baie oulik. Complete opposite van my boek. Ek kan gehoorit hoe vinnag kap Nicole die anwood yt oppie blackboard. Sy’t in ’n rhythm gewêk, it het geklink soes ’n heartbeat.

Ek’t gevoel ek moet iets vi haa skryf. Toe wassit ampe asoffie pen vanself bewiegit:

I wish I was white

and thin:

die stuk chalk wat an jou vingers vassit.

Ek wens my naam was X

middelnaam To-The-Power-Of

van Y.

If I was a complex equation would you try to work me out?

In jou hart ken jy die formula.

My answer is U.

Girla byrie blackboard

stiek my pen in jou bolla.

Die next dag het Nicole byte Mr Levendaal se klas gestaan met ’n verrimpelde blaai in haa han. Sy’t my gedig yt haar maths book geskee. Ek was skaam, ek’t straight voo my gekyk soes ek veby haa loep, maak soes ek haa nie sienie. Sy’t annie strap van my Karrimor bag getrek. Toe ek omdrai was sy biesag om wee af die gang te loep. Ek follow haa. Sy’t byrie steps gestop en omgedrai, it was ie eeste kee wat ek eye contact met haa maak. My bôs het soema ingesink, sy’t lettelik my asem weggeslat. Nicole het eeste weggekyk, sy’t die blaai dopgehou.

“Derick, het jy dié gedoen?”

My handskrif lyk soes lielike scribbles, ek wens ek’tie in haa boek geskryfie.

“Weet jy wat, nuh, Derick, ek hou nie eintlik van poetry nie.”

Ek vryf my vookop. “Yes, ek’s jamme, Nicole.”

“Elke Valentine’s Day skryf jongetjies vir my gedigte. It’s always ‘Roses are red, violets are blue, I love you Nicole, please show me your …’”

Sy’t haa hand om haa keel gehou en gesukkel om te sluk, soes ieman wat hard try ommie op te gooi nie. Ek het gebas vannie lag. Sy’t langs my tienie railings kô staan en my saggies met haar elmboog gestamp.

“Dis nie snaaks nie, Derick! Weet jy allie môsagge woorde wat rym met Nicole? But toe ek gisteraand lees wat jy geskryf het … I mean maa, I was blushing at the end. Hoe het jy dai soe gou geskryf? Ek was net ’n paar minute by die board.”

It wassie eeste kee wat ôs met mekaa interact, soe ek kan haa noggie dai tyd soe lekke geliesitie. Ek was nog altyd ie vesieke as sy vannie gedig hou of nie.

“Sorry lat ek in jou boek in gemôsit, Nicole.”

“No, I loved it! Jy’t ’n gift, Derick.”

Ek was vestom. Nicole wassie eeste een wat my writing geliesit. My hand het automatically die pencil van agte my oo gehal, ek wou soema dadelik nog skryf.

“Derick, as jy enige help makeer met wiskunde kan ek vir jou tutor. Miskien, as jy wil, kan ons intervals innie library gaan werk?”

Ek het diep asemgehal, ek was excited dat Nicole tyd met my wil spend en dieselle tyd was ek oek half vebaas vi myself, hoekô was ek an soe into ie idea om mettie goose innie library te gan sit?

Ek het sieke te lank gevat om te respond wan sy sê toe: “Sorry, ek hettie gemean om jou uncomfortable te maakie. Ek weet jy spend jou breaks met jou vriende. Jammer, vir wat sal jy nou jou tyd met my …”

Ek het haa arm getik en sy’t ophou praat. “Nicole, ek sallit love as jy my kan help. Interval is fine, ienagge tyd is fine. Kan ôs soema vedag begin?”

En dais hoe ôs mekaa begin leer kennit. Breaktimes dan kry ôs mekaa voorie library. Ôs het elke dag by dieselle hoekie langsie venste gesit, ôs kannie hele skoolveld van daaboe gesienit.

Dit was nice, daas min kinnes wat nog innie library kô, soe it het gevoel soes ôs ’n bietjie privacy het.

My maths-punte het vebiete. Ek wietie, daas net iets van Nicole, ek dink is haa sagte stem. As ek vi haa gelysterit dan het ek vestaan wat om te doen. Ek wil vi haa dankie gesêrit, ek’tie kroon gehettie soe ek kon nie iets vi haa gekoepitie. Al wat ek het, is my woore.

Ek’t ’n rap song vir Nicole geskryf en georganise met die twins, Gerald-Dene en James-Dene, om my number by hulle eighteenth birthday party te perform.

Toe die twins my song hoo, was hulle soe impressed, hulle’t soema gesê hulle gan my back-up dancers wies.

Kinnes

Подняться наверх