Читать книгу Die dingesfabriek 1: Jannus en Kriek op die maan - Elizabeth Wasserman - Страница 8

Moeilikheid!

Оглавление

Mens moet sekerlik nie van iemand soos Dries verwag om verder te dink as wat sy neus lank is nie.

Hy tel dadelik een van die handgranate op, trek die knalpennetjie uit en rol dit tot onder juffrou Frot se stoel.


Niks gebeur nie.

Die kinders skryf rustig voort.

Dries spits sy ore – hy verbeel hom hy hoor ’n sagte sisgeluid. Hy hou die granaat onder juffrou Frot se stoel stip dop. Is dit die granaat wat so maak? Dit begin stadig in die rondte tol.

Toe is daar ’n klein plopgeluid en pers gas begin daaruit spuit.

Dries grinnik en sit regop.

Die dingesfabriek 1: Jannus en Kriek op die maan

Подняться наверх