Читать книгу Speurhond Willem in Australië - Elizabeth Wasserman - Страница 10

6

Оглавление

Op pad na Australië

Ek moet sê ek kry my ma jammer. Sy glimlag dapper, maar dit moet vir haar ’n vreeslike terugslag wees. Want die dokter het gesê dat sy onder geen omstandighede met só ’n brandwond só ver kan vlieg nie.

“Die Australiese owerhede is baie streng. En wat gebeur as die wond daar in die vreemde ontsteek?”

“Maar dis glad nie so erg nie!” het my ma geprotesteer. Die dokter het net sy kop geskud.

Ek is seker die kookolie op my ma se arm was net ’n ongeluk, maar het hoofkommissaris Servin iets met hierdie besluit te doen gehad? Want nou gaan ek Australië toe, saam met my pa!

By die voordeur het my ma nog ’n legioen instruksies.

“Het jy die resepteboek, Wynand? En onthou: uie brand gou. Jy moet hulle net karamelliseer tot sag en goudbruin. En as jy witsous maak …”


My pa glimlag net. Vandag lyk hy weer soos die finansiële bestuurder wat hy eintlik is: sy hare is platgestryk en hy dra ’n netjiese blou hemp.

Kan my pa regtig kook? Braai, ja, maar in ons huis het ek hom nog nie ’n eier sien gaarmaak nie. Nou die dag se brokkoli-soufflé was dalk net ’n gelukslag.

Maar ek kan nie wag om in Australië te kom nie. Wie weet in watter moeilikheid Willem dalk is?

Dit is hoog tyd dat ek gaan kyk wat hy aanvang.

Ek kyk flieks op die klein monitor voor my sitplek en eet al die vliegtuigkos op wat hulle voor my neersit. Ek groei mos nog! Maar my pa neem ’n slaappil en draai hom toe in sy kombers.

Hy begin sommer dadelik saggies snork.

Speurhond Willem in Australië

Подняться наверх