Читать книгу Ena Murray Oordenkings - Ena Murray - Страница 91

23 Maart

Оглавление

“Die een wat ek soen, dit is Hy. Gryp hom!” – Matteus 26:48

Elke keer wanneer ’n mens hierdie woorde lees, skok dit jou opnuut. Om met ’n soen, die teken van liefde, getrouheid en toewyding, die hoogste verraad denkbaar te pleeg! ’n Mens kan nie anders as om die grootste veroordeling en afkeer daaroor uit te spreek nie.

En tog … ons doen dit ook. Ons doen dit dikwels.

Ons doen dit teenoor ons lewensmaat, teenoor ons medemens, ook teenoor God. Ons soen hulle dikwels met verraad in die hart.

Ons gee voor ons is ten volle betroubaar, ons is ’n vriend op wie ons vriende kan staatmaak. Maar hoe dikwels gebeur dit dat ons soos ’n Judas ons beste vriend verruil vir ’n ander wat ons op daardie oomblik meer kan bied? Hoe dikwels loop ons pad allesbehalwe eerlik en reguit met dié mense wat ons vertrou en op ons reken?

Ons doen dit met ons lewensmaat. Ons doen dinge agter sy of haar rug. Ek het ook gevind dat daar teenoor niemand op aarde meer leuens vertel word nie as juis teenoor die lewensmaat. Dit het al by party getroudes ’n gewoonte geword, só dat hulle nie meer dink dis verkeerd nie. Hulle kom nie eens meer agter hoe hulle mekaar belieg nie. En daardie soen waarmee ek vanaand my man groet wanneer hy van sy dagtaak af tuiskom – terwyl ’n ander man se spore nog vars by die agterdeur uit lê … Daardie soen wat ek my vrou gee wanneer ek op pad is na ’n “vergadering”, of na die “sportveld”, terwyl my spore in glad ’n ander rigting gaan loop … na vreemde geselskap … Daardie ligte flirtasie waarin ek lankal nie meer enige kwaad sien nie …

Ons doen al hierdie dinge en dan soen ons Jesus en sê vir Hom: Ek is u kind?

O, God, wees ons arme sondaars genadig! Amen.

Ena Murray Oordenkings

Подняться наверх