Читать книгу Vuvuzela: Skooluitgawe Gr 11 TAT - Engela van Rooyen - Страница 5
Inleiding
Оглавление“Hierdie is die verhaal van Buti se liefde vir en versorging van sy jonger broer, Senke, en een van die hartroerendste (touching) verhale wat nog in ’n jeugboek vertel is. Elke kind moet hierdie boek oor die leefwêreld van die township lees.” So skryf ’n resensent (reviewer) oor Vuvuzela.
Hierdie leesgids sal jou help om dié pragtige verhaal makliker te lees en om letterkunde goed te kan slaag. Dit begin met inligting oor die skrywer van die boek en agtergrond oor dinge wat betrekking het op die verhaal. Dan volg die kenmerke van ’n roman waarna jy die roman sal lees en vrae oor die inhoud daarvan doen. Daar is nog ander aktiwiteite sodat jy ook deur Vuvuzela vaardig kan word in praat, luister, taal en skryf. Omdat jy kontekstuele vrae in die eksamen moet kan doen, bied die leesgids ook aan jou wenke om sulke vrae met gemak te doen. Aan die einde is daar ’n lys met verklarings van woorde wat vir jou vreemd (strange) mag wees, maar ons wil jou aanmoedig om ook self in ’n goeie woordeboek woorde na te slaan. Die glossarium van literêre begrippe gee vir jou al die letterkundige begrippe in ’n alfabetiese lys.
“Jy moet study dat jy results kan kry en jou papers vir Grade Twelve,” sê Buti. “Anders gaan jou lewe swaar wees” (bl.49).