Читать книгу Die Krag Van Middernag Gebed - Gabriel Agbo - Страница 10

Hoofstuk 7
Die Bloed van Jesus

Оглавление

“En hulle het hom self oorwin op grond van die bloed van die Lam en die boodskap waaroor hulle getuig het.”

Openbaring 12:11

“… Jesus wat deur die bloed van die ewige verbond die Herder van die kudde geword het…”

Hebreërs 13:20

Nog ʼn baie kragtige wapen wat God aan ons gegee het is die bloed van Jesus Christus. Wanneer ʼn gelowige die bloed van Jesus pleit word hulle outomaties beskerm teen die aanvalle van Satan en sy agente. Sy bloed herinner Satan en die demone van hul nederlaag by die kruis. Die bloedvergieting van Christus aan die kruis, Sy dood, en daaropvolgende opstanding het ons teruggebring na God toe en het ook die ewige straf van Satan en sy gevalle engele verseël. Ek is seker een van die dinge waaroor die duiwel vir ewig spyt sal wees is die feit dat hy Jesus na die kruis toe gestuur het.

Trouens, die Bybel sê dat as hy (die duiwel) geweet het, sou hy nie die Here van heerlikheid vermoor het nie. Die bloed van Jesus, onbekend aan die duiwel, was wat nodig was om die ewige verbond tussen God en ons te verseël. En as jy eers daardie verbond aanroep is die duiwel ongeorganiseerd, ontwapen, en verneder. Dit is presies wat die skrif sê. Kyk na Kolossense 2:15:

“So het Hy die regeerders en gesagvoerders ontwapen. Hy het hulle in die openbaar bespotlik gemaak deur aan die kruis oor hulle te triomfeer.”

Het jy dit? Die offergawe van Jesus Christus se bloed aan die kruis het die duiwel ontwapen en verneder. So, wanneer jy die bloed van Jesus pleit, is dit presies wat jy doen. Jy neutraliseer die magte en aktiwiteite van Satan. Jy maak hom nutteloos, magteloos, en jy bring ook skande oor hom. As dit so is, sê dan vir my hoekom hy nie bewerig moet raak as hy Sy bloed sien of van hoor nie?

Kom ons kyk weer na ʼn getuienis van Evangelis E.O. Omoobajesu. Hierdie voorval het gebeur toe hy nog vir Satan gedien het:

“Toe het ek die vierde van die owerste geeste in die regering van Satan geroep, wie se naam Belial is. (Enige plek waar jy ʼn paar mense sien versamel of ʼn vergadering hou of ʼn dans party hou, en later begin hulle baklei met stoele of banke en swepe of dalk sny hulle mekaar se liggame met ʼn mes of gebreekte bottels, dit is Belial, die demoniese gees wat hulle besoek het. Dit is sy funksie in die sataniese orde, om rusies te veroorsaak, of dit nou in ʼn gesin, met vriende of selfs in ʼn gemeenskap is).

“Ek het hom beveel: ‘Gaan vorentoe en werk aan hulle om te begin veg. Ek het vir myself gesê dat hulle hulself opwekkingspredikers noem. Wanneer hulle mekaar met banke begin aanval sal dit die volgende dag hoofnuus wees in die koerante, “Herlewing word ʼn algemene bakleiery.’ ‘Gaan aan,’ het ek vir die duiwel gesê. Hy het ʼn paar vinnige treë geneem en gestop. ‘Wat is fout?’ het ek verneem. Hy het my gevra om te kom kyk en ek het in beweeg om weer te kyk. Hierdie keer het ek nie meer vuur gesien nie, maar BLOED. Die hele plek het soos ʼn slagpale gelyk waar miljoene diere vars geslag was.

“Dit was asof al die mense in die vloeiende rivier van die bloed gedompel was. Hy het vir my gesê: ‘Dit is die BLOED van die Lam van God.’ Maar omdat ek hom nie verstaan het nie, het ek hom weer gevra, spottend: ‘Jy bedoel dat God ʼn skaap het en dat Hy dit doodgemaak het en die bloed daarvan maak jou nou bang? Ek het ook skape by die huis. Ek sal dit later vir jou doodmaak, sodat jy die bloed kan drink.’ Maar hy het gesê dat dit nie so was nie.

“Hy het gesê: ‘Dit is die BLOED van die Lam van God wie die sonde van die wêreld wegneem!’ Hy het bygevoeg: ‘Niks in hierdie wêreld of in enige departement kan daardie bloed in die gesig staar in ʼn geveg nie.’ So hy het prontuit geweier om voort te gaan en ek het hom ook weggejaag.”

(Losweg vertaal)

Die Bloed van Jesus! Die bogenoemde voorval het gebeur soos die destydse agent van Satan gegaan het om ʼn herlewingsdiens deur ʼn Christen groep te stop. Hy het die duiwels ingeroep om die werk te doen, maar hulle was deur die brandende vuur van God verhinder. Hy het later ʼn gevaarliker en uiters vernietigende demoniese owerheid ingeroep – Belial (die gees van geweld, vernietiging, en ongehoorsaamheid), en die bloed van Jesus het dadelik opgedaag en die hele plek gevul. En die duiwel kon nie waag om nader te gaan nie, maar het begin om sy menslike baas in te lig oor die oorsprong, die krag, en doeltreffendheid van die bloed van Jesus. Ja, hulle weet!

Die Krag Van Middernag Gebed

Подняться наверх