Читать книгу Die Krag Van Middernag Gebed - Gabriel Agbo - Страница 8

Hoofstuk 5
Lofprysing

Оглавление

Paulus en Silas het ook vir God geloof in die tronk daardie aand. Met vars wonde regoor hul liggame, hul hande en bene vasgeketting, en in die donker, ondergrondse tronksel, het hulle tot eer van God gesing. Lofprysing en aanbidding is van die kragtigste instrumente wat God aan die gelowiges gegee het. En hier verwys ek na geesvervulde lofprysing en aanbidding. Daar is krag in lofprysing en aanbidding. Hulle is magtige wapens vir ons stryd en die duiwel weet dit. Dit is waarom hy alles in sy vermoë sal doen om hierdie wapens te stop of ten minste te krenk.

Wanneer ons God loof, bring ons Sy teenwoordigheid en heerlikheid aarde toe. Geen wonder die Bybel sê dat God onder die lofsange van Sy volk woon nie (Psalm 22:4). Dit beteken eenvoudig dat Hy in die lofsange van die gelowiges verkeer, woon, bevind word of woonagtig is. Wanneer jy God loof, skep jy die atmosfeer vir Hom om te kom en in jou lofsange te woon.

Jy kan nie ʼn sukses van middernag gebede maak sonder lofprysing en aanbidding nie. Middernag gevegte moet met dit begin en eindig. Daar gaan selfs tye wees wat dit dalk nie nodig gaan wees om enige versoek te maak nie, maar net ons grote God loof en jy sal sien hoe jou behoeftes op hul eie wegsmelt. Ek het dit al afsonderlik probeer. Ek het om middernag opgestaan en begin om Hom te loof. Ek het dit vir ure gedoen en gehoop om daarna te bid, maar was elke keer in Sy teenwoordigheid gedompel en het gevolglik my lys van versoeke vergeet. Maar ek het altyd gesien hoe daardie behoeftes hulself uitgesorteer het.

Trouens, ek dink lof is meer kragtig as gebed, maar albei is kommunikasie met God. Wanneer jy dit ʼn gewoonte maak om God te loof te midde van elke probleem of vervolging sal die duiwel begin om twee keer te dink voordat hy probleme vir jou veroorsaak, want hy weet wat jou reaksie sal wees.

Lofprysing lei ons in die teenwoordigheid van God in. ʼn Voorbidder en alle Christene moet dit altyd in gedagte hou. Die teenwoordigheid van God het ʼn hek om dit en lofprysing en aanbidding is die sleutels. Die eerste ding wat jy moet doen wanneer jy in middernag gevegte intree is om die hek van Sy teenwoordigheid oop te maak met die sleutel van lofprysing. Dan kan jy begin om antwoorde op jou vrae te ontvang.

Die Psalmdigter het dit baie goed geweet toe hy die volgende gesê het in Psalm 100:4:

“Gaan Sy poorte in met dankliedere, Sy hofsaal met lofgesange. Dank Hom en prys Sy Naam.”

En jy weet wat sal gebeur as jy die hofsaal van die Here ingaan deur die hekke. Jy sal beslis nie dieselfde uitkom nie. Jou laste, behoeftes, en versoeke sal aan voldoen word. Lofprysing en aanbidding sal die hekke oopmaak!

Daar is ook ander dinge wat geesvervulde lofprysing vir ons doen. Dit gee vir ons die wonderlike voorreg om by die hemelse wesens aan te sluit en God te aanbid en om hemel aarde toe te bring.

Kyk net na Openbaring 4:2-11:

“Onmiddellik was ek in die greep van die Gees. Ek het ’n troon in die hemel sien staan met Iemand wat daarop sit. En die Een wat sit, se voorkoms was net soos jaspis en karneool, terwyl daar ’n reënboog met die glans van smarag om die troon gehang het. Rondom die troon was daar 24 trone en op die trone het 24 ouderlinge gesit. Hulle het wit klere aangehad, met goue krone op hulle koppe. Van die troon se kant af het daar weerligstrale, rammelings en donderslae gekom. Reg voor die troon het sewe vlammende fakkels gebrand; dit is die sewe Geeste van God. Vlak voor die troon het dit gelyk soos ’n spieëlgladde see, soos kristal.

“In die middel en rondom die troon het daar vier lewende wesens gestaan, met oë aan die voor- en agterkant. Die eerste lewende wese het soos ’n leeu gelyk, die tweede soos ’n bul, die derde het ’n gesig soos dié van ’n mens gehad, en die vierde het gelyk soos ’n vlieënde arend. Die vier lewende wesens het elkeen ses vlerke gehad wat rondom en aan die binnekant vol oë was. Hulle het dag en nag, sonder enige ruspouse, aanhou sê: ‘Heilig, heilig, heilig is die HERE God die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.’

“Elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, Hy wat vir altyd lewe, val die 24 ouderlinge in aanbidding neer voor Hom wat op die troon sit. Hulle aanbid Hom wat vir altyd lewe en sit hulle krone voor die troon neer en sê: ‘U is waardig, HERE ons God, om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alle dinge geskape het; deur U wil is alles wat bestaan, geskape.’”

Majestueus! Dit is die plig van die vreeslike vier lewende wesens en 24 ouderlinge in die hemel. Ek het die hele skrif aangehaal sodat jy kan verstaan presies wat jy doen wanneer jy God loof en aanbid. Ek is altyd bewus van hierdie feit wanneer ek in aanbidding intree – dat ek by die leërskare van die hemel en die miljarde gelowiges regoor die aarde aansluit om te sê dat ons God en Koning waardig is om vir ewig aanbid te word. Dit is wonderlik!

Ons gee ook ʼn offergawe wanneer ons Hom loof. En soos jy weet, ʼn offergawe is om iets kosbaar en van groot waarde vir iemand te gee. God verdien ons beste. Ons moet vir Hom die vrugte van ons lippe gee – dit is lofprysing as ʼn offergawe. Ons lofprysing moet as ʼn welriekende geur na Hom toe styg.

Hebreërs 13:15 sê:

“Kom ons bring dan, met Jesus Christus se hulp, ’n voortdurende offer van lofprysing aan God – ’n offer wat opklink van die lippe van hulle wat Hom bely.”

Lofprysing as ʼn magtige wapen

Lofprysing en aanbidding is ook kragtige wapens in die hande van die gelowiges. Wanneer jy God loof, gooi jy Satan en sy donker koninkryk in verwarring en paniek. Jy disorganiseer en verslaan hul planne. Kyk weer na Josafat en die mense van Juda se geval toe daardie drie vyandige nasies hulle wou aanval. Die Bybel sê nadat hulle gebid en aanwysings van God gekry het, het koning Josafat die sangers vergader en na die slagveld toe gemarsjeer. Hulle het nie net hulle vyande verslaan nie, maar het huis toe gegaan met meer as genoeg buit van die oorlog.

“Nadat hy die leiers van die volk geraadpleeg het, het die koning sangers aangestel om voor die leër uit te stap. Hulle het tot eer van die HERE gesing en Hom geprys vir sy heerlike heiligheid: ‘Loof die HERE, want Sy troue liefde duur vir altyd.’ Die oomblik toe hulle begin sing en die HERE prys, het Hy veroorsaak dat die leërs van Ammon, Moab en die Seïrberge onder mekaar begin veg. Die leërs van Moab en Ammon het teen hulle bondgenote uit die Seïrberge gedraai en elkeen van hulle doodgemaak. Nadat hulle die leër van Seïr vernietig het, het hulle mekaar vernietig.

“Teen die tyd dat die leër van Juda by die uitkykpunt oor die woestyn kom, was daar so ver hulle kon sien net lyke op die grond. Nie een van die vyand het ontsnap nie. Koning Josafat en sy manne het gegaan en die buit bymekaargemaak. Hulle het baie toerusting, klere en ander kosbare voorwerpe gekry, meer as wat hulle kon dra. Daar was so baie buit dat dit drie dae geneem het om dit te versamel. Op die vierde dag het hulle in die Vallei van Seëninge die HERE geseën en geprys. Dit is waarom die plek tot vandag toe Vallei van Seëninge genoem word.”

2 Kronieke 20:21-26

God het voor hulle uit beweeg en hulle vyande verslaan toe hulle begin het om Sy lof te sing. Wanneer jy God loof, gaan Hy vooruit om jou vyande te verslaan. Jy sal net na die slagveld toe gaan om die buit van die oorlog te gaan haal en om in die vallei van seëninge fees te vier. Gaan in middernag gevegte in met lofprysing en aanbidding. Maak dit ʼn plig om altyd vir God te loof, maak nie saak wat rondom jou gebeur nie. Dit is my geheim. Dag en nag, en nie net wanneer ek bid nie, sluit ek by die hemelse leërskare aan om ons Koning, Here, en Verlosser te aanbid.

Wonderlike getuienisse

Kom ons lees die onderstaande getuienis van ʼn eenmalige baie kragtige agent van die koninkryk van duisternis, wie nou ʼn dienaar van Jesus Christus is – Emmanuel Eni. Terloops, ek het my lewe aan Jesus gewy by een van sy kruistogte in die oostelike deel van Nigerië in die 80s. Ons sal na baie van sy getuienisse en ander in hierdie boek kyk. Kyk wat sê hy oor die effektiwiteit van lofprysing:

“Jy moet leer om altyd lof tot eer van God te sing. Daar is krag in lofprysing. Daar was hierdie Pastoor – Pastoor I.K (naam weerhou). Hy was die pastoor van ʼn kerk in Ebute Metta, Lagos. Hy was my teiken en sy oortreding was dat hy ons vrede versteur het deur die uitvoering van vroegoggend oproepe, m.a.w. om in die vroeë oggendure te preek. Hy het met sy megafoon rondgeloop en homself by die No. 2 bushalte in Akintola straat, Ebute Metta, gestasioneer. Hy sou daar preek en hy sou nie by dit stop nie, maar hy het duiwels gebind, ens. Hy sou ook preek en die werke van die duisternis blootstel by sy kerk, waarna hy duiwels sou begin bind. Hy het baie gebid. Hy het altyd gesing en God geprys.

“Ek het my boodskappers na hom toe gestuur, maar hulle kon hom nie doodmaak nie, so ek het besluit om die opdrag self uit te voer. Op die spesifieke dag het ek hom langs die nuwe G.R.A. gesien loop. ʼn Noemenswaardige ding oor hierdie pastoor is dat enige tyd wanneer ons hom probeer aanval het, sou ons wolkpilare aan sy linkerkant en regterkant sien wat saam met hom gegaan het, en dit het ons verhinder. Maar op hierdie spesifieke dag het ek niks gesien nie, so ek was baie seker dat my opdrag suksesvol sou wees. Ek het reën beveel om te val sodat ek hom met weerlig kon tref. Die reën en donderweer het begin. Al die bome in die omgewing het begin om hul takke verloor, maar hierdie Pastoor het met blydskap gesing. Ek onthou nog die refrein: ‘In die Naam van Jesus sal elke knie buig…!’

“Soos hy met hierdie koor aangegaan het, het die reën en die donderweer opgehou. Daar het onmiddellik twee engele aan elke kant van hom verskyn, met vlammende swaarde. Hulle oë en swaarde was soos vuurvlamme. Skielik het ʼn sterk wind my weggewaai en ek het myself in ʼn ander dorp bevind! Trouens, ek was verstom, maar omdat ons so hard was het ek gesê: ‘Hierdie man het weer ontsnap!’ Die Pastoor was onbewus van die geestelike oorlog wat namens hom geveg was. So, jy kan sien dat die kind van God goed beveilig is. Dit is die waarheid wanneer die Bybel sê dat: ‘Niks sal julle beseer nie’ (Lukas 10:19)!

(Uittreksel geneem en losweg vertaal uit die boek: “Deliverance from the Powers of Darkness” (Bevryding van die Magte van Duisternis)

Voorwaar, die Here ons God is groot! Het jy die bostaande gelees? Sy teenwoordigheid beskerm ons en as dit nie vir hierdie soort belydenisse was nie, sou ons nooit weet van die talle gevegte wat ons grote God daagliks vir ons veg nie. Dink jou by die bogenoemde storie in. Asseblief, leef ʼn lewe van lofprysing. En hier bedoel ek opregte lofprysing uit jou hart uit. Dit is altyd ʼn kragtige wapen in die hande van ʼn kind van God.

Kom ons beweeg vinnig aan en oorweeg die ander wapens wat ons het. Ons gaan ook oor meer getuienisse lees. Laat ons na die Naam van Jesus kyk.

Die Krag Van Middernag Gebed

Подняться наверх