Читать книгу Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen - Страница 3
ОглавлениеVoorwoord
Liewe graad 7-leerder
Welkom as senior in die Senior Fase!
Begin jou graad 7-jaar op ’n hoogtepunt met dit wat Piekfyn Afrikaans Graad 7 vir jou gaan leer.
Interessante tekste, foto’s, illustrasies en baie aktiwiteite gaan jou help om Afrikaans vinnig aan te leer en te verbeter. Hierdie jaar gaan jou vir die hoërskool volgende jaar voorberei.
Elke module se Pitkos, In ’n neutedop en Woordeskatuitbreiding gaan jou help om die aktiwiteite maklik en reg te doen.
Module 18 het nuttige wenke en voorbeeldvraestelle om jou vir die Junie- en November-eksamen voor te berei.
Ruil idees uit, gesels saam en moedig mekaar aan om Afrikaans te praat!
Die samestellers